#Ka­tin­kaDieKat

Op 19 was sy die jong­ste deel­ne­mer tot nog toe aan ‘Sur­vi­vor SA’, maar Katinka Oost­hui­zen het haar staal ge­wys en in die top vyf ge­ëin­dig. En dis nie al plek waar sy uit­blink nie

Rooi Rose - - INHOUD - Deur IL­SE SAL­Z­WE­DEL

Ge­sel­sies met Katinka “Die Kat” Oost­hui­zen is so ver­fris­send soos ’n ei­land­va­kan­sie. Nou nie dat sy ná haar Sur­vi­vor- er­va­ring nood­wen­dig aan ei­land­va­kan­sies dink as ver­fris­send of lek­ker leeg­lê­dae nie.

“Ek het al­tyd saam met my ou­ers Sur­vi­vor ge­kyk en ge­dink dit lyk erg, maar ek kan nie vir jou ver­dui­de­lik hóé erg dit reg­tig is nie,” ver­tel sy te­le­fo­nies uit haar ou­er­huis op Mos­sel­baai. “Jy is uit­ge­hon­ger, jou kop is nie daar nie, en dan neem jy stra­te­gie­se be­slui­te. As ek nou daar­na kyk, dink ek, jim­mel Katinka! ’n Mens se maag het meest­al har­der as jou kop ge­praat.”

Maar wat het ’n 19-ja­ri­ge so­si­a­le me­dia-ster en You Tu­be­sen­sa­sie - sy het eers ty­dens die uit­sen­ding van die reeks twin­tig ge­word - be­siel om vir so ’n taw­we werkl ik­heids­reeks in te skryf ?

“Ek het aan die ein­de van my ma­triek­jaar in 2016 be­sluit 2017 gaan die jaar wees waar­in ek ‘ja’ sê vir al­les wat oor my pad kom.” Maar, er­ken sy lag­gend, eint­lik was die in­skry­we­ry som­mer ’n grap om haar ou­ers se re­ak­sie te sien. “Ons het al­tyd saam Sur­vi­vor ge­kyk, en ek het van kleins af al ge­sê ek gaan een­dag in­skryf, want ’n mens word ma­er en wen baie geld.”

Toe sy as een van die deel­ne­mers ge­kies word, het sy ver­wag dat sy een van die jon­ge­res gaan wees, maar nie dat sy die e­nig­ste deel­ne­mer on­der 24 sou wees nie. Met die ont­moet­slag het sy haar me­de-deel­ne­mers so ewe ge-oom en ge-tan­nie, gig­gel sy. Maar hul­le het haar vin­nig reg­ge­help, en van­dag kyk sy te­rug na ’n er­va­ring wat sy vir geen geld ter wê­reld sal ver­ruil nie. ( Wel, be­hal­we dalk vir die R1 mil­joen-prys­geld!)

Dit was taai om saam met ’n groep uit­een­lo­pen­de vreem­de­lin­ge – die mees­te van hul­le men­se met wie sy nie som­mer in die nor­ma­le ver­loop van haar le­we te doen sou kry nie – in ’n si­tu­a­sie te wees waar die sand­vlooie en mus­kie­te jou byt en die e­nig­ste kos par­ty dae ’n hand­vol rys was. “Maar dit het my ster­ker ge­maak.”

En ja, dit was ’n groot aan­pas­sing om

KATINKA HET NIE VIR ‘SUR­VI­VOR’ IN­GE­SKRYF OM BE­KEND TE WORD NIE – AL HET DIT HAAR GEWILDHEID OP SO­SI­A­LE ME­DIA ’N GROOT HUPSTOOT GE­GEE EN TOT INTERESSANTE LOOPBAANGELEENTHEDE GE­LEI

son­der haar slim­foon en so­si­a­le me­dia te wees. “As jy jou geld daar­uit maak, raak jy nog­al vas­ge­vang daar­in. Die eer­ste ding wat ek sog­gens doen, is om al die bood­skap­pe op so­si­a­le me­dia te ant­woord, want dis my sa­ke-on­der­ne­ming. Maar op die ei­land het ek be­sef hoe baie tyd ek reg­tig daar­aan be­stee.”

Om so af­ge­sny van die wê­reld te wees het voor­de­le en na­de­le ge­had. Die sleg­ste deel was ui­te­raar­aard om af­ge­sny te wees van haar ge­lief­des – haar fa­mi­lie én die spe­si­a­le ou wat sy kort voor Sur­vi­vor ont­moet het. (Sy wil nie meer oor hom ver­klap nie. “Hou maar In­sta­gram dop.”) En aan die plus­kant? “Ek het weer be­sef daar is maar net een kon­stan­te in ons le­we en dis God.”

Die spon­ta­ne blon­de­kop met die ou­li­ke lis­pel praat mak­lik oor haar ge­loof. Sy het groot­ge­word in ’n ge­lo­wi­ge huis, en put be­son­de­re in­spi­ra­sie uit haar ou­ers se ver­hou­ding met God. “Hul­le het ons ge­leer dat jou le­we net so­veel ry­ker is as God daar­in is, en dat niks moont­lik is son­der Hom nie. As iets bin­ne Sy wil vir jou is, sál jy slaag.”

Nie dat ge­loof en goeie waar­des nood­wen­dig ’n mak­li­ke le­we waar­borg nie – dit weet Katinka maar te goed. Op ho­ër­skool het sy ook maar soms deur­ge­loop on­der an­der mei­sies se ve­ny­nig­heid, al was sy in ma­triek al ’n In­ter­net sensasie.

“Man, ek was nou nie die mei­sie­rig­ste mei­sie wat jy kry nie, ver­al op la­er­skool. Toe was ek ’n reg­te tom­boy. Ek het op skool nooit ’n kê­rel ge­had nie, en ook nie juis ’n goeie self­beeld nie. Dis nie dat ek ge­boe­lie is nie, maar eer­der dalk om­dat ek ’n jack of all tra­des was wat ’n klomp ver­skil­len­de goed ge­doen het dat daar maar ’n bie­tjie ja­loe­sie was,” ver­dui­de­lik sy di­plo­ma­ties.

Sy ver­tel dat sy nooit eint­lik in sport uit­ge­blink het nie, maar tog deel­ge­neem het om­dat haar ou­ers ge­voel het dis be­lang­rik vir per­soon­li­ke groei. “So, ek moes at­le­tiek doen en het ook vir die kaas-en-wyn-span hok­kie ge­speel.” Maar in kuns – sy skil­der ook, soos haar ma Ma­ria – en kul­tuur­din­ge het sy ’n kleim af­ge­steek.

Katinka het nie vir Sur­vi­vor in­ge­skryf om be­kend te word nie – al het dit haar gewildheid op so­si­a­le me­dia ’n groot hupstoot ge­gee en tot interessante loopbaangeleenthede ge­lei.

“Ek glo niks in ’n mens se le­we ge­beur toe­val­lig nie en dat

God ’n plan met ons al­mal se le­we het, maar ek het reg­tig nie in­ge­skryf om be­roemd te word nie. As ek een mens se hart aan­ge­raak het, was al die swaar­kry die moei­te werd. Ek dink ook dis goed dat al my vol­ge­lin­ge op so­si­a­le me­dia die an­der kant van Katinka kan sien.”

Katinka se ma, dees­dae ’n be­ken­de skil­der, het maat­skap­li­ke werk stu­deer, en dis nie moei­lik om te sien hoe­kom sy Katinka se rol­mo­del is nie. Nes haar ma glo sy aan te­rug­gee aan die ge­meen­skap en sy skenk al se­dert haar skool­dae ’n deel van haar in­kom­ste aan lief­da­digh eids­pro­jek­te in Mos­sel­baai. Pa Fran­cois was die een wat Katinka en haar broers, S­harl (19) en Rig­ter (15), van kleins af aan teg­no­lo­gie bloot­ge­stel het en tou­wys ge­maak het oor die ge­bruik van YouTu­be en so­si­a­le me­dia.

Sy lag toe sy ver­tel haar eer­ste po­ging was ’n vi­ne (’n kort vi­deo van ’n paar se­kon­des lank) op fa­ce­book. “Ek crin­ge nou as ek daar­aan dink.” In graad tien het sy vi­deo’s vir haar eie YouTu­be-ka­naal be­gin maak. “Jong, as ie­mand kom kui­er het, het ek hom ge­dwing om deel van ’n vi­deo te wees,” skerts sy. “Dit het my skoon uit­ge- f­re­ak as ’n vi­deo meer as 20 keer ge­kyk is. En as daar kri­tiek was, het dit my net aan­ge­spoor om be­ter te word.”

Ná ma­triek het sy vir ’n film­kur­sus by AFDA in­ge­skryf, maar teen Ju­nie 2017 het sy be­sef dis nie vir haar nie. “Ek het baie daar­oor ge­bid, en vir die He­re ge­vra om vir my iets le­git te gee om te doen as ’n te­ken dat ek die reg­te be­sluit ge­neem het.” Toe bel Bou­wer Bosch en vra of sy nie lus is om drie we­ke lank op die stel van T­hys en T­rix (waar­in hy en sy vrou Le­an­die du Randt Bosch die hoof­rol­le speel) te kom werk nie. Kort daar­na het Katinka ook ge­hoor sy is vir Sur­vi­vor ge­kies.

Het sy spe­si­aal vir die reeks voor­be­rei? “’n Mens kan nie eint­lik nie. Maar ek het wel voor die tyd gaan bun­gee jump om my so ’n bie­tjie uit my ge­mak­so­ne te kry.” En ver­der, spot sy, was haar e­nig­ste stra­te­gie om aan haar son­brand te werk.

Wat weet nie­mand van haar nie?

“Dat ek eint­lik ’n in­tro­vert is. Maar ek steek dit re­de­lik goed weg. Ek hou baie van men­se, maar is op my ge­luk­kig­ste wan­neer ek al­leen sit en re­di­geer. En ek is mal oor to­neel­speel, want dan is ek nie Katinka nie. Dan speel ek ’n rol.”

‘KA­TIN­KADIEKAT’ OOST­HUI­ZEN IS NIE NET ’N SO­SI­A­LE ME­DIA-STER EN YOU TUBE-SENSASIE NIE - SY IS GE­KIES OM AAN DIE SURVIVORREEKS DEEL TE NEEM - ÉN HET DIT OOR­LEEF!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.