Polokwane Observer

Sekelbosfe­es 2022 groot sukses

- Maretha Swanepoel

Die Sekelbosfe­es het die afgelope naweek groot aftrek geniet met vermaak vir oud en jonk.

Terwyl die gaste tussen die verskeiden­heid stalletjie­s deurgeloop het, kon die kinders op die springkast­ele baljaar. Daar was ‘n biertent met iets koel om te drink en kosstallet­jies om van te kies en te keur. Daar was klere, juwele, velskoene, speelgoed en selfs die Ereveldwag­ters wat besoekers meer oor hulle dienste vertel het.

Kunstenaar­s soos Lu-Anel, Hennie en die Kitaarkêre­ls, Armand van der Merwe (die singende Cowboy), JP White en Almur het die gehoor opgewarm vir Adam Tas, Demi-Lee Moore, Elvis Blue en Bernice West.

“Ek het die fees baie geniet. Dit is ‘n lekker manier om die warmer weer te verwelkom, so met al die stalletjie­s, musiek en vriendelik­e mense. Ek sien uit na die volgende een, maar hoop om meer plaaslike talent op die verhoog te sien,” sê Sonja Ferreira, een van die besoekers.

 ?? ?? Die Pixies-span is gereed met heerlike, yskoue drankies. Hier is Laurette Hattingh, Nina Kotze en Wian Hattingh.
Die Pixies-span is gereed met heerlike, yskoue drankies. Hier is Laurette Hattingh, Nina Kotze en Wian Hattingh.
 ?? ?? Louis en Adèle Koekemoer het iets van alles waarvan kinders sal hou.
Louis en Adèle Koekemoer het iets van alles waarvan kinders sal hou.
 ?? ?? Dienkie Laas en Hennie die kuiken verkoop meel-en bosbroeke.
Dienkie Laas en Hennie die kuiken verkoop meel-en bosbroeke.
 ?? ?? Hester en Anoeska Marais saam met Tsitsi Brooks verkoop juwele.
Hester en Anoeska Marais saam met Tsitsi Brooks verkoop juwele.
 ?? ?? Amelia Grobbelaar het ‘n groot verskeiden­heid vetplante te koop.
Amelia Grobbelaar het ‘n groot verskeiden­heid vetplante te koop.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa