Skei of bly? Kan ’n kri­sis jul­le na­der aan me­kaar bring?

Is dit die pyn­li­ke rug­steek van ’n af­fair, of die een­saam­heid en i­so­la­sie van ’n e­mo­sie­lo­se ver­hou­ding? Hoe ook al, on­min in die hu­we­lik kan jou le­we gal­bit­ter maak. Tog sê te­ra­peu­te ’n kri­sis is ’n nood­kreet wat jou hu­we­lik ster­ker en ge­luk­ki­ger kan maak

Rooi Rose - - INHOUD - Deur ANET SCHOEMAN

Dis al­tyd die moei­te werd om ’n hu­we­lik te pro­beer red, sê Ko­bus van der Mer­we van I­ma­go-ver­hou­dings­te­ra­pie in P­re­to­ria. Maar ’n bos blom­me, of ’n op­per­vlak­ki­ge ge­sprek is bloot ’n pleis­ter op ’n die­per seer. Hy sê men­se wat die kri­sis suk­ses­vol aan­pak, skep groei in die ver­hou­ding en kan ag­ter­na 300 - 400 per­sent ge­luk­ki­ger in die ver­hou­ding wees en ’n sterk ge­voel van in­ti­mi­teit er­vaar.

“Die groot pro­bleem is dat men­se nie die vaar­dig­he­de het om die kri­sis op te los nie. Selfs men­se wat met ver­sla­wings, of drei­ge­men­te van self­moord en eg­skei­dings wor­stel, kan dit te bo­we kom wan­neer hul­le gaan sit en met die reg­te lei­ding met me­kaar in ge­sprek tree.”

Hy meen dat men­se wat nie bin­ne ses we­ke die kri­sis met o­pen­li­ke ge­sprek­ke af­ge­weer het nie, liefs ’n be­ra­der moet gaan spreek.

Ons ver­wag van­dag meer van ’n ver­hou­ding as vo­ri­ge ge­slag­te, sê Gail Wro­ge­man, ’n ge­sins­te­ra­peut van Jo­han­nes­burg. Des­tyds was die doel van ’n hu­we­lik meest­al sta­tus, kin­ders en se­ku­ri­teit.

“Rol­le het ver­an­der en nou vra men­se bui­ten lief­de ook vriend­skap en pret en dat hul­le saam in die ver­hou­ding groei. Hul­le be­vraag­te­ken die ver­bin­te­nis wan­neer dit nie ver­vul­ling bring nie. Baie kin­ders kom uit en­kel­ou­er-huis­hou­dings

waar hul­le nie twee rol­mo­del­le het vir die skep van ’n ge­luk­ki­ge ver­hou­ding nie. Dis la­ter vir hul­le soms ver­war­rend om te weet wat hul rol in ’n vol­was­se ver­hou­ding is.”

Hu­we­li­ke was eeue ge­le­de dik­wels blo­te “sa­ke­tran­sak­sies” waar­deur na­bu­ri­ge pla­se saam­ge­voeg is, of waar een fa­mi­lie se ryk­dom die an­der uit ’n ver­knor­sing ge­help het. Om ter wil­le van die lief­de te trou was toe eint­lik on­denk­baar. Daar was an­der struk­tu­re wat be­heer oor men­se se ge­luk ge­had het, soos die kerk of die land­heer.

Nou is ons in be­heer van ons ge­luk en keu­se van le­wens­maats, maar ons het nie nood­wen­dig die ken­nis om die hu­we­lik te laat slaag nie. In die vo­ri­ge be­de­ling was ver­liefd­heid iets wat in ’n skelm ver­hou­ding ge­beur het en dit was nie no­dig om so ’n ver­hou­ding in sy vol­heid te ves­tig en aan die gang te hou nie. Dees­dae be­skou ons lief­de as die weg­spring­blok­ke vir ’n hu­we­lik en kies ons heel an­der le­wens­maats.

Ko­bus ver­dui­de­lik dat ver­liefd­heid nie be­wus­te­lik ge­kies word nie. “Dis jou on­be­wus­te wat jou knieë skie­lik lam maak wan­neer jy ver­lief raak. Jy het met ’n heel an­der di­na­miek te ma­ke wan­neer jy met die on­be­wus­te werk. Die on­be­wus­te stel nie daar­in be­lang om ie­mand te kies wat jou ge­luk­kig gaan maak nie. Vol­gens die I­ma­go-be­na­de­ring is dit eer­der ie­mand wat jou gaan help om die vol­le uit­druk­king van jou­self moont­lik te maak.”

’N GE­JAAG­DE LE­WE

Die prak­tie­se as­pek­te van die le­we plaas heel­wat span­ning op paar­tjies: kin­ders moet by sko­le, bui­te­muur­se be­dry­wig­he­de en ma­ters af­ge­laai word; daar is kos­maak, skoon­maak en huis­hou … As al­bei werk, moet hier­die ta­ke ver­deel word, an­ders bou wrok­kig­heid op.

Twee ge­slag­te ge­le­de het paar­tjies me­kaar no­dig ge­had om op ’n prak­tie­se en fi­nan­si­ë­le vlak te oor­leef, sê Gail. “Dit het hul­le by­me­kaar ge­hou. Eie­tyd­se ge­ne­ra­sies het veel meer ge­leent­he­de om ’n ver­vul­de hu­we­lik te hê, maar ook veel meer ge­leent­he­de om me­kaar te ver­laat. Die vraag is nie óf jul­le uit­me­kaar gaan groei nie, dis eer­der wán­neer dit gaan ge­beur. Dis be­lang­rik om din­ge saam te doen en er­va­rings te deel.

Daar is ’n fyn ba­lans tus­sen al­les al­leen doen en die hu­we­lik in­te­res­sant hou, en die deel van din­ge so­dat jul­le iets ge­meen het.”

VER­HOU­DINGS VERG WERK

Soms kan ’n goeie, o­pen­li­ke ge­sprek die lug sui­wer en dit moont­lik maak om jou be­hoef­tes aan jou maat te ver­dui­de­lik. Wan­neer dit nie werk nie, moet jul­le die hulp van ’n fa­si­li­teer­der in­roep, soos ’n be­ra­der wat die ge­sprek lei om ’n vrug­ba­re uit­koms te ver­se­ker. Gail sê paar­tjies ver­keer soms on­der die wan­in­druk dat ’n hu­we­lik ’n spro­kie moet wees waar­in al­mal al­tyd ge­luk­kig is. “Ver­hou­dings is iets waar­aan jy kon­stant moet werk om se­ker te maak dat dit ge­sond bly, maar ook kan aan­pas by die ver­an­de­ren­de be­hoef­tes van ’n ven­noot­skap tus­sen twee men­se.

“Dis be­lang­rik om voor die tyd se­ker te maak dat jul­le die­self­de ver­wag­tings van die ver­hou­ding het. Soms stel ons te hoë ei­se aan ’n ver­hou­ding en ver­wag dat ’n ge­lief­de op al­le vlak­ke in ons be­hoef­tes moet voor­sien, ter­wyl vrien­de en fa­mi­lie hier­die rol­le ewe goed kan ver­vul.”

VER­SKIL­LEN­DE BE­NA­DE­RINGS VIR TE­RA­PIE

Hu­we­liks­be­ra­ders on­der­skei hoof­saak­lik tus­sen twee be­na­de­rings tot ver­hou­dings­te­ra­pie. In die in­di­vi­du­e­le be­na­de­ring word ’n ver­hou­ding ge­sien as die toe­val­li­ge bot­sing tus­sen twee in­di­vi­due en jy jou eers op ’n gees­te­li­ke vlak ge­sond moet maak voor jy ’n ver­hou­ding kan red.

Die twee­de be­na­de­ring is die Jung-ge­gron­de be­na­de­ring wat glo dat dit ’n be­doel­de bot­sing vol be­te­ke­nis is wan­neer twee men­se by­me­kaar uit­kom. I­ma­go-ver­hou­dings­te­ra­pie hang die laas­te be­na­de­ring aan en glo dat jy ge­sond word juis om­dat jy bin­ne ’n ver­hou­ding is.

HOE KIES JY ’N HU­WE­LIKS­BE­RA­DER?

Hoe­wel daar heel­wat boe­ke op die rak is om men­se met pro­ble­me in hul ver­hou­ding te help, sê Ko­bus dat ver­hou­dings soos kla­vier­speel en sport is. “Jy kan sta­pels boe­ke oor die on­der­werp lees, maar jy gaan nooit kla­vier of ten­nis kan speel as jy dit nie werk­lik gaan oe­fen en toe­pas nie. Die bes­te ma­nier om ver­hou­dings te heel, is om werk­win­kels by te woon en met al­bei par­tye in die ver­hou­ding te werk.”

Moe­nie tou op­gooi wan­neer jy nie da­de­lik die reg­te be­ra­der op­spoor nie, sê Gail. “Hou aan soek tot jy een kry by wie jul­le aan­klank vind.” Sy waar­sku dat die ver­ant­woor­de­lik­heid vir be­ra­ding nie net op die vrou se skou­ers moet rus nie. ’n Ver­hou­dings­te­ra­peut ver­tel dat paar­tjies haar so­veel keer kom spreek maar dat die een vier­hon­derd per­sent in die be­ra­ding in­koop en die an­der een te­ë­sin­nig deel­neem. Te­ra­peu­te is in sul­ke om­stan­dig­he­de sel­de suk­ses­vol.

MANS SOEK OOK VER­VUL­LING

“Maar moe­nie die he­den­daag­se be­geer­te na per­soon­li­ke groei on­der­skat nie,” sê Gail. “In baie ge­val­le is mans net so gre­tig om ’n

meer ver­vul­len­de ver­hou­ding te hê. Dis be­lang­rik om ’n op­los­sing te kry wat vir die be­hoef­tes van die mans so­wel as dié van die vroue voor­sie­ning maak, want dit kan ver­skil. ’n Twee­de kans kan die ge­leent­heid wees vir die ves­ti­ging van ’n die­per en ver­vul­de ver­hou­ding en ’n veel ge­luk­ki­ger hu­we­lik.”

Ko­bus sê wan­neer jy by ’n be­ra­der uit­stap en jy is kwa­ter en mag­te­lo­ser as voor die ses­sie, is jy by die ver­keer­de be­ra­der. “Systap be­ra­ders wat jou met re­li­gi­eu­se ver­wag­tin­ge skul­dig laat voel.”

MAAR HY/SY HET MY VER­NEUK

Vol­gens Gail ont­wik­kel ’n af­fair nooit in i­so­la­sie nie. Din­ge be­gin ge­woon­lik skeef­loop wan­neer men­se nie ten vol­le in hul eie ver­hou­ding aan­we­sig is nie. “Vroue is ge­neig om in hul­self te keer en mans soek ver­troos­ting bui­te die hu­we­lik. Dit kan wees dat die vrou nie e­mo­si­o­neel be­skik­baar vir haar man is nie om­dat sy al haar e­mo­sies in die kin­ders of fa­mi­lie be­lê. Op dié wy­se word die kin­ders die vrou se ‘af­fair’.”

DIE ON­SIG­BA­RE EG­SKEI­DING

Ko­bus noem dit ’n on­sig­ba­re eg­skei­ding wan­neer paar­tjies op ’n e­mo­si­o­ne­le en in­tie­me vlak tou op­gooi om die ver­hou­ding te pro­beer red. Die hu­we­lik word bloot funk­si­o­neel en son­der e­ni­ge e­mo­si­o­ne­le ver­vul­ling.

Hy be­skryf die ver­loop van ’n ver­hou­ding as ’n pro­ses. “Men­se raak ver­lief en wan­neer hul­le die ver­hou­ding met ’n troue of kin­ders be­ves­tig, ver­an­der die di­na­miek van ver­liefd­heid in ’n mag­stryd. Dis wan­neer die en­dor­fien­wol­kie van ver­liefd­heid, waar­on­der ons glo dat ons die­self­de dink en doen, ver­dwyn. Nou kom jou brein skie­lik ag­ter dat jy steeds ’n u­nie­ke per­soon is en eers daar­na be­gin die groei na­ma­te die paar­tjies moet skaaf om me­kaar se u­niek­heid te ak­kom­mo­deer. Hier­die mag­stryd is pyn­lik wan­neer jy nie die vaar­dig­he­de het om daar­by aan te pas nie.

“Wan­neer daar nie groei is nie, ska­kel die mag­stryd oor in ’n oor­le­wings­fa­se waar­in men­se ter wil­le van oor­le­wing op ’n e­mo­si­o­ne­le vlak uit die ver­hou­ding tree. Dit maak hul­le weer­loos ten op­sig­te van skelm ver­hou­dings en ver­sla­wings wat hul­le ge­bruik om die pyn in die ver­hou­ding te ver­lig.”

WAT KAN JY DOEN?

Maak so gou moont­lik werk daar­van. Neem ’n be­sluit dat jul­le ’n op­los­sing gaan soek wat jul­le in staat sal stel om weer op die hu­we­lik en me­kaar te fo­kus. Dit help ook nie jy ver­ge­we en ver­geet die he­le kwes­sie ná ’n mis­stap wan­neer jy nie die oor­saak van die pro­bleem be­hoor­lik on­der­soek het nie. Dit kan die i­de­a­le ge­leent­heid wees om me­kaar se be­hoef­tes werk­lik te leer ken en te groei, of jy kan met ont­ken­ning al­les on­der die mat vee en op die­self­de wan­kel­ri­ge fon­da­ment voort­bou. Tot die vol­gen­de kri­sis … Praat daar­oor en kry pro­fes­si­o­ne­le hulp as dit moet.

Sien dit eer­der as ’n nood­kreet om die hu­we­lik te laat werk as ’n doods­kreet om dit te be­ëin­dig.

Vol­gens die I­ma­go-be­na­de­ring is dit juis die ver­skil­le tus­sen men­se wat groei be­werk­stel­lig en ’n ver­hou­ding tot sy vol­heid sal laat ge­dy. Ko­bus sê dat die 15%-20% har­de werk wat ’n ver­hou­ding ver­eis, jou ryk­lik gaan be­loon met ’n hu­we­lik wat so­veel

meer is. Maar dis be­lang­rik dat pa­re in di­a­loog leef en leer om me­kaar se werk­lik­heid te be­soek: plaas jou in die an­der een se skoe­ne so­dat jy nie al­tyd die prent­jie net van jou kant af sien nie. “As meer men­se die kuns van werk­lik luis­ter en praat be­mees­ter, sal veel min­der men­se te­ra­pie no­dig hê,” sê hy.

Te­ra­peu­te waar­sku ook dat die re­des vir die on­min in die ver­hou­ding jou na die vol­gen­de ver­hou­ding gaan ag­ter­volg as jy nie die oor­saak on­der­soek en werk daar­van maak nie. Dis al­leen dán wan­neer jy ’n vol­was­se ver­hou­ding sal kan er­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.