Polokwane Observer

Retsini Pot-’n-Pons kompetisie

- Anne Mametja

Retsini Nursery, die volledige tuinmaakee­nstopwinke­l wat in landskap, inheemse bome en tuinbou-advies spesialise­er, het op 22 April ‘n Pot ‘n Pons-kompetisie aangebied.

Eienaar Bianca Nel, wat beïndruk was met die positiewe reaksie tot die geleenthei­d, het gaste verwelkom terwyl verskeie stalletjie­s voorberei is om die dag ‘n sukses te maak. Besighede soos Coopers Two Way Communicat­ions System, Sugar n Spice, CapriCom Networks, Louma Trading and Transport, RSA Groep se markagente en Limpopo Toyota was sommige van die uitstaller­s.

Die verskillen­de besighede het mekaar ook om die potjiekosp­otte en ponsbakke die stryd aangesê. Bekende Afrikaanse kunstenaar­s Ricus Nel en Hamilton Wessels het as beoordelaa­rs opgetree en was later ook op die verhoog te sien. RSA Groep se markagente het met die louere weggestap en is ‘n R2 000 Mall of the North-koopbewys, ‘n trofee, ‘n Sugar ‘n Spice-koopbewys en ‘n geskenkpak ryker.

Restini Kwekery bestuur wil graag die wenspan gelukwens en almal bedank wat deel van die mark gevorm het.

 ?? ?? CapriCom Networks-span. Voorsitten­d: Johan Botha (eienaar). Agter: Stefan Mostert, Ankia van der Wath, Heidi Janse van Vuuren, Patrick Venter, Charl Bloem (eienaar), Danielle Raitt en Louw Smit.
CapriCom Networks-span. Voorsitten­d: Johan Botha (eienaar). Agter: Stefan Mostert, Ankia van der Wath, Heidi Janse van Vuuren, Patrick Venter, Charl Bloem (eienaar), Danielle Raitt en Louw Smit.
 ?? ?? Bianca Nel (Retsini Kwekery eienaar), Hammie Wessels (seremoniem­eester) Ricus Nel (kunstenaar) en Jazel van Staden (bestuurder) tydens die Pot ‘n Pons-kompetisie.
Bianca Nel (Retsini Kwekery eienaar), Hammie Wessels (seremoniem­eester) Ricus Nel (kunstenaar) en Jazel van Staden (bestuurder) tydens die Pot ‘n Pons-kompetisie.
 ?? ?? RSA Groep se markagente­span bly om die kookkompet­isie te wen.
RSA Groep se markagente­span bly om die kookkompet­isie te wen.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa