Goei­e­flieks

Rooi Rose - - ROOIWARM -

THE FORGIVEN.

By­na twee de­ka­des na­dat die Waar­heids-en-Ver­soe­nings-kom­mis­sie dit reg­ge­kry het om ’n ein­de te bring aan ’n ka­tar­tie­se tyd­perk van re­ken­skap in Suid-A­fri­ka se ge­weld­da­di­ge ge­skie­de­nis van ras­se­dis­kri­mi­na­sie, neem re­gis­seur Ro­land Jof­fé se rol­prent jou te­rug in tyd en word jy deur die ver­skrik­li­ke waar­he­de van a­part­heid, en die na­la­ten­skap daar­van ge­kon­fron­teer. Die fliek is ge­grond op Mi­cha­el Ash­ton se ver­hoog­stuk The Ar­chbis­hop and the An­ti­christ. Die teks is’n fik­tie­we ver­tel­ling van aarts­bis­kop Des­mond Tu­tu se po­gings om as die hoof van die Waar­heids-en-Ver­soe­nings­kom­mis­sie, die gru­wel­da­de van a­part­heid te kon­fron­teer in ’n po­ging om Suid-A­fri­ka te ge­nees en te ver­e­nig. Die dra­ma volg aarts­bis­kop Tu­tu - uit­ste­kend ver­tolk deur Fo­rest W­hi­ta­ker - in sy mo­re­le en in­tel­lek­tu­e­le stryd met die moor­de­naar en lid van ’n oud-a­part­heids­groep, Piet Blom­feld (E­ric Ba­na), oor ver­los­sing en ver­gif­nis. Ba­na is ook bril­jant in die rol van Piet Blom­feld en ge­bruik sy fi­sie­ke ei­en­skap­pe en cha­ris­ma om die ge­ha­te ka­rak­ter as ge­vaar­lik, maar mens­lik, uit te beeld.

FRANK & FEARLESS. In wa­re S­chus­ter-tra­di­sie ver­tel die fliek die ko­mie­se ver­haal van vier in­te­res­san­te ka­rak­ters en hul held­haf­ti­ge stre­ke, wat ge­kom­bi­neer word met ’n re­le­van­te en om­stre­de sto­rie­lyn. Die fliek, wat hom in A­fri­ka af­speel, neem jou op ’n op­win­den­de a­von­tuur wan­neer ’n hart­li­ke ou man, Son­ny Frank (Le­on S­chus­ter), en ’n tien­ja­ri­ge plat­te­land­se seun, Fearless (T­hem­ba N­tu­li), be­sluit om Suid­oos-A­sië se am­bas­sa­deur te ont­voer om die uit­moor van re­nos­ters te pro­beer stop­sit. Twee vier­voet-vrien­de is saam met hul­le op hier­die mis­sie. Maar toe din­ge erg skeef­loop, word hul­le ge­dwing om ’n pe­lo­ton ge­na­de­lo­se stro­pers aan te vat.

Die fliek sal by oud en jonk by­val vind.

NOBODY’S FOOL. Die wil­de loot, Ta­nya (Tif­fa­ny Had­dish), pro­beer haar ba­lans her­win en sy reik uit na haar kon­ser­wa­tie­we boek­wurm-sus­ter Da­ni­ca (Ti­ka Sump­ter) om haar te help. Die twee sus­ters leef po­le uit­me­kaar en hul in­ter­ak­sie is soms baie snaaks en soms is daar dra­ma­tie­se na­ge­vol­ge. Ta­nya ont­dek dat Da­ni­ca se pos­kaart­mooi le­we – ook haar mis­te­ri­eu­se kê­rel – dalk toe nie so per­fek is nie. En Da­ni­ca ont­dek dat haar sus­ter reg­tig nie so vlak is as wat sy voor­kom nie …’n Ti­pie­se Ty­ler Per­ry-pro­duk­sie wat al­tyd ge­paard gaan met ’n mo­ti­ve­ren­de on­der­toon en in­spi­re­ren­de waar­des. Ook met W­hoo­pi Gold­berg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.