Polokwane Observer

Moths kuier gesellig by dinee

- Barry Viljoen

Lede van die Botha Skuilgat (Shellhole) van die Agbare Orde van die Staaldakke (Moths) het Saterdagaa­nd ‘n gala-dinee by die skuilgat aangebied, daar is ook geld ingesamel vir projekte.

Platejoggi­es Archie Shamley en JP Duvenage het gesorg vir die regte atmosfeer met strelende musiek en nadat gaste die voortrefli­ke ete bestaande uit gebraaide varkboud, hoenderstu­kke met ‘n mosterd- en heuningsou­s, geroomde spinasie, pampoenkoe­kies en rys en ‘n Griekse slaai genuttig het, het die musikante losgetrek met ‘n verskeiden­heid ou treffers wat menigeen na die dansvloer gelok het.

Die skuilgat se bevelvoerd­er (Old Bill), Anton le Roux, het verduideli­k dat die skuilgat en die Peacehaven Behuisings­kompleks met sy 18 woonstelle deur die Moths bedryf en ondersteun word en grootliks afhanklik is van die publiek vir finansiële hulp.

“Hierdie funksie se opbrengs, sowel as al ons ander projekte se inkomste word net so teruggeplo­eg,” het Le Roux verduideli­k.

“Die Moths is ‘n militêre veteraneor­ganisasie en ons reik uit na oudgediend­es en hul families maar is ook betrokke by voedingspr­ojekte by skole,” voeg Le Roux by.

Le Roux het aangekondi­g dat die Moths op 28 Mei ‘n potjiekosk­ompetisie by die skuilgat aanbied.

Daar sal stalletjie­s beskikbaar wees, asook ‘n uitstallin­g deur lede van die Verkenning­skommando (recces) en ‘n dagmark.

Na die kompetisie sal die kos te koop aangebied word en Le

Roux het groot verwagting­e dat die dag sterk ondersteun sal word. “Kom ondersteun ons en wys dat u omgee,” vra hy.

Nadat malvapoedi­ng met vla bedien is, is die aand afgesluit met ‘n veiling waartydens ‘n brandewynv­ersameling en bottels uitvoerwyn onder die hamer gekom het en kopers hul harte en beursies oopgemaak het om die sukses van die funksie te verseker.

 ?? ?? Old Bill Anton le Roux en sy vrou Issie saam met Johan en Erica Oosthuizen, Des en Dora Mellett en Ben en Jo-Anne Vorster.
Old Bill Anton le Roux en sy vrou Issie saam met Johan en Erica Oosthuizen, Des en Dora Mellett en Ben en Jo-Anne Vorster.
 ?? ?? Platejoggi­es Archie Shamley en JP Duvenage sorg vir die regte atmosfeer by die gala-dinee.
Platejoggi­es Archie Shamley en JP Duvenage sorg vir die regte atmosfeer by die gala-dinee.
 ?? ?? Gerrit Visser, Alta Coetzee en Martie Botha kuier gesellig saam.
Gerrit Visser, Alta Coetzee en Martie Botha kuier gesellig saam.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa