Polokwane Observer

ENTEERTAIN­MENT

- Maretha Swanepoel

FRANJA TREE OP BY DIE WINTERFEES

Franja du Plessis het, nes haar ma, Juanita, bykans oornag bekendheid verwerf met haar debut album, My Verhaal in 2016.

Franja sal op 3 Junie by die Winterfees op die verhoog te sien wees met treffers soos Bring dit, Musiek in my Ore en My Lief. Sy het reeds op skool aan talent- en musiekblys­pelle deelgeneem en in haar gr. 12-jaar was sy in die hoofrol van haar revue. Sy was ook al deel van produksies soos Afrikaans is Groot en Gospel Skouspel in 2013.

Sy maak haar grootskerm­debut in die fliek As jy Sing en het ‘n liedjie, In twee geskeur spesiaal vir die film geskryf. Franja is ook die skrywer van sommige van Juanita se treffers soos Om jou pinkie, Aanhou om aan te hou en Hou op soek.

Sy het na haar skoolloopb­aan musiek en produksie aan die Berkley Universite­it in California, VSA studeer.

Behalwe vir haar musiek, hou Franja ook van sport soos atletiek, netbal en sagtebal.

Haar tweede album, Hittegolf, is in

2018 vrygestel met 13 treffers wat sy self geskryf het.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa