Polokwane Observer

Chris se afsterwe betreur

- Maretha Swanepoel

‘n Introvert totdat die biertjie ingeskop het, en dan was hy soms skreeusnaa­ks. Só onthou Het Bouwer haar man van 36 jaar, Chris.

Chris is op 5 April oorlede nadat hy tweeen-‘n-half maande vroeër ‘n beroerte gehad het, en in die hospitaal was. Hy kon nie sluk, praat of loop nie, en was op buisvoedin­g.

Chris, of Smokey soos hy onder sy vriende bekend was, was mal oor jag en lees. Hy het in Nigel grootgewor­d en is na skool weermag toe. Hy het vir 37 jaar vir die weermag gewerk en sy laaste pos was as bevelvoerd­er vir groep 39 in Polokwane.

“Hy het altyd mooi vir al sy kinders gesorg, al was hy soms ‘n bietjie te streng met die seuns. Hy het drie seuns uit ‘n vorige verhouding,” onthou Het.

Sy sê sy het nooit ‘n tekort aan iets gehad nie en Chris was altyd daar vir haar. Hy het haar deur haar borskanker­diagnose ondersteun en versorg.

Sy dogter, Chirestie Swanepoel, onthou haar pa se liefde vir rugby, die natuur en klassieke musiek.

“Van my kosbaarste herinnerin­ge as kind, is hoe ek en my broer, Ludwig, onsself in my pa se verhale kon inleef. Ook onthou ek hoe ons op koue winteraand­e voor die kaggel kon sit en TV kyk. Meeste Desembers het ons op Karringmel­kspruit, my oom en tannie se plaas in die Ooskaap, deurgebrin­g. Ek onthou my pa se smullekker hoenderpot wat ons geniet het. Dan was daar ook die jaarlikse jagsessies in Zimbabwe. My pa het ook met liefde vroeër opgestaan wanneer ek of Ludwig voor skool nog ‘n uur of so se leer wou inkry.

Hy was ons persoonlik­e wekker, kompleet met koffie of tee en Bovril Provitas.”

Chirestie onthou Chris as ‘n goeie, maar streng leermeeste­r en leier. Hy het sy kinders geleer om altyd ander mense in ag te neem en dat geregtighe­id belangrike­r is as popularite­it. “Hy het ons ook geleer dat om sindelik en netjies te leef ‘n eienskap van ‘n eerbare mens is. Hy was ‘n diep filosoof met ‘n groot algemene kennis.”

Chris en Het was deel van die Polokwane Atletiekkl­ub waar hy in 2007 en 2008 voorsitter was.

Dit is met groot hartseer dat ons van Chris Bouwer se afsterwe verneem het. Chris was ‘n getroue lid en voormalige voorsitter wat baie gemis sal word deur Polokwane Atletiekkl­ub. Dit is die soort ondersteun­ing en leierskap wat Chris ons gegee het wat die klub gemaak het wat hy vandag is. Mag sy siel in vrede rus,” sê Thabana Mokgohloa, voorsitter van die Polokwane Atletiekkl­ub.

Chris se roudiens was op 13 April vanuit die N.G. Kerk Groot Brakrivier gehou.

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa