Polokwane Observer

Bonsmarave­iling behaal goeie pryse

- Barry Viljoen

Die Bonsmarave­iling wat Vrydag vir die derde jaar by Mockford Farms buite die stad deur Vleissentr­aal aangebied is, het op ‘n hoë noot afgeskop toe een van plaaslike Bonsmarate­ler Peter Mockford se spogbulle teen R95 000 ‘n nuwe eienaar gekry het.

Kopers van heinde en ver het vroegoggen­d al op die plaas opgedaag en het terwyl verversing­s geniet is, die uitstallin­gs deur rolspelers in die bedryf besoek en gesellig met ou en nuwe vriende verkeer.

Net na 11:00 het afslaer Craig le Roux se hamer geklap en die eerste van die 16 bulle en 160 vroulike diere wat 20 koeie met kalwers en sommige reeds dragtig, 10 koeie met kalwers, 100 dragtige koeie en 30 verse ingesluit het, het hulle draai in die ring gemaak.

Die gemiddelde prys wat vir bulle behaal is, was R60 000, terwyl dragtige koeie met kalwers (3 in 1) R34 000, dragtige koeie R25 000, dragtige verse R22 750 en oop verse gemiddeld R17 800 behaal het.

Eienaars Peter Mockford, Bonsmit, Chris Human, DJJ Coetzee, J D Venter, The Ranch, Potgieter Boerdery, Ngombi Game Farm, Wenberg en Kalkbult Randtjie Boerdery se diere was almal in ‘n puik kondisie en die kopers is verseker van ‘n wye keuse ke van spogdiere.

Khutso Sekgota, die boer b van die Arina Boerdery wat die topbul teen R95 000 aangeskaf het het, was baie tevrede met sy aankoop en seker dat die bul ‘n aanwins sal wees w vir sy boerdery op Palmietfon Palmietfon­tein, buite die stad.

Limpopo Bonsmara Klub K voorsitter Pieter Wentzel sê dat d die byeenkoms van krag tot krag gegroei gegro het en vanjaar deur meer as 200 2 kopers en belangstel­lendes bygewoon bygew is.

“Wat veral opvallend opvalle was, is dat daar ‘n redelike redelik klomp jong boere was wat die dag bygewoon het, het asook ‘n hele paar opkomende opk boere. Die duurste bul is

immers gekoop g deur ‘n

opkomende jong man vir R95 000, wat op n huurplaas naby Polokwane sy boerdery bedryf,” verduideli­k Wentzel.

Volgens Wentzel is pryse wat vanjaar op die veiling behaal is, oor die algemeen baie beter as verlede jaar.

“Dit, ten spyte van die bek-enklouseer­swaard wat oor die beesboer se kop hang. Die kwaliteit van die diere was egter ook baie beter as voorheen.

“Dit kan daaraan toegeskryf word dat die bestuur van die klub elke bees wat aangebied is, gekeur het en elke dier deur ‘n veearts geinspekte­er is. Op dié manier is kwaliteits­beheer verseker,” sê Wentzel.

Wentzel het die hoofborge,

Elanco Dieregeson­dheid, Limpopo Toyota en Standard Bank en ander borge, Bonsmara SA, MSD, Kyron Agri, Virbac, Voermol, New Holland, VKB/Oil Shoppe/QPro, Vleissentr­aal en Polokwane Tractors ook van harte bedank vir hulle ondersteun­ing.

 ?? ?? Afslaer Craig le Roux, Bonsmarate­ler Peter Mockford, koper Khutso Sekgota en Limpopo Bonsmara Klub voorsitter Pieter Wentzel by die bul wat teen R95 000 verkoop is.
Afslaer Craig le Roux, Bonsmarate­ler Peter Mockford, koper Khutso Sekgota en Limpopo Bonsmara Klub voorsitter Pieter Wentzel by die bul wat teen R95 000 verkoop is.
 ?? ?? Afslaer Craig le Roux swaai die hamer tydens die Bonsmarave­iling by Mockford Farms.
Afslaer Craig le Roux swaai die hamer tydens die Bonsmarave­iling by Mockford Farms.
 ?? ?? Voorsitter van Limpopo Bonsmara Klub, Pieter Wentzel heet kopers welkom.
Voorsitter van Limpopo Bonsmara Klub, Pieter Wentzel heet kopers welkom.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa