Ek was daar toe sy dood is

Het jy al langs ie­mand wat jy lief­het se sterf­bed ge­staan en só eer­ste­hands met die dood ken­nis ge­maak?

Rooi Rose - - INHOUD - Deur MARIETTE SNY­MAN

kaars vier ge­slag­te te­rug het die dood nog ge­reeld ons hui­se bin­ne­ge­kom. Nie op TV-skerms nie, maar in “le­wen­de ly­we”. Hier is ba­bas des­tyds ge­bo­re en hier het ou­er of siek men­se die laas­te a­sem uit­ge­blaas. Dit was deel van die na­tuur­li­ke kring­loop van kom en gaan.

Van­dag is dit an­ders. Baie men­se wat in ’n hos­pi­taal, hos­pies of ou­e­te­huis be­han­del of ver­sorg word, sterf ook in hier­die om­ge­wing. Weens die vin­ni­ge pas van die le­we is hul ge­lief­des nie al­tyd daar wan­neer dit ge­beur nie.

“Hoe ver­der die dood van die huis af skuif, hoe meer kli­nies en on­per­soon­lik kan dit raak,” sê Al­ta Ben­ce, be­stuur­der van psi­go-so­si­a­le steun­diens­te by die CHOC C­hild­hood Can­cer Foundation SA. Al­ta werk reeds 29 jaar in die me­die­se maat­skap­li­ke veld.

“Om­dat die dood dik­wels bui­te ons er­va­rings­veld val, vul dit ons met angs en het dit ’n ta­boe on­der­werp ge­word. Die o­nus val op me­di­ci om le­wens te red, en wan­neer die po­ging mis­luk, be­tree ons on­be­ken­de ter­rein. Dit lei tot on­be­hol­pen­heid en angs­tig­heid, ver­al langs ’n sterf­bed. Dit kan so an­ders wees.”

WAT­TER IN­SIG­TE KAN ONS HELP?

Jou bloot­stel­ling aan die dood, ver­al as kind, be­paal hoe jy daar­mee om­gaan. Som­mi­ge kin­ders wat ’n ge­lief­de se dood be­leef, word be­ge­lei deur ’n vol­was­se­ne wat hul­le kan ver­trou - ie­mand wat hul­le ge­rus­stel en hul vrae eer­lik be­ant­woord. Daar­teen­oor be­leef an­der kin­ders of vol­was­se­nes ’n sterf­ge­val in ’n va­kuum, son­der sin­vol­le kom­mu­ni­ka­sie. Hul­le kon dalk nie die ster­wen­de groet nie, voel skul­dig oor die per­soon se dood, of moet ‘sterk’ wees en voel hul­le mag nie rou nie. Al­mal om ’n sterf­bed, ook die me­die­se per­so­neel­le­de, se be­na­de­ring word deur hul kul­tu­re­le ag­ter­grond en vo­ri­ge er­va­rings in­ge­kleur.”

’N STER­WEN­DE HOU SOMS TER WIL­LE VAN GE­LIEF­DES AAN DIE LE­WE VAS

WOND­BAAR­HEID

Hoe­wel dit bit­ter moei­lik kan wees, lê jou krag juis daar­in om jou kwets­baar­heid toe te laat om na vo­re te kom. Ons on­ge­mak met die dood ver­oor­saak soms dat ons ons ge­voe­lens ver­swyg om die ster­wen­de nie te ont­stel nie, of om ons­self te be­skerm, maar dit lei net tot i­so­la­sie – van al­mal wat be­trok­ke is.

“Dis nor­maal dat ons e­mo­sies wis­sel: ons lag, huil, roep her­in­ne­rin­ge op, of ska­kel oor na sa­ke­mo­dus om re­ë­lings te tref.

Die ge­heim is om dáár te wees in el­ke oom­blik. Deel jou ge­voe­lens met die ster­wen­de; eer­lik­heid skep na­by­heid. Maar ver­dui­de­lik ook dat sy nie die pro­bleem is nie. Die pro­bleem is die leem­te wat sy gaan laat. Ver­se­ker haar dat jy ou­kei gaan wees.

“In­dien daar iets is wat tus­sen jul­le staan, is dit nou die tyd om te ver­ge­we of ver­ge­we te word. O­n­af­ge­han­del­de sa­ke maak dit moei­li­ker vir die een wat sterf én die een wat dit ag­ter­na saam­dra.

“Waak daar­teen om aan te dring op me­die­se in­gre­pe om­dat jy jou ge­lief­de tot el­ke prys wil be­hou. ’n Ster­wen­de hou soms ter wil­le van die om­stan­ders aan die le­we vas, en het ‘toe­stem­ming’ no­dig om te gaan. Stel jou met ’n oop hart op die per­soon in, ook in­dien hul­le in sim­bo­lie­se taal oor hul na­de­ren­de dood praat.

“Wan­neer ie­mand se ein­de op han­de is, is let­ting go ’n kern­te­ma. Dié wat ag­ter­bly, ver­loor hul ver­hou­ding met die per­soon en die wê­reld wat hul­le ge­deel het, maar die ster­wen­de ver­loor ál haar ver­hou­dings en haar gan­se aard­se werk­lik­heid. ’n Pa­si­ënt wat by­voor­beeld skie­lik met ’n am­bu­lans hos­pi­taal toe ge­neem is en nie weer na haar tuis­te kan te­rug­keer nie, kan ge­help word om af­skeid te neem. Saam kan jul­le in jul ge­dag­tes deur haar huis ‘stap’ so­dat sy el­ke ka­mer en haar ge­lief­de be­sit­tings kan groet. Sy kan haar ook die reis na die hos­pi­taal in vrien­de se mo­tor ver­beel en vir ou­laas by mooi plek­ke aan­doen.

“Vir ie­mand wat sterf, trek die af­skeids­kring al klei­ner, tot­dat sy uit­ein­de­lik haar eie lig­gaam moet groet. Ons sou haar kon be­ge­lei om dan­kie sê vir haar voe­te wat haar na so­veel plek­ke ge­dra het, haar arms wat so­veel men­se om­hels het, en so meer. Laas­tens kan ons haar help om haar op die hier­na­maals in te stel, na­tuur­lik vol­gens haar ge­loofs­oor­tui­gings. Een jong vrou wou hê ek en sy moes vir Je­sus vra om ge­reed te staan om haar siel te ont­vang.”

DIE FI­SIE­KE PRO­SES

Daar is te­kens dat ie­mand hul ein­de na­der, maar soms verg dit ’n ge­oe­fen­de oog om dit raak te sien,” sê Al­ta. “Dit kal­meer die ster­wen­de én die om­stan­ders wan­neer hul­le be­gryp die lig­gaam volg ’n na­tuur­li­ke pro­ses as voor­be­rei­ding om die siel te laat gaan. ’n Nut­ti­ge me­ta­foor wat die ver­loop hier­van kan toe­lig, be­hels die vier e­le­men­te wat ons al­mal goed ken: grond, wa­ter, vuur en lug.

Grond ( e­arth) sim­bo­li­seer ons le­wens­krag en word ge­kop­pel aan ons vlees en been­de­re. Na­ma­te hier­die e­le­ment “ont­trek”, word ons gou­er moeg en ver­min­der ons sta­mi­na en en­toe­si­as­me. Ons kan ge­wig ver­loor, of ’n been breek. Dis toe­ne­mend moei­lik

om te loop, te sit of selfs ons oë oop te hou. Teen die ein­de voel ons mis­kien ver­lo­re en wil ons nie lank al­leen ge­laat word nie. Ons kan ’n vrees vir die stil­te of die don­ker ont­wik­kel.

Wa­ter hou met bloed­toe­voer en lig­gaams­vloei­stow­we ver­band. Daar is by­voor­beeld de­hi­dra­sie, of blaas­be­heer kan in­gee. Vuur ver­teen­woor­dig die lig­gaam se be­lang­rik­ste or­ga­ne.

Soms is daar dra­ma­tie­se tem­pe­ra­tuur­ver­an­de­rings, soos ’n hoë koors of koue le­de­ma­te.

Die lip­pe en mond word droog en die neus kan bloei. Die reuk­sin­tuig kan op­hou funk­si­o­neer.

“Vuur” dui op ’n ster­wen­de se vi­sie: sig en pe­ri­fe­ra­le vi­sie neem

DIE DOOD HOEF NIE ’N VER­SKRIK­KING TE WEES NIE

af, maar die per­soon kan ook di­men­sies waar­neem wat vir die om­stan­ders on­sig­baar is. Sy kry dalk vi­si­oe­ne of ver­tel dat ’n oor­le­de­ne teen­woor­dig is.

Een al­ge­me­ne simp­toom van die vuur­fa­se is rus­te­loos­heid. Die ster­wen­de dis­tan­si­eer haar van die fi­sie­ke wê­reld, en kan tus­sen hel­der­heid en ver­war­ring fluk­tu­eer. Soms kom daar skie­lik be­rus­ting.

Lug ( air) is die laas­te e­le­ment wat die lig­gaam ver­laat. Dit word met le­wens­a­sem, die siel, kom­mu­ni­ka­sie, wys­heid en die ver­stand ver­bind. Dis ge­kop­pel aan die ge­hoor, aan­ra­king en die lon­ge. Die a­sem­ha­ling kan swaar, vin­nig en vlak of on­re­ël­ma­tig raak, of in ’n doods­rog­gel ver­an­der. Die oë kan boon­toe rol of toe wees.

In die ver­le­de, toe Al­ta dik­wels by ter­mi­naal siek pa­si­ën­te be­trok­ke was, het sy ’n ri­tu­eel ge­had “wan­neer dit ge­lyk het of een van hul­le sou sterf ter­wyl ek van diens sou wees. Ek het in­ner­lik, in stil­te, af­skeid gaan neem. In­dien ie­mand on­ver­wags sou sterf, het ek die vol­gen­de dag die lig­gaam gaan groet.

“Dis my droom dat ons sal leer om die dood as deel van die le­we te sien en om mak­lik daar­oor te praat, ver­al met ons kin­ders. Dit hoef nie ’n ver­skrik­king te wees nie. By ’n sterf­bed staan jy op hei­li­ge grond. Om daar te mag wees, is ’n voor­reg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.