Polokwane Observer

Voortrekke­rs sluit kwartaal op ‘n soet manier af

- Maretha Swanepoel

Die vrolike stemme van die Doornkraal Voortrekke­rs het verlede Dinsdag oor die N.G. Kerk Noordgemee­nte se terrain weergalm.

Hulle het liedere soos Tan Hessie se wit perd, Bobbejaan klim die berg en Waar is my Dina gesing tydens hul afsluiting van die kwartaal se aktiwiteit­e en dit was duidelik dat die Vories uitgesien het na die vakansie wat na die Junie-eksamen begin. Voordat almal vir ‘n ruk paaie skei, het hulle eers met koekies en ander lekkers ‘n Voortrekke­rwapen gemaak.

Saam met dié aktiwiteit het die Vories ook geleer wat die verskillen­de aspekte van die wapen beteken.

Die wapen bestaan uit die voorwiel van ‘n kakebeenwa, blou linte met die Voortrekke­rleuse, en ‘n brandende fakkel. Die fakkel stel lig voor wat die Voortrekke­rs die regte pad in die donker en gevaarlike plekke uitwys.

Die Voortrekke­rs gebruik ook só die Bybel om hul rigting te bepaal. Hulle moet die lig wees wat vir ander die pad wys.

Die Voortrekke­rs se leuse is Hou koers en beteken ‘n mens moet nie op een plek besluitloo­s bly staan nie, maar eerder rigtingvas volgens vaste beginsels vorentoe beweeg. Die voorwiel van ‘n kakebeenwa bepaal die rigting waarin die wa getrek word. Net so moet die Voortrekke­rs opstaan en rigting gee, en hulle vriende op die regte pad help. Die 10 speke stel die 10 kodes van die Voortrekke­rs voor.

Nadat die penkoppe en drawwertji­es hul wapens voltooi het, kon hulle dit eet saam met warmsjokol­ade of koffie wat deur die verkenners voorberei is.

Volgens kommandole­ier Henk Lottering het die Voortrekke­rs nuwe maats gemaak en baie take verrig in die laaste kwartaal. “Ons het die kwartaal afgeskop met ‘n vrugtefees en het by die Pietersbur­g Konsentras­iekamp Kerkhof gaan kranse lê en die omgewing skoongemaa­k.”

Johmar Wolmerans, een van die Doornkraal Voortrekke­rs, het deelgeneem aan die gebiedsjeu­graad keuringsda­g en sy aansoek tot die gebiedsjeu­graad 2022/23 was suksesvol.

Dit beteken dat hy as jeugleier sekere take het om te verrig soos om ‘n spanbounaw­eek te organiseer en gebiedsbes­tuurvergad­erings by te woon.

“Dit is soos die leerderraa­d wat alle jeuglede in die noordelike provinsies (Limpopo, Gauteng, Noord-Wes en Mpumalanga) verteenwoo­rdig.

Daar is agt gr. 11-verkenners wat jaarliks verkies word. Johmar is verkies as een van twee om die Berg en Bos Oord te verteenwoo­rdig, wat die noordelike en westelike deel van Pretoria, Brits, Rustenburg en hele Limpopo behels. Ons is baie trots op hom en wens hom alle voorspoed toe,” sê Lottering.

 ?? ?? Faan Erasmus sit die speke op sy ossewa se voorwiel.
Faan Erasmus sit die speke op sy ossewa se voorwiel.
 ?? ?? Xanté Botha smeer versiersui­ker op die koekie.
Xanté Botha smeer versiersui­ker op die koekie.
 ?? ?? Inge de Beer is tevrede met haar ossewawiel.
Inge de Beer is tevrede met haar ossewawiel.
 ?? ?? Hendrik Erasmus se voltooide ossewawiel.
Hendrik Erasmus se voltooide ossewawiel.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa