Beeld van ’n vrou: El­len Pak­kies

El­len Pak­kies het be­kend ge­word as die La­ven­der Hill-ma wat haar tik­ver­slaaf­de seun ver­moor het. Maar van­dag werk sy ak­tief in haar ge­meen­skap om die eu­wel van dwelm­ver­sla­wing te pro­beer be­kamp

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CORLIA FOURIE

In 2007 het El­len Pak­kies van La­ven­der Hill in Kaap­stad hoof­op­skrif­te in die Suid-A­fri­kaan­se me­dia ge­haal. Dié lief­heb­ben­de, gods­diens­ti­ge ma het haar twin­tig­ja­ri­ge seun A­bie een og­gend ver­moor om­dat sy dwelm­af­hank­lik­heid haar le­we in hel ver­an­der het. Uit­ein­de­lik is ’n von­nis van drie jaar op­ge­skort en sy moes 280 dae ge­meen­skaps­diens doen.

Die El­len Pak­kies-ver­haal is nou ’n rol­prent – El­len, The El­len Pak­kies Sto­ry wat in Sep­tem­ber be­kend ge­stel is. Die ster­re is Jill Le­ven­berg ( Suid­oos­ter) as El­len en Jar­rid Ge­duld ( Black Sails) as A­bie Pak­kies.

Die aan­gry­pen­de Pak­kies-sto­rie was ook in 2011 op die ver­hoog te sien. Lizz Mei­ring het El­len se won­de des­tyds ook oop­ge­krap in My Naam is El­len Pak­kies, ’n dra­ma wat die ak­tri­se ge­skryf en op­ge­voer het. Vi­net­te E­bra­him, die moe­der­li­ke C­har­mai­ne Mein­tjies in 7de Laan, het die ti­tel­rol ge­speel en Chris­to Da­vids (wat die rol van Er­rol Pie­ter­se in 7de Laan ver­tolk) was A­bie.

Da­vids is in 2011 by die KKNK met ’n Kan­na-toe­ken­ning as bes­te ak­teur vir dié rol be­kroon.

EL­LEN EN A­BIE SE VER­HOU­DING

El­len Pak­kies, ’n ver­sor­ger van be­jaar­des, het ’n goeie ver­hou­ding met A­bie ge­had toe hy jon­ger was. Maar toe kom tik op die to­neel en soos wat dit in baie ge­sin­ne op die Kaap­se Vlak­te ge­beur, het die kind (of soms die ou­er) se dwelm­af­hank­lik­heid in­gry­pen­de ge­vol­ge op die ge­sin ge­had. El­len het al­les pro­beer om A­bie van tik af te kry, maar son­der suk­ses.

A­bie was as kind baie spor­tief en hy het on­der meer krie­ket en sok­ker ge­speel. Hy was nie ’n s­kaam seun nie en het goed met sy maats oor die weg ge­kom. Maar op 14 het hy geld be­gin steel en El­len het ge­weet iets groots is ver­keerd. Maar jy kan mos nie tik ruik nie.

Tik het A­bie heel­te­mal ver­an­der. Hy “het ’n mon­ster” ge­word.

Hy het so­veel ver­an­der dat El­len haar eie seun nie meer in die zom­bie-ag­ti­ge, klep­to­ma­nie­se mon­ster her­ken het nie. El­len en haar der­de man het hul huis el­ke dag ge­sluit voor­dat hul­le werk toe is, maar A­bie het dik­wels die ven­sters van die huis stuk­kend ge­slaan, in­ge­breek en geld en goed ge­steel. Hy het selfs die kle­re van die was­goed­lyn af ge­steel om vir tik­geld te ver­koop.

El­len het o­ral om hulp aan­ge­klop, ook by die po­li­sie, maar A­bie het vir hul­le ver­tel dat hy in­ge­breek het om­dat hy hon­ger was. El­len het vir die po­li­sie ge­sê dat dit nie sin maak nie om­dat A­bie by haar ka­mer in­ge­breek het en nie by die kom­buis nie.

A­bie was so baie in die hof dat El­len la­ter die land­dros om hulp ge­vra het. Maar ná feit­lik el­ke hof­ver­sky­ning is hy by­na da­de­lik weer vry­ge­laat, soms son­der dat El­len vir hom borg be­taal het.

El­len het A­bie la­ter in ’n hok­kie ag­ter die huis laat bly so­dat hy nie goed uit die huis kon weg­dra nie, maar nie eens sul­ke in­gry­pen­de maat­re­ëls het ge­help nie. Hy het dood­een­vou­dig in­ge­breek. S­nags kon sy nie slaap nie om­dat A­bie in die ag­ter­plaas py­pe, me­ters en kra­ne ge­steel het – daar was voort­du­rend vreem­de ge­lui­de in die ag­ter­plaas.

’n K­li­nie­se siel­kun­di­ge, Mar­tin Yo­dai­ken, skryf in sy ver­slag wat in El­len se ver­hoor in die Wyn­berg-streeks­hof voor­ge­lees is, dat El­len haar van haar seun se dood dis­tan­si­eer. Sy hou haar e­mo­si­o­neel op ’n af­stand, hoe­wel sy heel­te­mal daar­toe in staat is om e­mo­sies uit te druk. “Dit is my me­ning dat dit ’n ver­de­di­gen­de re­ak­sie teen die ver­skrik­king van die moord is.”

Vol­gens die siel­kun­di­ge was daar in El­len se per­soon­lik­heid twee re­ak­sies so­ver dit A­bie aan­gaan: die lief­heb­ben­de ma en die mis­han­del­de vrou. Die lief­heb­ben­de ma het die he­le duur van A­bie se tik­ver­sla­wing be­sker­mend en ver­sor­gend teen­oor hom op­ge­tree. Dit was die “mis­han­del­de vrou” in haar wat hom dood­ge­maak het.

A­bie het El­len fi­siek en e­mo­si­o­neel mis­han­del - eint­lik is sy is van kleins af mis­han­del en la­ter het sy ver­hou­dings aan­ge­knoop met mans wat haar mis­han­del het. Uit­ein­de­lik is sy ook deur haar seun mis­han­del. Vol­gens Yo­dai­ken was daar ’n klomp e­mo­sies wat in ’n druk­pot be­land het tot­dat dit ont­plof het met die moord op haar seun – ’n moord wat spon­taan ge­pleeg is.

WAT HET DAAR­DIE VREES­LI­KE NAG GE­BEUR?

El­len kon daar­die nag nie slaap nie. Die vo­ri­ge dag het sy die staal­deur oop­ge­sluit so­dat A­bie vir hom ’n toe­brood­jie kon maak. Sy het ge­dog sy het haar slaap­ka­mer toe­ge­sluit, maar toe sy weer sien, het hy twee sak­ke kle­re (nie haar eie nie) ge­steel. Toe sy daar­die og­gend hoor hoe A­bie oor die ag­ter­ste muur spring om by sy hok­kie in die ag­ter­plaas te kom, het sy op­ge­staan om­dat sy vir die so­veel­ste keer met hom oor sy tik­pro­bleem wou praat.

Toe sy in die “hok­kie” kom, het hy be­dwelmd op die vloer ge­lê. Sy het ge­vra: “Waar­om lê jy op die vloer as jy ’n bed het?” Hy het nie ge­ant­woord nie, maar haar moe­der­lik­heid het ge­praat en sy het be­sluit om vir hom tee te maak. Dit was koud, het sy la­ter ver­dui­de­lik, en sy het nie ge­weet of hy die he­le nag op straat was nie. Hy het net “mmm” ge­ant­woord en sy het kom­buis toe ge­gaan - tee ge­maak met drie le­pels sui­ker en melk – nes hy daar­van hou.

Hy nie ge­re­a­geer toe sy die tee langs sy bed neer­sit nie en sy is te­rug huis toe om haar man, Od­niel Pak­kies, wat op pad werk toe was, te groet.

Sy is daar­na na die slaap­ka­mer in die huis waar A­bie ge­bly het voor hy aan tik ver­slaaf was. Sy ka­mer was eens op ’n tyd vol le­we: in­spi­re­ren­de plak­ka­te, sok­ker­bal­le, krie­ket­kol­we en ban­de van hom en sy rap­vrien­de. Al wat daar­van oor was, was ’n stuk­ken­de re­ke­naar, ’n TV, ’n bank en ’n tou op die les­se­naar.

Die tou was nie dik­ker as ’n vol­was­se­ne se mid­del­vin­ger nie, maar sterk ge­noeg om ’n mo­tor te kon trek. Sy het die tou op­ge­tel.

TIK HET A­BIE HEEL­TE­MAL VER­AN­DER. HY ‘HET ’N MON­STER’ GE­WORD

Sy het nie ge­weet wat sy met die tou wou doen nie, maar sy het dit saam­ge­neem na A­bie se hok­kie in die ag­ter­plaas. Hy het in daar­die sta­di­um op sy bed ge­lê en slaap - die tee nog on­aan­ge­raak. Hoe­wel daar niks in haar kop was nie, was sy tog be­wus van haar seun in die drie me­ter by twee me­ter hok­kie. Die mees­te van sy te­ke­nin­ge, mu­siek­ban­de en sy kle­re is ver­koop. Al wat oor was, was ’n bed, ’n ta­fel, vier staal­mu­re en ’n ver­skrik­li­ke stank – A­bie het dae lank nie ge­was nie.

Toe sy so na hom staan en kyk, het sy ge­dink aan die ou­li­ke kleu­ter en die spor­tie­we kind van vroe­ër wat in­tus­sen in ’n mon­ster ver­an­der het. Sy het steeds die tou in haar hand ge­had. Sy het dit in ’n strop ge­bind. Net toe sy ge­noeg moed by­me­kaar ge­skraap het om die tou om sy nek te sit, het hy wak­ker ge­word. Hy het da­de­lik be­sef wat sy be­sig was om te doen. Hy het ge­veg, ’n plank van die vloer af ge­gryp, haar ge­vloek, maar kon haar nie by­kom waar sy by die voe­ten­ent ge­staan het nie.

Sy het ge­sê: “A­bie, moe­nie my vloek nie. Sit die plank neer, ek wil net met jou praat.”

Soos so baie ke­re te­vo­re, het sy hom ge­vra: “A­bie, waar­om waar­deer jy nie wat ek vir jou doen nie?” En: “Wan­neer gaan jy op­hou om tik te ge­bruik?”

Toe A­bie sê hy gaan op­hou om tik te ge­bruik, soos so­veel ke­re te­vo­re, het sy die tou sty­wer ge­trek. Die tou het haar han­de ge­sny, maar sy het dit nog sty­wer ge­trek. Sy het die tou aan die bed­styl vas­ge­maak en ge­bid: “He­re, ver­geef my vir wat ek ge­doen het.”

Sy het nog ’n ruk­kie daar ge­staan en hom dop­ge­hou. Daar­na het sy haar werk­kle­re gaan aan­trek. Voor sy werk toe is, het sy weer na hom gaan kyk om­dat dit ge­lyk het as­of hy slaap. Hy was so kalm en rus­tig.

Die dap­per El­len Pak­kies het dié tra­ge­die ver­werk deur in haar ge­meen­skap ’n ver­skil te maak en waar sy kan, men­se met haar sto­rie te help. Maar daar is on­ge­luk­kig nog baie huis­ge­sin­ne op die Kaap­se Vlak­te wat in die hel van dwelm­ver­sla­wing vas­ge­vang is.

El­len gee nie moed op nie. Een van haar jong­ste pro­jek­te is ’n spe­si­a­le verf­pro­jek om nu­we hoop en le­we in die arm ge­meen­skap­pe op die Kaap­se Vlak­te te skep. ’n SuidA­fri­kaan­se verfreus het vier dui­send li­ter verf vir die pro­jek ge­skenk en ook twin­tig werk­lo­se jong­men­se op­ge­lei om met die verf te werk.

EL­LEN PAK­KIES VAN LA­VEN­DER HILL IN KAAP­STAD. HAAR AAN­GRY­PEN­DE VER­HAAL WORD NOU WEER VER­TEL IN 'N ROL­PRENT, EL­LEN, THE EL­LEN PAK­KIES STO­RY.

BO: EL­LEN PAK­KIES (LINKS) EN JILL LE­VEN­BERG WAT DIE NAAM­ROL SPEEL IN EL­LEN: THE EL­LEN PAK­KIES STO­RY. REGS: JAR­RID GE­DULD VER­TOLK DIE ROL VAN A­BIE. AN­DER FO­TO'S: TO­NE­LE UIT DIE FLIEK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.