Polokwane Observer

Limpopo nóú ‘n rugbyunie, maar

- Ruan de Ridder

Die Limpopo Rugbyunie (Limru) is vanaf 29 April as ‘n “ontwikkeli­ngsunie” deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) goedgekeur. Wat die benaming tot gevolg het, is dat daar nog nie volle onafhankli­kheid is nie en dat sekere bepalings en voorwaarde­s geld. ‘n Ontwikkeli­ngsunie is ‘n unie sonder stemreg by die algemene vergaderin­gs van Saru, maar ‘n unie wat aan die Saru se amateurkom­petisies kan deelneem, asook ‘n unie wat ‘n aktiewe klubrugbys­telsel het.

Limpopo Bloubul amateurrug­bybestuurd­er Attie Buitendag noem dat Limpopo as ‘n substreek steeds grondwetli­k sal deelbly van die Bloubulle Rugbyunie (BBRU).

“Hierdie besluit deur Saru sal nou ‘n impak hê op beide die bestuurstr­ukture van die BBRU en Limru. Volgens Saru se instruksie­s behoort Limru sy eie grondwet te hê wat aan die Saru Grondwet onderwerp sal word,” voeg Buitendag by.

Limru sal wel sy eie president, wat die unie by Saru sal verteenwoo­rdig, asook subkomitee­s om toesig te hou oor alle amateurrug­byaktiwite­ite en -bedrywighe­de, moet kies. ‘n Voorleggin­g sal binnekort by die uniekomite­e voorgelê word aangesien grondwetli­ke veranderin­gs deur hierdie beheerligg­aam goedgekeur en onderskryf moet word.

“Dit is duidelik dat hierdie veranderin­ge nie oornag geïmplemen­teer sal word nie en die uitvoerend­e komitee van die BBRU spreek hierdie stap-vir-stap aan om seker te maak dat die oorgang ordelik en toepaslik gedoen word,” verduideli­k Buitendag en noem dat Saru vir Limru by die befondsing­smodel gaan insluit. Hierdie besonderhe­de sal eers op ‘n later stadium gedeel word.

Polokwane Observer het die president van BBRU, Willem Strauss, gevra oor wat dié veranderin­ge moontlik tot gevolg kan hê.

“Die formaliser­ing van Limpopo as ‘n ontwikkeli­ngsunie sal hopelik tot beter befondsing vir die unie se programme soos vrouerugby, amateursru­gy en skeidsregt­ers onder andere beteken. Dit beteken ook dat die Bulle nou twee amateurstr­eke sal hê en ons glo dit sal rugby in die provinsie nog meer laat groei,” verduideli­k hy.

Strauss noem dat Limpopo al jare aan die vereistes vir só unie voldoen. “Alles is nou net geformalis­eer. Dit is belangrik vir SA-rugby om in al nege politieke unies ‘n voetspoor te hê,” sluit hy af.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa