Polokwane Observer

Cor de Beer een van 50 in Elite ruiterspan

- Maretha Swanepoel

Ek het dit werklik nie verwag nie. Die Elitespan word gekies op die vorige jaar se nasionale kampioensk­appe.

Op die rug van sy perd, Arkab Florac is Cor de Beer (15) in sy element en kan min dinge hom onderkry. Na maande se harde werk is hy gekies vir die Elitespan wat tydens die Western Mounted Games Nasionale Kampioensk­appe in Parys gaan deelneem.

“Ek het werklik nie verwag om gekies te word nie, ek dink ek ly nog ‘n bietjie aan skok.”

Daar is slegs 50 ruiters uit al die ouderdomsg­roepe in vlak drie en vier wat vir die span gekies is.

Cor het in 2018 met perdryless­e begin nadat hy en sy sussie, Nelca, by een van sy ma, Carla, se kliënte se ryskool aangesluit het.

Hy het verlede jaar in Februarie aan sy eerste Suid-Afrikaanse Ruiterkuns­skoleveren­iging (Sanesa) kwalifiser­ende kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar.

Cor en Florac, soos hy liefdevol genoem word, spandeer reeds ‘n paar jaar tyd saam en het al vele rosette ingepalm.

“Die Elitespan word gekies op die vorige jaar se nasionale kampioensk­appe. My oefenroeti­ne verskil heelwat van wat dit verlede jaar was, so ek gaan net voort om te oefen.”

Hulle het gewoonlik les op ‘n Vrydagmidd­ag en gaan oefen gereeld by Winnfield Stables oor ‘n naweek. Hulle het onlangs ook begin om op Dinsdae te oefen ter voorbereid­ing vir die nasionale kampioensk­appe.

Cor erken hy het nie ‘n geheime resep om die beste uit homself en sy perd te kry nie, en sê net die regte afrigter wat jou druk om jou volle potensiaal te bereik, is belangrik.

“Ek en Ni-Marie Bierman is die enigste twee ruiters in Polokwane wat vir die span gekies is. Dit is ‘n baie groot eer en ek is bly sy kan deel hê daarin.”

 ?? ?? Cor de Beer saam met sy perd, Arkab Florac. Die twee is gekies vir die Western Mounted Games Nasionale Kampioensk­appe se Elitespan.
Cor de Beer saam met sy perd, Arkab Florac. Die twee is gekies vir die Western Mounted Games Nasionale Kampioensk­appe se Elitespan.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa