STYL­VOL en STERK

Ons ge­sels met Bla­ke Li­ve­ly oor styl, self­ver­se­kerd­heid en hu­mor

Rooi Rose - - EKSKLUSIEF - Deur MAR­GA­RET GARDINER

In die fliek A Sim­ple Fa­vor is daar ’n he­wi­ge re­ak­sie toe daar vir die kin­ders néé ge­sê word. Hoe het jy re­a­geer toe jou ou­ers vir jou nee ge­sê het? En hoe sê jy vir jou kin­ders nee?

“Nee” is ’n moei­li­ke ding. Ek waar­deer dit in my huis­hou­ding, want my ma het nooit “nee” vir ’n ant­woord aan­vaar nie. Sy is ’n sterk, on­ge­loof­li­ke vrou. Sy het op ’n plaas groot­ge­word, en haar pa het die plaas­huis met sy eie han­de van hout en mod­der ge­bou, en hier sit ek in di­a­man­te en pê­rels wat nie my­ne is nie. Sy het teen haar om­stan­dig­he­de ge­veg en ’n on­ge­loof­li­ke le­we vir haar en haar kin­ders ge­skep. Maar sy maak my ook boos, want sy eet al­e­wig an­der men­se se kos, en sy aan­vaar steeds nie “nee” vir ’n ant­woord nie ( lag)! My ma ver­staan nie daar­die woord nie. En hoe re­a­geer jou kin­ders daar­op?

Ek dink hul­le hou daar­van, want dis een van hul guns­te­ling­woor­de ( lag). Hul­le is baie goed daar­mee. Nie­mand hou daar­van om “nee” te hoor nie, maar dit leer ’n mens om te on­der­han­del. Hoe self­ver­se­kerd is jy? Dink jy dis be­lang­rik?

Ek dink dit hang af hoe jy groot­ge­word het en wat jou om­stan­dig­he­de was. As jy in ’n ge­son­de, vei­li­ge om­ge­wing groot­ge­word het, het jy geen re­de om nie self­ver­se­kerd te wees nie. Dis vir my prag­tig om te sien hoe vry my kin­ders is. Maar dan be­gin men­se jou fou­te vir jou uit­wys, en ge­lei­de­lik ver­loor jy daar­die self­waar­de wat as kind so van­self­spre­kend deel van jou was. As vol­was­se­ne pro­beer jy dit weer aan­leer, maar dis as­of jy heel­tyd jou eie stert pro­beer vang!

Die ka­rak­ter wat ek speel, is self­ver­se­kerd en al­les is skyn­baar vir haar mak­lik. Sy is op die kruin van haar le­we. Maar wan­neer jy sien wat ag­ter ge­slo­te deu­re aan­gaan, en al die ge­hei­me wat sy weg­steek, be­sef jy hoe kwets­baar sy eint­lik is, en dat die self­ver­se­kerd­heid ’n front is wat sy voor­hou so­dat sy kan oor­leef. Die kle­re, die kuns, die vroue – al­les is so sexy in hier­die fliek. Wat laat jou sexy voel?

My ka­rak­ter moes oor­spronk­lik sty­we rok­kies met lae hals­ly­ne

en sti­let­tos dra. Vir my is dit eer­der sexy om nie so baie lyf te wys nie. Die ver­vaar­di­gers het ook voor­ge­stel dat die ka­rak­ter mans­pak­ke son­der hem­de dra. Hoe­kom mag vroue nie hem­de dra nie? Vir my is dit juis sexy om nie ál­les te wys nie. Men­se won­der dan oor wat hul­le nie kan sien nie. Is dit vir jou mak­lik om ’n guns te vra? Ek vra nie juis baie guns­te nie, om­dat ek dit ver­kies om goed self te doen. As jy iets vir jou­self ge­doen wil hê, moet jy dit lie­wer self doen – nie­mand an­ders gaan ooit vir jou of jou le­we so­veel om­gee soos jyself nie. Ek doen dalk selfs te veel goed self. Ek wil liefs vir my suk­ses­se en ne­der­lae ver­ant­woor­de­lik wees.

Jy en Ry­an steek graag met me­kaar die draak op so­si­a­le me­dia. Wie het hier­mee be­gin?

Ons skeer by die huis graag die gek met me­kaar. Dit het net na­tuur­lik op so­si­a­le me­dia ook be­gin ge­beur. Hy is my bes­te vriend. Maar ek wen al­tyd en ek is glad nie me­de­din­gend nie ( lag).

Wat ge­beur by die huis wan­neer jy en Ry­an al­bei ge­reed maak vir ’n rooi ta­pyt-ge­leent­heid?

Ons is sel­de saam op die rooi ta­pyt, maar as ons dit doen, is dit ge­woon­lik vir ’n fliek waar­in ons glo en waar­oor ons pas­sie­vol voel. Ek is ge­luk­kig om ’n goeie ver­hou­ding te hê met ont­wer­pers wat vir my kle­re maak. Ry­an is ge­luk­kig ook styl­vol en re­spek­teer mo­de, en hy sal se­ker maak ons uit­rus­tings pas min of meer by­me­kaar. Maar ek dink dis ver­al vir die kin­ders lek­ker om hul ma en pa in ’n bal­rok en aand­pak te sien, dis soos ’n spro­kie.

Wat sal ons in jou ju­weel­kis­sie kry?

’n Gaar­der! (Lag.) Ek is eint­lik ver­slaaf aan ju­we­le! Dis ’n baie duur ver­sla­wing, maar ge­luk­kig is een van my bes­te vrien­de, Lor­rai­ne S­chwartz, een van Hol­ly­wood se bes­te ju­weel­ont­wer­pers. Ek leen baie ju­we­le, en daar is al­tyd ’n vei­lig­heids­wag wat my volg wan­neer ek dit dra. Op ’n keer het ek iets moois ge­leen en nog­al ge­dink ek sal dié stuk kan koop, dis net kris­tal­le en ’n paar pê­rels. Maar toe was dit skaars bruin di­a­man­te wat net met ’n dun tou­tjie vas­ge­maak word. Ek was heel­tyd op my se­nu­wees, want sê nou net die ga­rin­kie breek wan­neer ek by die ho­tel uit­stap en die bruin di­a­man­te spat die straat vol en ek moet han­de­vier­voet in die mid­del van So­ho rond­kruip en daar­na soek.

Wat be­te­ken dit vir jou om ’n sterk vrou te wees, en hoe be­lang­rik is kle­re?

Dit klink soos ’n cli­ché, en dit is se­ker een om­dat dit waar is: dit kom van bin­ne. Soms voel jy nie sterk nie, en moet jy daar­die dag maar maak of jy sterk voel. En soms voel jy fan­tas­ties, maar jy is in jou slaap­kle­re. So dit maak nie saak wat jy aan­het nie, dit kom van bin­ne. ’n Mens ry maar wip­plank. Soms word ek wak­ker en ek voel ge­mak­lik en ge­luk­kig met al­les, maar soms voel ek kwets­baar en rou. Maar jy moet steeds jou lip­stif­fie aan­sit en die dag pak. Wat­ter sto­rie gaan jy ver­tel? Gaan jy vir al­mal ver­tel hoe jy reg­tig voel, of gaan jy jou­self druk om ster­ker te voel? Ek was al in al­bei si­tu­a­sies.

Jy en Ry­an het al saam­ge­werk aan The G­reen Lan­tern. Sou jy weer saam met hom wou werk?

Die bes­te werk wat ons saam ge­doen het, is ons ge­sin en dis waar­op ek die trots­ste is. Een­dag sal ons dalk weer saam ’n fliek maak, ek sal dit graag wil doen. Ek dink dit sal ook moei­lik wees, want ek gee nie reg­tig om wat an­der men­se van my dink nie, maar ek gee om oor wat hy dink ( lag).

Is hy al mens wat jou op jou se­nu­wees maak?

Ja, baie op my se­nu­wees!

Ry­an het ’n je­ne­wer­maat­skap­py, A­vi­a­ti­on A­me­ri­can Gin, maar jy drink nie?

Nee, ek hou nie van die smaak van drank nie. Maar ek meng al­tyd al­mal se dran­kies wan­neer ons ont­haal, en men­se kan dit nie ver­staan nie. Ek is mal daar­oor om goed te meng, die bes­sies fyn te druk of die le­moen­sap uit te druk. Ek sal eer­der die dran­kies maak en te­rug­sit en die ge­vol­ge ge­niet.

In die fliek is An­na Ken­drick se ka­rak­ter ’n groot aan­han­ger van jou ka­rak­ter. Is daar e­nig­ie­mand in die werk­li­ke le­we oor wie jy so voel?

Ek voel ge­reeld so. Ek loop heel­tyd men­se raak by ge­sel­lig­he­de, en as ek ’n toe­spraak moet hou, is dit vir my moei­lik, want al wat ek sien, is B­rit­ney S­pears wat in die voor­ste ry sit. Ek is mal oor An­na, want sy is so ta­lent­vol en sy het die­self­de soort hu­mor­sin as ek en Ry­an.

BO: MAR­GA­RET EN BLA­KE. REGS: BLA­KE EN HAAR MAN, RY­AN REYNOLDS, MET HUL KIN­DERS, I­NEZ EN JA­MES. ON­DER: ’N TO­NEEL UIT DIE FLIEK A SIM­PLE FA­VOR.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.