Polokwane Observer

Eli Ströh reg om Die Meent te verkoop

- Maretha Swanepoel

Soms is dit nodig om alleen te werk, ander keer is spanwerk die wagwoord. Eli Ströh Eiendomme het onlangs kragte met Theo Goosen Eiendomme saamgespan en tussen die twee agentskapp­e is hulle die gesamentli­ke bemarkings­agente vir Die Meent meenthuise.

Volgens eiendomsag­ent, Stephen van der Spek, besit Eli

Ströh 13 eenhede waarvan sewe reeds verkoop is.

“Elke eenheid het drie slaapkamer­s, twee badkamers, ‘n kombuis, sit- en eetkamer asook ‘n waskamer. Daar is ‘n tuin en dubbel motorhuis.”

Eli Ströh bestaan reeds sedert 1968 en is deur Eli Ströh gestig. Hulle is nie net eiendomsag­ente nie, maar ook afslaers van vaste bates, roerende bates en lewende hawe, huur- huur en eiendomsad­ministrasi­e, eiendomson­twikkelaar­s en waardeerde­rs.

“Ons beoog om vir die volgende twee of drie weke elke Donderdag van 14:00 tot 17:30 by Die Meent te wees waar belangstel­lendes ons kan besoek en met ons gesels.”

Die span gaan by die hek in Nyalarylaa­n wees. Vir meer inligting skakel Eli Ströh Eiendomme by 015 287 3300.

 ?? ?? Eli Ströh eiendomsag­ente Damian Arle, Ria Roos, Yvette Brinkman en Stephan van der Spek.
Eli Ströh eiendomsag­ente Damian Arle, Ria Roos, Yvette Brinkman en Stephan van der Spek.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa