Polokwane Observer

Melanie nou aan stuur van First Steps Clinic

- Maretha Swanepoel

Om vir die eerste keer ma te wees kan baie oorweldige­nd wees, veral as baba baie huil.

Dit kan gebeur dat die ma se onsekerhei­d ook die oorsaak van die baba se trane is, en dit is hiér waar mamma en baba iemand soos Melanie Botha nodig het. Botha is ‘n verpleegst­er en vroedvrou wat spesialise­er in psigiatrie.

Sy het lank by Mankweng Hospitaal gewerk en daarna by Rethabile Health

Centre waar sy nuwe mammas bygestaan het met raad, veral wanneer hulle sukkel met borsvoedin­g.

Botha sê ‘n ma moet reeds in die hospitaal met die regte tegniek vir borsvoedin­g kennis maak, anders gaan die baba nooit borsvoed nie.

Sy het ook onlangs die leisels by First Step Clinic oorgeneem waar sy help met algehele baba- en kindersorg.

“Ek help steeds ma’s in die hospitaal met borsvoedin­g en behartig alle inentings van kinders tot 12 jaar oud. Dit is vir my belangrik om elke kind in te ent en teen siektes te beskerm,” verduideli­k sy.

Botha sê kinders wat teen siektes soos masels en waterpokki­es ingeënt is, kan steeds die siekte kry, maar is nie naastenby so siek soos ‘n kind wat nie ingeënt is nie.

“Baie ouers is teen inenting aangesien hulle glo dit veroorsaak outisme. Die waarheid is dat outisme reeds in die kind is, en teen die tyd wat hulle die inentings kry, is dit ook die tyd wat die eerste simptome van outisme verskyn. Die kind sou outisme kry, ongeag hy ingeënt is of nie.

“Dit is dieselfde met kinders wat siek word na die inenting. Hulle was reeds siek, maar die simptome wys na die inenting. Ek ent glad nie ‘n kind wat koors het in nie.”

Botha voeg by sy verduideli­k aan die ouers wat om te verwag indien daar ‘n newe effek sou wees, maar sê baie min ouers kom terug en sê hulle kind was moeilik na die ent.

“Op 12 en 18 maande moet ‘n kind beslis ontwurm word en daarna moet hulle elke ses maande ontwurm word.”

Sy help ouers ook met nuwe roetines soos slaap- en eetroetine­s, en moedig ouers aan om by die roetines te hou, al huil die kind.

“Dit sal nie lank vat voordat die kind gewoond is aan die roetine en jou lewe makliker is nie.”

Newspapers in English

Newspapers from South Africa