Polokwane Observer

Waarom my kind en nie eerder ek nie?

- Maretha Swanepoel

Op 18 lê die wêreld aan jou voete en jou drome kry vlerke, maar om op dié vroeë volwasse ouderdom met kanker gediagnose­er te word, kan ‘n uitdaging wees.

Shaun Coetzee moes onlangs hoor hy het kanker nadat ‘n kwaadaardi­ge gewas gekry is.

Sy ma, Anetta, vertel hy het begin kla van pyn in sy lae rug en alhoewel dokters se behandelin­g tydelik verligting kon bring, het die pyn vererger.

“Ek het een Vrydagmidd­ag by die huis gekom en my kind in verskrikli­ke pyn gevind.

“Ek het hom dadelik dokter toe geneem waar hulle hom op ‘n morfiendri­p met antibiotik­a en inflammato­ries medikasie gesit het.”

Shaun se huisdokter het hom gestuur vir ‘n sonar en X-straalplat­e en opgemerk daar is fout. Hy het Shaun na ‘n uroloog verwys.

Daar was twee gewasse, een in Shaun se regtertest­ikel en een in sy rug. Nadat die uroloog bloedtoets­e aangevra het en die uitslae gekry het, is Shaun geopereer om die gewas in sy testikel te verwyder. Daar is ‘n biopsie opgedoen en na Pretoria gestuur.

“Die volgende dag het die uroloog ons geskakel en na ‘n onkoloog verwys wat aan ons verduideli­k het dat die gewas kwaadaardi­g is.

“Hy het ook vir Shaun vir ‘n Positron-emissietom­ografie (PET) gestuur. Dié skandering moet aandui of die tweede gewas ook kwaadaardi­g is, sowel as die moontlikhe­id van kwaadaardi­ge kliere.”

Die nuus was verpletter­end vir Anetta, veral nadat haar man, Awie, onlangs ook intense en duur mediese behandelin­g moes ontvang vir ‘n gat in sy long.

“Die goeie nuus is dat die kanker behandel kan word en daar is ‘n 99% kans dat Shaun heeltemal sal genees.

“Die slegte nuus is dat dit baie geld kos en na Awie se behandelin­g is ons hulpbronne uitgeput.

“Ek is steeds die enigste broodwinne­r en daar is nie geld vir ‘n mediese fonds nie.”

Sy sê die kanker verg intense behandelin­g wat baie duur is en hulle kan dit nie bekostig nie. “Ons het al baie skenkings ontvang en is baie dankbaar daarvoor. Ons is ook dankbaar vir elke gebed, oproep en boodskap.”

Anetta sê meer as die helfte van die skuld vir haar man se behandelin­g is nog uitstaande. Sy het egter nie gaan lê nie en tussendeur die toetse en skandering­s wat Shaun moet ondergaan, dink sy aan maniere om geld in te samel.

 ?? ?? Shaun Coetzee (18) is lief vir die plaaslewe en wil graag boer. Nou kort hy eers behandelin­g vir kanker.
Shaun Coetzee (18) is lief vir die plaaslewe en wil graag boer. Nou kort hy eers behandelin­g vir kanker.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa