Polokwane Observer

SAVF hou winterbasa­ar op 2 Julie

-

Die SAVF mini-winterbasa­ar en entreprene­ursdag vind plaas op 2 Julie vanaf 08:00 tot 13:00.

Daar sal stalletjie­s wees met vetkoek, pannekoek, koeksister­s, sop en broodjies. Die verkoop van vars groente, naaldwerki­tems en ‘n witolifant­tafel is ook deel van die beplanning. Daar sal ‘n teetuin wees waar iets te drinke en heerlike gebak geniet kan word.

Stalletjie­s is teen R150 beskikbaar en registrasi­es kan voor 29 Junie by 9 Hoogstraat gedoen word. Vir navrae skakel vir Marieta by 015 295 9077/8 of 063 763 6981.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa