Ou lief­de roes nie!

Ou lief­de roes glo nie. En soos in ’n sto­rie­boek s­taan dié ver­dor­de eer­ste lief­de de­ka­des la­ter weer in vol­le blom

Rooi Rose - - IN HOUD - Deur S­TE­PHA­NIE RAPPARD

Ek is ’n dood­ge­wo­ne vrou van sestig-plus, maar voel el­ke dag dat my ver­haal soos ’n s­pro­kie lees. Ek is na­tuur­lik nie ob­jek­tief nie, maar wie kan my kwa­lik neem as ek vir al­mal wil ver­tel dat gees­ge­no­te werk­lik be­staan en die lief­de lééf ?

Hoe weet ek dit? Ek en my eer­ste lief­de het me­kaar ná veer­tig jaar weer ge­vind en is van­dag ein­de­lik by­me­kaar, nou dalk oud, vol plooie en gei­te, maar steeds ver­lief soos toe ons tie­ners was.

DIE DAG TOE ’N EN­GEL IN MY OOR GEFLUISTER HET

So­wat vyf jaar ge­le­de was ek een hel­der herfs­og­gend soos el­ke an­der dag van Sabie af op pad na my kan­toor op Wit­ri­vier. Uit die blou­te dink ek skie­lik aan my eer­ste lief­de, Henk, van wie ek veer­tig jaar ge­le­de af­skeid ge­neem het. Ek het ge­won­der of hy nog le­we; hoe dit met hom daar in Ne­der­land gaan; was die le­we goed vir hom?

Ek was ver­baas oor die war­boel e­mo­sies wat die ge­heu­e­beel­de in my wak­ker ge­maak het, want ons so­ge­naam­de “wa­re lief­de” het des­tyds toe tog net dood­ge­loop ...

Ek was ja­re lank ’n bie­tjie si­nies, son­der ge­loof in die lief­de of gees­ge­no­te, en baie al­ler­gies vir soet­sap­pig­he­de en sen­ti­men­ta­li­teit.

Ná ’n lang dag op kan­toor het ek die aand my re­ke­naar tuis aan­ge­ska­kel. ’n Vreem­de a­dres het my aan­dag ge­trek. Ek het my lees­bril op­ge­sit om be­ter te kan sien. Die bloed het uit my ge­sig ge­vloei toe ek lig­hoof­dig en be­we­rig die bood­skap uit ’n an­der wê­reld­deel lees.

Ek het die re­ke­naar ver­dwaas af­ge­sit en in die bed gaan klim. My he­le lyf het lig­gies ge­be­we. Ek kon nie slaap nie.

Diep in die nag het ek plot­se­ling, met ’n bo­aard­se ken­nis, ge­wéét: As ek op daar­die kort bood­skap gaan re­a­geer, gaan my he­le wê­reld, my le­we, vir al­tyd ver­an­der.

WAAR AL­LES BE­GIN HET

Ons het me­kaar am­per vyf­tig jaar ge­le­de, in 1969, op skool ont­moet toe Henk, ’n Ne­der­lan­der van Den Haag, drie jaar lank in Suid-A­fri­ka ge­woon het. Henk se ou­ers het ge­glo dit sou hul jong­ste goed doen om ’n ma­triek­ser­ti­fi­kaat in die vreem­de land te be­haal ter­wyl sy sus­ter en swa­er hier werk.

Van die oom­blik wat ons in me­kaar se oë ge­kyk het daar op die skool­ter­rein in Sa­sol­burg, was ons smoor­ver­lief. Ons het lek­ker by­me­kaar ge­pas, kul­tuur- en taal­ver­skil­le ten spyt. Ons het saam in die skool­koor ge­sing, na­we­ke op die ki­taar ge­tok­kel en hand om die lyf win­dow shop­ping op ons dor­pie ge­doen. Daar voor die win­kel­ven­sters met hul meu­bels, e­lek­trie­se wa­re en splin­ter­nu­we kar­re, het ons blink­oog oor ’n mooi toe­koms saam ge­droom.

Drie jaar lank was ons on­af­skeid­baar. Ons het, so jonk as wat ons was, werk­lik lief vir me­kaar ge­word en ge­glo dat ons gees­ge­no­te was.

Te gou was ons skool­dae ver­by en het die werk­lik­heid in­breuk op ons kom­mer­vrye le­we ge­maak. Ons paaie sou vir eers skei: Henk moes sy diens­plig in Ne­der­land gaan aan­pak; ek was op pad u­ni­ver­si­teit toe.

Dit was 1972.

Henk sou met die trein lug­ha­we toe ry en daar op die Ver- ee­ni­ging-sta­sie het ons me­kaar met ge­bro­ke har­te ge­groet maar mét die be­lof­te van ’n be­slis­te we­der­siens bin­ne ’n jaar. Ons het rin­ge uit­ge­ruil en dit aan ket­tin­kies om me­kaar se nek­ke ge­hang. Ons het e­wi­ge toe­wy­ding aan me­kaar ge­sweer – ons sou ’n le­we saam be­gin, trou, kin­ders hê, net vir e­wig saam­wees. In die ja­re se­wen­tig het dit so­wat twee tot drie maan­de ge­duur voor pos­stuk­ke tus­sen Suid-A­fri­ka en Eu­ro­pa af­ge­le­wer is. He­den­daag­se jong­men­se sal hul­le nie eens in so ’n si­tu­a­sie kan in­dink nie: geen sel­fo­ne, In­ter­net of W­hat­sApp nie? Ons het hard pro­beer om kon­tak te be­hou. Brie­we het soms weg­ge­raak en dit was on­moont­lik om van­af ’n kam­pus­tie­kie­boks oor­see te bel. Ons het vir so ’n jaar en ’n half ge­trou aan me­kaar ge­bly, rin­ge steeds aan hal­se, har­te steeds vol hoop.

Die waar­heid oor die reu­se-af­stand tus­sen die twee vas­te-

Die nag het ek ge­wéét: As ek gaan re­a­geer, gaan my he­le wê­reld, my le­we, vir al­tyd ver­an­der

LINKS: đ S­TE­PHA­NIE EN HENK, TUIS IN SABIE. đ AS TIE­NERS IN 1969. REGS: ONS EER­STE “WOONPLEK” SAAM, DIE JAN VAN GOYEN-MUSEUMHUIS IN DEN HAAG.

KLOKSGEWYS VAN BO LINKS: đ ONS IS MET DIE TREM DELFT TOE. đ SCHEVENING­EN WAAR ONS OOK GE­WOON HET. đ ONS HET GE­REELD BY DIE VREDESPALE­IS GAAN RONDLOER. đ TYD VIR ’N GRAPPIE. đ DIE RIDDERZAAL IN DIE MIDDESTAD VAN DEN HAAG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.