Polokwane Observer

Flinke diens red Chris se lewe na hartaanval

- Maretha Swanepoel

Chris Bekker (54) is oor die algemeen ‘n gesonde en aktiewe man, maar sy lewe het drasties verander nadat sy hart drie keer gaan staan het.

Hy het sy eie besigheid op die kleinhoewe waar hy woon terwyl sy vrou, Angelique, in die stad werk.

“Hy was vroegoggen­d deurmekaar by die huis en het later op ons familie WhatsAppgr­oep ‘n boodskap gestuur waar hy sê hy voel nie lekker nie en dink hy kry ‘n hartaanval. Hy het gevra ek moet hom gaan haal, maar mag nie jaag nie,” vertel Angelique.

Op pad huis toe bel sy vir Francois Smit van VTrust Towing Polokwane wat op sy beurt die span van ER24 skakel.

“Ek moes hulle verduideli­k waar die huis is, maar dit is moeilik en ek het dus langs die pad vir hulle gewag. Op pad daarheen het ek met my noodligte aangery en genadiglik het al die ander padgebruik­ers vir my pad gemaak.”

By die huis aangekom het Chris gesê hy het ‘n brandpyn in sy linker arm, op sy bors en agter op sy rug. Die ER24span het dadelik met behandelin­g begin, en terwyl hulle besig was, het Chris sy bewussyn verloor. Gerhard Jacobs, ambulansno­odassisten­t van ER, het hom bygebring en dadelik ‘n EKG-masjien op hom gekoppel.

“Net voor ek die tuis outomaties­e eksterne defibrilla­tor (OED) kon aansit, het Chris ineengesto­rt. Ek het daarin geslaag om hom by te bring en dadelik in my voertuig gelaai. Hier het hy weer ‘n hartaanval gehad. Dié keer was die

OED aan en kon ek hom weer terug bring waarna ons hom na die hospitaal vervoer het.” Angelique spreek haar dank uit teenoor almal wat Chris gehelp en bygestaan het.

“Die diens wat ons gekry was ongeloofli­k. Almal was behulpsaam en geduldig. Chris het twee stents in sy hart en moet oor ses maande nog een kry. Hy is die volgende dag ontslaan. Ons is baie dankbaar vir almal se hulp en bystand. Francois is altyd bereid om te help en Gerhard het hard gewerk om Chris aan die lewe te hou.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa