Polokwane Observer

Honde samel geld in vir katte

- Maretha Swanepoel

Dit is algemeen bekend dat katte gewoonlik nie van water hou nie dus het Sonica Frits van

The Charlie Project besluit om honde vir ‘n geldinsame­lingsproje­k in te span.

Nadat daar koppe bymekaarge­sit is en baie reëlings getref is het die eerste The Charlie Project Mudd Walk Saterdag plaasgevin­d. The Charlie Project is ‘n nie-winsgewend­e organisasi­e wat katte, veral babakatjie­s, red. Dit is katte wat net weggegooi is, in bokse en sakke langs die pad gelos word om dood te gaan. Die katjies word dikwels ‘n bottel melk gegee, veearts toe geneem en versorg totdat hulle gereed is om aangeneem te word.

The Charlie Project benodig baie skenkings van kos asook geld om die katte na die veearts te neem.

Die Mudd Walk was baie gewild onder die honde en hulle mense.

Van die honde het, sonder om genooi te word, in die dam in gehardloop waar hulle na hartelus geswem het. Ander honde was weer skugter vir die water en het dus eerder besluit om rustig langs die dam te sit en kyk hoe daar geswem word.

Sonica sê vir ‘n eerste probeersla­g was dit ‘n sukses.

“Ons sou natuurlik meer mense en ondersteun­ing wou hê, maar die mense en honde wat daar was het dit vreeslik geniet. Vir party honde was dit die eerste keer wat hulle in ‘n dam kon swem. Ons beoog definitief om weer ‘n Mudd Walk te hou. Die geld wat ons nou ingesamel het, gaan vir veearts koste asook kos vir die baba katte gebruik word. Ek wil dankie sê vir elkeen wat ‘n hand bygesit het en vir al ons borge. Sonder julle sou ons die dag nie kon hê nie.”

 ?? ??
 ?? ?? Christiaan Grobler en sy ma, Martie met Pinocchio en Spike, wat niks van swem wou weet nie.
Christiaan Grobler en sy ma, Martie met Pinocchio en Spike, wat niks van swem wou weet nie.
 ?? ?? Angie (bo) en Lado (onder) geniet die swem in die dam.
Angie (bo) en Lado (onder) geniet die swem in die dam.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa