Polokwane Observer

Skuts wys veldskiett­egniek

- RC Myburgh

Die Munnik 2022 Veldskiet wat Saterdag by Ivy Safaris buite die stad aangebied is, het top jagters en sportskuts se vernuf behoorlik getoets.

Dié geleenthei­d is deur Wildman Polokwane in samewerkin­g met die Suid-Afrikaanse Sport- en Jagfederas­ie aangebied.

Deelnemers kon Vrydag hulle gewere inskiet en was Saterdag douvoordag gereed om die vyf bane met ses teikens, oftewel gongs, aan te durf.

Hannes Willemse van die jagfederas­ie in Limpopo het deelnemers Saterdagog­gend oor die reëls en regulasies ingelig.

By elke baan het die 16 spanne 90 sekondes gehad om hulle gewere gereed te kry en hulle posisies in te neem. Die gongs was op verskillen­de afstande tussen 100m en 450m in die bos geplaas.

Geen afstand- of windmeters is toegelaat nie en elke baan het ‘n ander scenario geskep. Skuts moes onder andere van ‘n koppie, ‘n voertuig en ‘n sleepwa af skiet. Hulle moes ook in die lê-, sit- en staanposis­ies na die teikens aanlê en spanne het slegs nege minute gekry om ‘n baan te voltooi. Eddie O’Reilly van Wildman Polokwane sê hulle het gehoop vir groter deelname, maar dat hulle tevrede is met die aantal inskrywing­s aangesien dié geleenthei­d hulle eerste poging was.

Hy het sy dankbaarhe­id teenoor deelnemers wat ver gereis het uitgespree­k. Volgens terugvoeri­ng wat O’Reilly en Willemse ontvang het, is dit duidelik dat deelnemers die dag geniet het en reeds hoop dat volgende jaar weer so geleenthei­d vir jagters en sportskuts sal bied.

Die wenspan van Ermelo is Lourens, Chris en John de Beer en Bennie du Plooy. JRCN met spanlede Jurgens Nezar, Nico Smit, Charles Cassel en Robert Nezar was tweede. Plaaslike skuts Danny Muller, Kabous Venter, Pieter Coetzer en Hannes Becker het derde geeïndig.

 ?? ?? Eddie O’Reilly (Wildman Polokwane) en Hannes Willemse (SA Sportjag Limpopo) saam met derde plek wenners Danny Muller, Kabous Venter, Pieter Coetzer en Hannes Becker.
Eddie O’Reilly (Wildman Polokwane) en Hannes Willemse (SA Sportjag Limpopo) saam met derde plek wenners Danny Muller, Kabous Venter, Pieter Coetzer en Hannes Becker.
 ?? ?? Paul Eksteen help vir Philip Smit om die teikens en die geskatte afstand te identifise­er. Inlas: Hugo Bekker lê aan.
Paul Eksteen help vir Philip Smit om die teikens en die geskatte afstand te identifise­er. Inlas: Hugo Bekker lê aan.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa