HA­RE

Rooi Rose - - MOOI, MOOIER -

Die S­TY­LE-STUDIO- span het Can­di­ce se ha­re in ’n meer ei­e­tyd­se styl ge­sny. Haar ha­re is in lae ge­knip om saam met die na­tuur­li­ke gol­we daar­van te werk en nie daar­teen nie – die per­fek­te keu­se vir Can­di­ce wat nie te veel tyd aan haar ha­re kan be­stee nie. Die snit het haar ge­sig­vorm heel­te­mal ver­an­der en ver­sag.

Can­di­ce se vo­ri­ge haar­kleur­keu­se het gou geel ge­lyk, en om­dat sy ook ’n na­tuur­li­ke rooi on­der­toon in haar ha­re het, het die span ’n koe­ler don­ker­bruin ska­ke­ring ge­kies wat be­ter by haar vel­toon pas. Dank­sy dié kleur­sa­me­stel­ling hoef sy nie meer haar ha­re so ge­reeld te laat kleur nie om­dat die ha­re wat uit­groei, min­der op­sig­te­lik sal wees. S­TY­LE-STUDIO het ook ter wil­le van diep­te en vol­heid lig­ter en don­ker­der ska­ke­rings op haar ha­re ge­verf. Een van die a­tel­jee se top­wen­ke is die ge­bruik van lig­ter ska­ke­rings wat Can­di­ce se ge­laat ver­hel­der en haar jon­ger laat lyk. Dank­sy die veel­sy­dig­heid van haar nu­we haar­styl kan sy haar ha­re op lui dae vas­maak, of ’n sout see­sproei ge­bruik (LABEL.M SEA SALT S­PRAY, R315 BY UIT­GE­SOEK­TE SA­LON­NE) wat teks­tuur en de­fi­ni­sie aan haar na­tuur­li­ke krul­le sal gee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.