Die ak­tri­se met ’n kop vir be­sig­heid

Ag­ter die bor­re­len­de per­soon­lik­heid van die blon­de ak­tri­se Le­an­die du Randt Bosch, is ’n B.Com. (cum lau­de)-sa­ke­vrou wat die le­we op die har­de ma­nier vir haar­self ont­sy­fer het

Rooi Rose - - INHOUD - Deur BETTIE KEMP. Fo­to’s deur LE­A­NA CLU­NIES-ROSS FO­TO’S GE­NEEM BY THE STORER: 011 679 2962, THESTORER.CO

PRO­DUK­SIE: HAN­NE­LIE DIE­DE­RICKS; STI­LIS: KIM BE­RELL VAN THE FASHI­ON OF­FI­CE; HA­RE EN GRI­ME­RING: A­DEL­LE JUNG; NA­ELS: SOR­BET; PRO­DUK­SIE-AS­SIS­TENT: MELISSA-JADE MY­BURGH

Sy bruis oor die goeie nuus wat sy ge­kry het. Nee, sê die ak­tri­se Le­an­die du Randt Bosch, haar ka­rak­ter I­van­ka Gouws in die TV-se­pie Bin­ne­lan­ders gaan nie nou te­rug­keer nie. “My rol is eers op ys. Die ver­vaar­di­gers weet ek wil an­der din­ge ook doen,” ver­tel sy.

Ons moes dié on­der­houd juis oor daar­die “an­der din­ge” tot op die nip­per­tjie uit­stel. “Ek wag op nuus,” is al wat sy aan­vank­lik ge­heim­sin­nig ge­sê het. Maar toe die proe­ses­sie in die Kaap ver­by is, kon sy met groot op­ge­won­den­heid haar nuus aan­kon­dig: Haar eie wyn­reeks word uit­ge­reik.

Nes ’n trot­se, jong ma wat haar nu­we­ling vir die wê­reld wil wys, soek sy haas­tig deur haar sel­foon­fo­to’s na die nu­we e­ti­ket.

“Kyk,” sê sy, en wys na die bot­tel op die fo­to. “Dis ’n se­cret red blend. Se­cret, want ons wil die sa­me­stel­ling daar­van ge­heim hou. Her­ma­nuspie­ters­fon­tein-wy­ne se Wil­helm Pie­naar is die mees­ter­wyn­ma­ker. Daar gaan net dui­send bot­tels wees, dis ’n au­to­grap­hed col­lecti­on. Baie eks­klu­sief.”

Soos dit met nu­we­lin­ge gaan, het die wyn ’n naam en ’n ge­boor­te­jaar: Gra­te­ful, 2017-oes­jaar.

“Dis ’n DuRand­tBosch-wyn – ’n sa­me­voe­ging van my en my man, Bou­wer Bosch, se van­ne. As dit nie vir rooi­wyn was nie, sou ek nie al­ko­hol ge­bruik het nie,” bor­rel sy oor, en soek haas­tig na nog fo­to’s.

Die wyn­reeks is ook om haar der­tig­ste ver­jaars­dag van­jaar te vier. “Ja, dis ’n ce­le­bra­ti­on van die nu­we de­ka­de in my le­we,” sê sy lag­gend. “Ek voel al­tyd met ’n gla­sie rooi­wyn vier ek die le­we. Ek ce­le­bra­te al­les wat ek het en waar­voor ek lief is. Ek doen in­tro­spek­sie ter­wyl ek ’n glas wyn d­rink, want ek dink oor die dag, oor die week. En ek sê vir die He­re dan­kie vir al­les wat Hy in my le­we doen.”

Die “Gra­te­ful” op die wyn­bot­tel is deel van haar in­ge­steld­heid teen­oor die le­we. Dank­baar­heid. “Dis een­hon­derd per­sent die es­sen­ce van wie en wat ek is.”

Maar dis nie waar die wyn­kul­tuur vir haar op­hou nie. Sy ver­dui­de­lik die Chris­te­li­ke sim­bo­liek daar­van. “Kyk, dit gaan oor die bi­bli­cal en com­mu­nal me­a­ning be­hind it; die feit dat dit die He­re se eer­ste won­der­werk was; die feit dat ons dit ge­bruik by nag­maal. Maar be­lang­ri­ker: Ek het al so­veel keer ge­sien hoe men­se hul ver­skil­le oor ’n gla­sie wyn oor­brug. Dit bring hul­le by­me­kaar. Dis wat wyn vir my be­te­ken.”

Sy ge­sels teen ’n tem­po wat jou laat skar­rel om by te hou. Ons praat oor al­les wat sy in haar drie de­ka­des ver­mag het. Meer as an­der in ’n leef­tyd. Op so­veel ma­nie­re het die pu­bliek haar leer ken: deur flieks, mo­ti­ve­rings­praat­jies en TV-aan­bie­ding.

“Maar men­se her­ken my meest­al vir my rol in Bin­ne­lan­ders,” sê sy en ver­tel van ’n En­gels­man wat haar on­langs in ’n win­kel in Kaap­stad oor haar ka­rak­ter I­van­ka wou by­dam. “Ek is nog­al be­voor­reg, want men­se weet my naam is Le­an­die en nie I­van­ka nie, en dit is vir my be­lang­rik dat ek nie net ’n ka­rak­ter is nie maar ook ’n mens.”

Daar is oor­een­koms­te tus­sen haar en haar TV-ka­rak­ter. Al­bei is po­si­tie­we men­se en gee om vir an­der. “I­van­ka is taf. Ek leer baie by haar. Dis hoe­kom ek mal is daar­oor om die ka­rak­ter te speel, hoe­kom ek weet ek is nog nie klaar met haar nie.”

Daar’s ook ver­skil­le tus­sen haar en haar se­pie­ka­rak­ter. “I­van­ka het in ’n baie bro­ken hou­se­hold groot­ge­word. Maar om­dat sy taf is, styg sy bo haar om­stan­dig­he­de uit. Dis hoe­kom sy vir hier­die ou­er man gaan, sy kort die pap­pa­lief­de. Haar pa het hul­le ver­laat toe sy jonk was.”

In teen­stel­ling met I­van­ka het Le­an­die in ’n lief­de­vol­le pas­to­rie groot­ge­word. “Een van daar­die be­voor­reg­tes,” noem sy haar­self, “met ou­ers wat om­gee en wat baie mooi na my ge­kyk het.” Haar pa is steeds ’n do­mi­nee in die NG Kerk in Kemp­ton Park. Sy noem hom haar “hero”, haar al­les in haar le­we. Die groot les wat hy haar ge­leer het, was om al­tyd oop te wees vir an­der men­se se per­spek­tie­we. En om te luis­ter. “It may just chan­ge your mind, your li­fe.”

Hy’s een van drie mans in haar le­we. Naas hom is daar haar ou­er broer, Cor­né, ’n ho­ër­skool­loop­baan ou­er as sy. Sy seun­tjie is haar peet­kind en hy’t ook ’n rol in Bin­ne­lan­ders ge­speel – dié van haar ka­rak­ter I­van­ka se aan­ge­no­me kind. “Cor­né speel ’n on­ge­loof­li­ke be­lang­ri­ke rol in my le­we. Hy bring vir my kalm­te, hy’s my eer­li­ke klank­bord. Hy chal­len­ge my om die bes­te weer­ga­we van my­self te wees.”

En dan is daar Bou­wer, met wie sy in No­vem­ber 2015 ge­troud is. “Jy weet, as jy goeie nuus kry of daar­die sleg­te nuus … die eer­ste mens wat jy bel? Dit was al­tyd my pa. Maar die af­ge­lo­pe jaar het ek be­sef dit is nou my man. Ons bel me­kaar heel­dag. Ons deel al­les. Dit help in die tye wan­neer ons werk ons van me­kaar weg­neem. Ons het ’n rit­me wat vir ons werk. Soos wat ’n pot­te­bak­ker ’n pot maak, glo ek, het die He­re Bou­wer vir my ge­maak.

Sy ver­tel op haar u­nie­ke, e­ner­gie­ke ma­nier - met ge­ba­re en al - van die aand toe hul­le me­kaar die eer­ste keer ge­sien het. Dit was toe haar des­tyd­se kê­rel haar na haar eer­ste le­wen­de kon­sert toe ge­neem het: Kings of Le­on.

“En ek f­re­ak uit. Ek is in die gol­den ci­r­cle en ek jam en ek dans. En daar sien ek Bou­wer Bosch! Dit was cha­os, maar ek sien hom tus­sen al hier­die men­se. Ek was ’n fan van sy groep, S­traat­lig­kin­ders. My kê­rel het

geen i­dee ge­had wie dit is nie, want hy’s ’n Eu­ro­pe­ër en ken nie A­fri­kaan­se mu­siek nie. En tus­sen al daar­die men­se draai Bou­wer om, kyk reg­uit na my en waai vir my. Ek kon dit nie glo nie. Ek was so he­a­vy op­ge­won­de. En toe ek weer kyk, was hy weg. Daar­die oom­blik was vir my so beau­ti­ful!”

Drie maan­de la­ter het hul­le al­bei klein rol­le­tjies in die fliek Klein Ka­roo ge­speel. “Ons het baie tyd saam op stel deur­ge­bring,” ont­hou sy. “Ek en Bou­wer het ge­dink dis net ’n pla­to­nie­se vriend­skap. Ons het bud­dies ge­word. Maar ek weet ek het vir die He­re ge­vra: ‘Hoe­kom hou ek so baie van die ou­tjie?’ So het dit aan­ge­hou, twee jaar lank. Ons was dik tjom­mas.”

Die dag voor Bou­wer se der­tig­ste ver­jaars­dag het sy hom vir mid­dag­e­te uit­ge­neem so­dat sy bes­te vriend ’n ver­ras­sings­par­ty­tjie vir hom kon reg­kry.

“Dit was Maart 2014,” ont­hou sy. “En toe, voor ons eet, vat Bou­wer my hand en ter­wyl hy bid, bars ek in tra­ne uit. Toe hou hy op met bid en sê: ‘ Wat is dit, doen ek iets ver­keerd?’ Toe sê ek: ‘Bou­wer, ek is in die moei­lik­heid. Ek is ver­lief op jou.’”

Haar pa het ge­weet sy dog­ter het haar trou­man ge­kry. “Met al my vo­ri­ge kê­rels het ek al­tyd na hom toe ge­gaan en raad ge­vra. Maar dié slag het ek hom net vir ete ge­nooi en ge­sê: ‘Pa, ek weet met wie ek gaan trou.’ Toe high fi­ve hy my da­de­lik. Ek sal dit nooit ver­geet nie.

“As ek ’n man moes wees, sou ek soos Bou­wer wou wees,” sê sy, vol be­won­de­ring vir hom. “Ek sal hom lie­wer na ’n la­nie re­stau­rant toe neem en in sy oë kyk as om voor die kos­pot­te te staan en vir ons te kook,” sê sy lag­gend. “Hy in­spi­reer my. Ek het al so baie by hom ge­leer.”

Hy was ook die een met wie sy kon praat ná ’n be­soek aan haar ma, wat toe reeds ses jaar aan Al­z­hei­mer­siek­te ge­ly het. Dit was in 2014, die groot jaar in haar le­we, met suk­ses­se, te­leur­stel­lings en groot hart­seer.

“Ons het nie­mand bui­ten die fa­mi­lie by haar toe­ge­laat nie, maar Bou­wer wou haar graag ont­moet en ek het dit ge­re­ël. Sy is vyf dae daar­na oor­le­de.” In dié tyd het sy ook ge­werk aan S­trict­ly Co­me Dan­cing en by Bin­ne­lan­ders be­gin. ’n Be­si­ge en e­mo­si­o­ne­le tyd. “My ma was maar 58. Dit was ’n aak­li­ge jour­ney.”

Sy dink nie sy sou haar mo­ti­ve­rings­praat­jies van die af­ge­lo­pe drie jaar kon doen as dit nie vir haar ma se siek­te was nie.

“’n Groot deel van my ka­rak­ter en uit­hou­ver­moë het van daar­die ver­lies in my le­we ge­kom. Ek moes my­self ver­ge­we vir die ja­re wat ek ver­mors het deur le­lik met my ma te wees. Ek was ’n op­stan­di­ge tie­ner. Maar nou kan ek daar­die bood­skap ge­bruik el­ke keer wan­neer ek met jong mei­sies praat. Ek sê hul­le moet die plek­ke kry wat hul­le kan oor­brug. Fo­kus op die din­ge waar­voor jy dank­baar kan wees, soos dat jou ma nog daar is. So­dra ’n mens daar­op be­gin fo­kus, ge­nees ’n ver­hou­ding. Jy kies om die bes­te in an­der raak te sien.”

Sy praat met ’n wys­heid en in­sig wat ’n mens ver­ras. Dis dui­de­lik sy’t dit van­te­vo­re voor ge­ho­re ge­doen, en met die oor­tui­ging van ie­mand wat daar­deur is.

Sy noem haar praat­jie #NoO­neCanBe­a­tYouA­tBeingYou. “Dit gaan eint­lik oor die ver­hou­ding met jou­self,” ver­dui­de­lik sy, “want ek glo as die ver­hou­ding met jou­self bro­ken is, is daar geen kans vir an­der ver­hou­dings in jou le­we om suk­ses­vol te wees nie. Ver­al om­dat ons so ge­bom­bar­deer word deur so­si­a­le me­dia oor hoe ons moet wees, hoe ons moet aan­trek en leef. Ek móét op dié ou­der­dom so­veel kin­ders hê, ek móét, ek móét ... as ek nie so­veel weeg nie … Dis hoe­kom mei­sies ’n self-beeld­pro­bleem het pleks van te ce­le­bra­te wie hul­le is. Bring el­ke dag tyd met jou­self deur, maak tyd vir in­tro­spek­sie. Ek wil hê mei­sies moet op­hou om hul­le met an­der te ver­ge­lyk, want nie­mand, nie­mand, nie­mand is jy nie,” be­na­druk sy. “En dít is jou po­wer. (Sy noem haar 2019-praat­jie #Ver­staan­Me­kaar.)

“Dis mos in my boek ook,” her­in­ner sy my: Ge­mak­lik in jou Lyf. “Dit het kort hoof­stuk­ke wat jy vir 21 dae een vir een kan lees. Daar’s 21 hoof­stuk­ke, want dit vat 21 dae om ’n nu­we ge­woon­te te vorm. So, ek wil jou in die ge­woon­te kry om tyd met jou­self en met die He­re deur te bring, el­ke lie­we dag. Al is dit net vyf mi­nu­te. Dink aan die goed wat jy gaan doen, vra die He­re om dit te bless, vra Hom om jou kalm te maak vir die dag. En noem weer saans voor jy gaan slaap die goed op waar­voor jy dank­baar is. Dit skep ruim­te vir ge­ne­sing. An­ders word jy dié mens wat heel­tyd mo­an, wat jou­self heel­tyd jam­mer kry, wat die victim speel, on­ver­ge­noegd is. Daar’s geen ruim­te vir groei of vir ex­cel­len­ce nie en die He­re het jou ge­maak om ex­cel­lent te wees.”

Al klink dit of sy al­les be­reik het, wil sy graag nog in in­ter­na­si­o­na­le reek­se en flieks speel. En haar kle­re­reeks, S­koon­ma, uit­brei. Dis op­ge­dra aan haar ma en s­koon­ma wat haar be­mag­tig het om hier­die droom van haar te be­waar­heid. “Ek wil dit ver­dub­bel, nóg werk skep. Ek het hier­die beeld van ’n fac­to­ry langs die highway met 35 se­am­stres­ses. Dis my vi­si­on. Ek wil nóg be­sig­he­de be­gin.”

En sy is op­ge­won­de om­dat sy van­jaar der­tig ge­word het. “Ek het deur ’n tyd ge­gaan waar ek glad nie wou oud word nie. Ek het ge­sê ek word vir die vyf­de keer 21, vir die ses­de keer 21 … Maar van­jaar het ek nie ge­sê ek word vir die ne­gen­de keer 21 nie. Ek het ge­sê: Ek word der­tig. Ek sien dit nie as oud nie. Ek luv waar ek nou is met my­self.” Sy kry weer spoed. “Sien, ek hoef nie meer ’n pe­op­le ple­a­ser te wees nie. Ek het baie rus­tig­heid. Ek pro­beer om die lyn­tjies op my ge­sig te em­bra­ce. Dis tog nie waar­oor die le­we gaan nie, dis die jour­ney. En ek glo ek het nog baie om te leer. Die groot ding is, ek voel ek het rê­rig so­veel goed ge­doen wat ek nooit ge­dink het ek ooit sou doen nie. En daar­voor is ek dank­baar.”

• Be­stel­lings vir Gra­te­ful-wyn: www.s­koon­ma.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.