Ag­ter­stoep: Na­dia de Kock

Sy waar­deer die ge­moeds­rus wat U­ber bring en dan leer sy boon­op heel­wat meer van die men­se van A­fri­ka en hul dro­me en ver­wag­tings, skryf NA­DIA DE KOCK

Rooi Rose - - INHOUD -

Ek ry saam met ’n fyn­sin­ni­ge man van Dur­ban deur B­rix­ton se hoof­straat na my werk­plek in die mid­de­stad. Hy het die vrou in die ma­sjien, sy GPS-stem, Va­nes­sa ge­doop. Sy is van­mid­dag die e­nig­ste be­daar­de stem in die mo­tor, ek en die Dur­ba­niet praat haar skoon dood. Hy ver­tel hoe hy en sy sus­sie fa­bel­ag­ti­ge rok­ke maak. Hy hou van die A-lyn (“very f­or­gi­ving, Su­gar!”) en is die fak­kel­dra­er vir hier­die styl in sy sus­sie se tuis­kan­toor cum a­tel­jee. Ons is gees­drif­tig, praat oor mo­de en vlei­en­de style en sien nie eens die rom­mel in die B­rix­ton­stra­te raak nie. Trou­ens, dit voel vir my as­of pienk ve­re­boa’s en ’n af­slaan­kap nie on­van­pas sal wees nie.

My mo­tor is in vir her­stel­werk en ná werk neem ’n Frans­spre­ken­de U­ber­be­stuur­der my huis toe. Dit is nie lank nie of die boor­ling van die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go draai sy sjar­me­kraan­tjies oop. Ek ver­tel hom van my on­lang­se be­soek aan Pa­rys en hy kom­pli­men­teer my met my fout­lo­se Fran­se uit­spraak: Nie­mand sal ooit ver­moed dat ek nie Frans­spre­kend is nie. Son­der ver­suim be­gin hy vir Ma­da­me ’n paar nu­we Fran­se woor­de leer. Hy kraai van die lag en klap en­toe­si­as­ties han­de wan­neer ek ’n woord kor­rek uit­spreek. Ons be­sluit daar en dan dat ons ’n vol­le dag in ver­skeie Jo­han­nes­burg­se re­stau­ran­te sal deur­bring as ek dalk weer een­dag Pa­rys toe gaan. Hier sal hy my be­hoor­lik tu­tor om be­stel­lings in fout­lo­se Frans te plaas. Sý GPS-vrou in die ma­sjien se naam is Na­ta­lie, met die klem op die laas­te let­ter­greep. C’est mag­ni­fi­que.

Dit is ’n goeie dag in die ver­keer saam met opgewekte en po­si­tie­we men­se. Naas die oog­lo­pen­de voor­de­le van die ge­bruik van ’n tax­i­diens soos U­ber, koes­ter ek die ge­leent­heid wat dit bied om met vreem­de­lin­ge, ge­wo­ne men­se soos ek en jy, te ge­sels.

’n Paar van hier­die in­spi­re­ren­de ont­moe­tings staan bo die an­der uit. Aan die ein­de van ver­le­de jaar ry ek saam met ’n jong man met le­wen­di­ge oë, skraal han­de en fyn vingers. Ek vra hom wat hy swot, want hy lyk soos ’n stu­dent. Nee, hy het klaar stu­deer, sê hy. S­ko­ne kuns­te. Hy is ’n beeld­hou­er en hy stel be­lang in hoe men­se van A­fri­ka met die spi­ri­tu­e­le wê­reld kom­mu­ni­keer. Vir die duur van die rit luis­ter ek na ’n wa­re

Ek luis­ter na die be­stuur­ders se ver­ha­le, hul­le na my­ne en ons sién me­kaar. Nie al­tyd nie, maar dik­wels

kuns­te­naar, word ek bloot­ge­stel aan ’n wê­reld waar­van ek niks weet nie en word ’n ge­wo­ne taxi-rit ’n ver­rui­men­de er­va­ring. Ná die tyd goo­gle ek hom: Hy het al ’n paar indrukwekkende pry­se met sy beeld­hou­werk los­ge­laan.

My heel eer­ste U­ber-rit was na ’n werk­par­ty­tjie in No­vem­ber 2014. Die be­stuur­der, ’n waar­di­ge ou­er man, het met ’n slap Mer­ce­des voor my huis stil­ge­hou, die deur ga­lant vir my oop­ge­hou en ge­sorg dat die mo­tor­ra­dio op Clas­sic FM in­ge­ska­kel is. Toe ons deur die Parks na Sand­ton ry, be­won­der ons die prag­ti­ge groot bo­me langs die pad. “I love trees.” Sy glim­lag trek lag­ploot­jies om sy oë. “Maar daar is heel­te­mal te min daar­van in So­we­to.” Hy ver­tel dat hy baie daar­van hou om in die re­ën te hard­loop. Sy vyf kin­ders het dit saam met hom ge­doen en van­dag sit hul­le die tra­di­sie met hul kin­ders voort. Vir die duur van die rit dink ek aan die klom­pie kin­ders en hul ou­ers, al lag­gen­de in die re­ën deur So­we­to se stra­te. Dié beeld het my hart nog lank daar­na ver­warm.

Soms gaan dit jo­lig in die mo­tors. An­der tye, soos met die kuns­te­naar en die boom­lief­heb­ber is daar ruim­te vir be­sin­ning. ’n In­druk ge­laat, ’n les ge­leer. Meer­ma­le gaan die in­druk ge­paard met ver­ba­sing dat jong men­se so wys kan wees.

Die jeugdige be­stuur­der met die be­a­nie wat my in Ja­nu­a­rie hos­pi­taal toe ge­neem het vir ’n knie­o­pe­ra­sie, ver­tel van ’n paar rit­te waar­ty­dens hy as a­ma­teur-te­ra­peut moes op­tree. Ek ver­staan waar­om men­se met hom oor hul pro­ble­me ge­sels, dit is gou dui­de­lik dat hy goed luis­ter en din­ge raak­sien. Toe ons voor die hos­pi­taal stil­hou, wens hy my voor­spoed toe. “Don’t stress.” Hy glim­lag in die tru­spie­ël­tjie.

Toe draai hy om en kyk na my: “You will be o­kay.” En ek het ge­re­ken ek steek my on­ge­mak met die voor­uit­sig van nar­ko­se goed weg.

Ek waar­deer die ge­moeds­rus wat

U­ber bring. Wan­neer daar ge­kui­er word, hoef ’n mens nie te skroom om ’n twee­de glas wyn te d­rink nie, jy weet jy én jou me­de­pad­ge­brui­kers is vei­li­ger. Ek pro­beer ook die bes­te maak van my tax­i­rit­te. Som­mi­ge men­se ver­kies om ag­ter te sit, maar ek k­lim eer­der voor in. Ek luis­ter na die be­stuur­ders se ver­ha­le, hul­le na my­ne en ons sién me­kaar. Nie al­tyd nie, maar dik­wels. Ge­noeg om tel­ke­ma­le op­nuut daar­aan her­in­ner te word dat al­le men­se min of meer die­self­de i­de­a­le koes­ter en deur die­self­de pro­ble­me in die ge­sig ge­staar word. Ge­noeg om van voor­af te glo dat ons ’n klom­pie vas­be­ra­de en ta­lent­vol­le men­se hier aan die suid­punt van A­fri­ka is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.