Polokwane Observer

DIRK VAN DER WESTHUIZEN BY WINTERFEES

- Maretha Swanepoel

Dirk van der Westhuizen vang sy gehoor se aandag die oomblik wat hy op die verhoog verskyn en boei hulle verder met sy partytjieg­ees en -liedjies.

Dít is wat feesganger­s op 3 Junie by die Winterfees kan verwag. Van der Westhuizen is al 12 jaar in die musiekbedr­yf doenig en sy eerste album, Uithak, het reeds in 2012 verskyn, maar hy het eers sy stempel behoorlik afgedruk met die liedjie Gooi jou suiker op my in 2014. Hy is ook geen vreemdelin­g in Polokwane nie, en sê dit is seker die 20ste keer wat hy hier sal optree.

“Ek sien uit daarna om die laaste deel van my kykNET dokumentêr by die Winterfees te skiet. Ek hoop ek kry die hele gehoor vasgevang op kamera sodat almal deel kan wees van ‘n baie spesiale uitsending.”

Behalwe vir Gooi jou suiker op my, is Van der Westhuizen ook bekend vir treffers soos Sexy vir my, Stoom en Lusmakertj­ie. Behalwe vir die sewe albums, waarvan Bietjie Lekkerder die nuutste is, het hy ook ‘n parfuum vir mans en vroue wat hy onder die naam Stoom bemark, ‘n oefenklere reeks, koffie bekers en ander handelsmer­kitems te koop.

“Die mense, liefde en natuurlik die gees bring my aanhoudend terug na Polokwane. Ek sal graag saam met Snotkop wil toer aangesien ek dink ons saam ‘n groot partytjie sal kan maak. Alhoewel dit vir my voel asof ek al die hele land vol getoer het, is daar beslis nog dorpe waar ek nie was nie en ek sal elkeen van hulle ook wil besoek.”

Van der Westhuizen vertel sy inspirasie kom van verskeie dinge af. “Dinge wat my insig gee oor wie en wat ek wil wees en vir mense wil beteken. My grootste bron van inspirasie is God en Sy Woord. En natuurlik my wonderlike ondersteun­ers.”

Hy sê sy grootste motivering is sy ouers, asook sy ondersteun­ers wat opkyk na hom. “Ek wil die beste ek vir hulle wees en hulle inspireer.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa