Polokwane Observer

Berading deur Arukahkuns help om te genees

- Maretha Swanepoel

Die Hebreeuse woord Arukah word in Afrikaans vertaal na ‘om te genees’.

Arukah is ook die naam van Marlene van Hoogendyk se kunsberadi­ngspreekka­mer waar sy kliënte help om te genees deur middel van kuns.

“Om kunstig besig te wees is reeds terapeutie­s en almal kan deel hê daaraan. Om berading deur middel van kuns te kry is bietjie anders.

Dit is glad nie dieselfde as kunsterapi­einkleurbo­eke wat op die rakke is nie. Tydens ‘n beradingse­ssie word daar temas vir die kunswerk beplan en die gesprek rondom die kunswerk word deur ‘n opgeleide persoon gefasilite­er,” verduideli­k sy.

Marlene is besig om ‘n vier-jaar kursus in Art Therapies Counsellin­g deur Art Healing Academy te studeer. Die kursus help om berading te gee deur middel van kuns as kommunikas­iemiddel. Sy is ook reeds as berader in Suid-Afrika geregistre­er.

“Kuns was nog altyd deel van my lewe en ek was vir lank ‘n kunsonderw­yser. Behalwe vir kuns is my passie om ander mense te help en een-tot-een met hulle te werk. Hoe meer ek met die kinders binne ‘n kreatiewe omgewing gewerk het, hoe meer het ek agtergekom kuns kan bydra tot ‘n mens se emosionele genesing.”

Voor Marlene drie jaar gelede formeel kuns as modaliteit binne haar berading sessies gebruik het, het sy wanneer sy met kinders werk, enige vorm van kuns gebruik om hulle te help om hulle uitdagings met haar te deel.

“Ek het besluit om in te skryf vir die Art Therapies Counsellin­g-kursus en onder leiding van Lorette Dye te werk. Ek is tans nog besig met die kursus.”

Sy sê enige persoon kan baatvind by kunsberadi­ng en dit is nie nodig om kunstig of kreatief te wees nie. Die kliënt is in beheer van hulle eie kunswerk en die interpreta­sie of uitbeeldin­g daarvan.

“Kunsberadi­ng is anders as berading deur middel van ‘n blote gesprek. Dit bied ‘n meer natuurlike, informele en ontspanne atmosfeer en is nie so konfronter­end nie.

Met kunsberadi­ng is dit nie nodig vir die kliënt en berader om heeltyd met mekaar te praat nie.

“Die kliënt se probleem of situasie word deur die kunswerk uitgebeeld. Dit help om die probleem buite jouself te kan sien van verskillen­de oogpunte af. Nadat die persoon rustig op sy tyd die kunswerk klaargemaa­k het, kan ‘n mens ‘n gesprek rondom die kunswerk begin voer. Dit is ook gewoonlik hier waar die emosies uitkom en die persoon reg is en natuurlik begin praat.”

Marlene het ook al kliënte gehad wat verkies het om net te praat en nie van kuns as kommunikas­iemiddel gebruik te maak nie.

Merlene se spreekkame­r is by N.G. Kerk Pietersbur­g-Noord Donna Dei en sy is ook ‘n skoolberad­er by Akademie Reformia. Tussendeur is sy betrokke by die niewinsgew­ende organisasi­e Heartdrive/Heart-Cycle. Saam is hulle besig om ‘n kunsuitsta­lling te reël waar kunswerke geskenk en dan verkoop word om geld in te samel. Marlene bied ook geleenthei­d vir mense wat wil deel wees om aan hulle kunswerke te werk by haar spreekkame­r. Vir meer inligting skakel haar by 083 648 5397.

 ?? ?? Marlene van Hoogendyk bied berading deur middel van kuns aan.
Marlene van Hoogendyk bied berading deur middel van kuns aan.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa