Polokwane Observer

Jeanne maak VLU-vrou touwys in kantknoopw­erk

- Maretha Swanepoel

Macramé, oftewel kantknoopw­erk, is ‘n eeue-oue kunsvorm waar tou geknoop word om ‘n bruikbare item met ‘n patroon te vorm.

Die Vroue Landbou Unie Finesse Aandtak het onlangs geleer hoe om hiérdie tegniek baas te raak. Macramé was ‘n gewilde modeguur in die 70’s, en is nou weer besig om ‘n terugkeer te maak, volgens Jeanne Bergh, kenner op die gebied van macramé.

Sy het ‘n paar voorbeelde van macraméwer­k uitgestal terwyl sy die vroue raad gegee het en gewys het hoe om met dié kunsvorm te werk te gaan. “Dit was in die verlede hoogmode en nou is daar weer soveel oulike idees van patrone wat gemaak kan word. Daar is verskeie webwerwe waar ‘n mens inspirasie kan kry,” vertel Jeanne.

Aangesien die item van tou gemaak word, is dit belangrik om die regte tou te gebruik. Jeanne verduideli­k die tipe tou hang af van wat jy wil maak, en of dit grof of fyn tou gaan vereis. Hoe harder en dikker die tou is, hoe meer het jy daarvan nodig en hoe growwer gaan die eindproduk wees. Die sagste tipe tou is enkel tou en die drie-draad gedraaide katoentou is die grofste tou.

“Oor die algemeen vermenigvu­ldig jy die voltooide lengte van die produk wat jy wil maak met vier. Só bepaal jy dan hoeveel tou jy nodig het. Voeg ‘n bietjie ekstra by as jy ‘n tossel of fraaings wil maak. Hierdie is egter nie ‘n akkurate berekening nie.”

Sy vertel daar is verskeie knope wat gebruik kan word om die items te maak soos die basiese knoop wat die square knot, of die vierkantig­e knoop, is. Mense kan ook houtkrale, koperpypie­s of vlekvrye staalpypie­s gebruik om die ontwerp interessan­t te maak.

Jeanne gee ook raad oor hoe om die tou te kleur: “Daar is gekleurde macramé

tou beskikbaar, maar jy kan ook gewone katoentou self kleur. Knip die tou in die regte lengte en plaas dit in ‘n kastrol met beetwater of twee opgehoopte teelepels borrie. Voeg ‘n eetlepel sout by en kook liggies vir vyf minute. Die sout sal die kleur stabilisee­r in dit laat set. Laat lê die tou vir nog ‘n uur in die vloeistof en hang dit dan op om droog te word.”

 ?? ?? Jeanne Bergh met een van die artikels wat sy gemaak het.
Jeanne Bergh met een van die artikels wat sy gemaak het.
 ?? ?? Jeanne Bergh maak Alta van Aardt touwys oor macramé.
Jeanne Bergh maak Alta van Aardt touwys oor macramé.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa