Polokwane Observer

Jordan vier Ouma Allie se lewe só

- Maretha Swanepoel

Lesers mag dalk onthou van ‘n blou karretjie wat gereeld deur die jare in Polokwane se strate te sien was. Die bestuurder was Erika Scott en met haar blou karretjie het sy mense gedien.

Erika is in 2020 oorlede en haar kleindogte­r, Jordan Menzies (20), het besluit om haar lewe op papier en in musiek vas te lê.

“Ons het haar Ouma Allie genoem. Sy het skool gehou by Noordskool en ek dink almal onthou haar vir die goeie mens wat sy was. Sy was ‘n dienaar van mense. Sy sou vinnig in haar blou kar spring om ander mense te gaan help of te bedien. Sy het geluk gevind in die klein dingetjies.”

Jordan het die liedjie net na Ouma Allie se dood geskryf maar dit eers net vir haar gehou. Later het sy dit vir familie begin speel en onlangs het sy besluit om dit met die res van die wêreld te deel.

“Dit is my gebed dat die liedjie ook iets vir iemand anders kan beteken. Ek wil haar lewe en dit wie sy was en vir ons beteken het, vier.”

Die blou karretjie speel ‘n sentrale rol in die liedjie en Jordan onthou hoe sy altyd geweet het dit is haar ouma wanneer sy die blou karretjie gesien het.

“Ek gebruik die kar om haar lewensreis te vertel en vergelyk dit met haar lewenspad. Ek is nou besig om ‘n video te maak vir die liedjie.” Jordan sing reeds van haar laerskool dae in Oosskool af en het in gr.

8 by Hoërskool Pietersbur­g vir haarself ‘n ukulele gekoop. “Ek is gaande oor Grace VanderWaal se musiek en het haar nagevolg. Later het ek ‘n kitaar gekry. Ek skryf my eie musiek en beoog om meer liedjies uit te bring. My liedjies gaan meestal oor menseverho­udings. Ek wil hê mense moet saam kan fees vier en saam kan treur. Ek hou daarvan om stories te vertel.”

 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa