Polokwane Observer

Die man agter Die Ander Kind

- Maretha Swanepoel

Reeds op die vroeë ouderdom van vyf jaar het Hannes van Rensburg (44) besef hy is anders as meeste van sy klasmaats in die kleutersko­ol.

“Ek was destyds al mal oor seuns se kuite. Ek het altyd gevoel ek is anders as ander kinders, al het ek nog nie geweet wat dit beteken om gay te wees nie.

“Ek was deel van die Voortrekke­rs en ons was 47 seuns in ons groep. Dit was natuurlik vir my baie lekker,” vertel hy.

Hannes is in Pretoria gebore en op skool is hy baie gespot en selfs geboelie. Toe hy besluit om die probleem met ‘n onderwyser te bespreek, het dié hom verkrag.

Hannes was ook die jongste van drie kinders.

Sy oudste sussie, Monica, is met geboorte op haar kop laat val met die gevolg dat sy gestremd was. Sy is op 11-jarige ouderdom oorlede, ‘n paar dae nadat sy tweede suster,

Madelein, gebore is.

“My pa het in my gr. 10-jaar reguit vir my gesê hy weet dat ek gay is. Ek het my eerste liefde op 16 ontmoet en ons was lank saam. Hy is een oggend in ‘n motorbotsi­ng oorlede en ek moes sy liggaam uitken.

“Ek mag net sy klere gesien het, aangesien hy onthoof was.”

Nadat hy sy skoolloopb­aan voltooi het, het hy drama studeer. Sy grootmensl­ewe was ‘n mallemeule met goeie en baie slegte besluite.

Sy grootste steunpilar­e, sy ma en pa, het hom telkemale deur slegte tye gehelp. “Hulle was elke keer daar vir my, selfs toe ek my kolonkanke­r in 2009 van hulle probeer wegsteek het.

“My ma het daarop aangedring dat ek by hulle intrek.”

Hannes se pa is in 2013 in sy arms oorlede nadat hy ‘n hartaanval gehad het. Hierna het hy en sy ma vir ‘n paar maande in Mosselbaai gaan woon voordat hulle weer teruggekee­r het na Pretoria.

“My ma het demensie en Alzheimer se siekte begin ontwikkel en was meer en meer op my aangewese. Ek en my man, Dean Oosthuizen, het haar versorg tot die einde toe. Ook sy is in my arms oorlede. Ek en Dean het in Januarie Polokwane toe getrek om ‘n nuwe lewe te begin.”

Hannes se lewensverh­aal is eers as verhoogpro­duksie vasgelê en daarna in boekvorm. “Ek het die boek geskryf om vir ander mense hoop te gee. Jy is nie alleen nie. Ek klou vas aan my geloof en sê elke dag niks kan gebeur wat ek en God nie kan aanpak nie.”

Die boek, Die Ander Kind, is beskikbaar by www.dieanderki­nd.co.za of stuur ‘n e-pos aan info@dieanderki­nd.co.za.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa