Polokwane Observer

Lucky Paws ‘Cheers’ op welkome donasie

- Maretha Swanepoel

In Polokwane is daar ‘n gemeenskap wie se troeteldie­re vir hulle soos kinders is.

Ongelukkig moet hierdie ‘kinders’ dikwels by die huis bly terwyl ma en pa gaan uiteet of inkopies doen. Dirk Liebenberg, die eienaar by Cheers Pub & Grill, het aan die perfekte oplossing gedink deur sy kuierplek ‘n hond-vriendelik­e omgewing te maak. Hy het ook besluit om die nie-winsgewend­e organisasi­e, Lucky Paws Rescue, te ondersteun.

“Ek en Thys die Bosveldklo­ng is goeie vriende en ek het hom genooi om by Cheers op te tree. Ek het ook besluit om R5 000 aan Lucky Paws te skenk. Daar is ‘n houer spesiaal vir hulle gemaak waarin mense wat die kroeg besoek, geld kan insit.”

Lucky Paws beywer hulle met die verspreidi­ng van hondekos aan die mense wat dit nie kan bekostig nie. Die organisasi­e keur ook mense vir ‘n subsidie om hul diere te sterilisee­r.

“Cheers se donasie is baie welkom en ons gaan dit aanwend om kos vir die diere te koop. Ons is baie dankbaar vir almal wat bygedra het,” sê Tania le Roux, een van die stigtersle­de van Lucky Paws.

Alhoewel Liebenberg se hart eintlik by bejaardes lê, sê hy dit is vir hom ‘n voorreg om ook die diere in die gemeenskap te kan help. “Ek beoog om baie kompetisie­s te hou en so geld in te samel vir bejaardes en diere. Mense wat Cheers in die vervolg besoek kan steeds geld skenk aan Lucky Paws en hulle honde bring vir ‘n happie vanaf hulle eie spyskaart.”

 ?? ?? Lucky Paws Rescue lede, hul honde en personeel van Cheers. Honde Mia en Angie sit op die tafel. Om hulle staan Liza van Jaarsveld, Linda Pieterse, Gerrit Engelbrech­t, Austin Erasmus, Dirk Liebenberg en Tania le Roux.
Lucky Paws Rescue lede, hul honde en personeel van Cheers. Honde Mia en Angie sit op die tafel. Om hulle staan Liza van Jaarsveld, Linda Pieterse, Gerrit Engelbrech­t, Austin Erasmus, Dirk Liebenberg en Tania le Roux.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa