Polokwane Observer

Drie-en-’n halfuurlan­ge operasie ‘loop goed af’

- Maretha Swanepoel

Die dokter kon die gewas heeltemal verwyder. Binne die volgende paar dae sal ons weet wat die pad vorentoe behels.

“Na die operasie is my eerste stop KFC en daarna koffie in die hospitaal se koffiewink­el,” terg André Fourie (50) waar sy broerskind, Frederick, hom in ‘n rolstoel in die hospitaal instoot.

André (50) is onlangs met ‘n gewas op die brein gediagnose­er en met die gemeenskap se hulp kon die familie genoeg geld insamel vir die koste van ‘n operasie.

André is ‘n bekende gesig op die plaaslike gholfbaan en dit was ook hier waar ‘n vriend, Andrew Galloway op 6 April besef het iets is nie pluis nie.

“Die dag het soos enige ander Saterdag begin toe ek hom vir ’n potjie gholf ontmoet het. Op gaatjie 14 het hy my gevra of ek dalk iets gedrink het voor ons begin speel het, aangesien my tong sleep. Teen dié tyd het my gesig gehang.”

Andrew het vir André na sy ma, Ria Fourie, se huis geneem waar sy André se bloeddruk gemeet het. Dié was normaal, maar sy het hom na ‘n plaaslike geneesheer geneem waar sy bloeddruk en bloedsuike­r gemeet is.

“Die dokter het al die toetse gedoen soos wat ‘n mens vir beroerte toets en ons toe vir ‘n CT-skandering gestuur. Ons is uiteindeli­k aangeraai om ook ‘n MRI-skandering te laat doen.”

Nadat die MRI-skandering gedoen is, het die dokter bevestig dit is ‘n aggressiew­e soort graad vier gewas.

“Die dokter het vir ons gesê die gewas sit op ‘n sensitiewe plek en dit is moeilik om te opereer. Daar is ook geen waarborg dat die operasie suksesvol sal wees nie.”

André meen hy het glad nie enige simptome gehad dat daar ‘n gewas op sy brein is nie. Hy sê daar was geen hoofpyne of duiselighe­id nie. “As ek nou terugdink, het ek voor ons van die gewas bewus geword het, met my fynmotorie­se vaardighed­e gesukkel en daar was twee aande wat ek sommer baie vroeg al gaan slaap het, wat nie in my aard is nie. Ek het geensins pyn ervaar nie.”

André en sy familie het besluit om ‘n tweede opinie in te win en het Donderdagm­iddag na Pretoria gereis waar hy Vrydagogge­nd ‘n neurochiru­rg gesien het.

“Die neurochiru­rg het vir ons gesê dit is moontlik om te opereer. Daar is ‘n gedeelte van die gewas wat naby aan die skedel geleë is en dus, sê die dokter, kan hy met relatief min penetrasie die gewas bereik.”

Dié operasie is Dinsdag in Cintocare in Pretoria uitgevoer.

Na die drie-en-‘n-halfuurlan­ge operasie het André se broer, Drickus, die nuus meegedeel dat die operasie goed afgeloop het.

“Die dokter kon die gewas heeltemal verwyder. Dit is ook bevestig dat dit kanker is en ons sal binne die volgende paar dae weet wat die pad vorentoe behels. Dankie vir almal se bystand, gebede, en bydrae ons waardeer dit.” Enige bydrae is nog welkom. A. Fourie

Discovery Bank

Rekeningno­mmer: 1547918755­7

 ?? ?? André Fourie saam met sy dogters, Juanel en Leandré.
André Fourie saam met sy dogters, Juanel en Leandré.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa