Kop­pi­ge kin­ders: Ver­my die mag­stryd

Dit kan uit­mer­ge­lend en ’n uit­da­ging wees om ’n kop­pi­ge, ei­e­sin­ni­ge kind groot te maak. Jul­le kan die kwes­sie ont­lont deur die kind dalk net op ’n an­der ma­nier te han­teer. En al­mal se le­we sal so­veel sa­li­ger wees

Rooi Rose - - INHOUD - Deur A­NYS ROSSOUW

Par­ty kin­ders stamp van kleins af kop­pe met hul ou­ers en an­der men­se. Noem hul­le moeds­wil­lig, hard­kop­pig, weer­stand­bie­dend of ’n kind met ’n sterk wil! Die ge­wo­ne ma­nier om kin­ders se sa­me­wer­king te kry, wat vir die mees­te an­der kin­ders werk, werk nie vir hul­le nie. Hul­le toets el­ke grens, wil in be­heer wees, wil be­sluit wat hul­le wan­neer en vir hoe lank doen. Die ge­ring­ste din­ge­tjie, of dit nou tan­de­bor­sel, ha­re kam, skoe­ne of kle­re aan­trek, eet, gaan slaap of speel­goed op­ruim is, kan in ’n e­mo­si­o­ne­le uit­bars­ting of ge­veg ont­aard. Ou­ers sit dik­wels met hul han­de in die ha­re, want dit voel of niks wat hul­le doen, werk nie.

Ou­er­skap van ei­e­sin­ni­ge kin­ders is glad nie mak­lik nie. An­der men­se trek hul wenk­broue op en laat ou­ers dik­wels voel, en selfs glo, dat hul­le iets ver­keerd doen. Maar dit wat meest­al vir an­der kin­ders werk, selfs in die­self­de ge­sin, werk nie met dié kin­ders nie.

Ei­e­sin­ni­ge kin­ders se ri­gie­de den­ke en op­tre­de maak dit moei­lik om hul sa­me­wer­king te kry. Boon­op is hul­le dik­wels baie be­sig, slaap swak en raak mak­lik ge­ïr­ri­teerd, ge­frus­treerd, ag­gres­sief en e­mo­si­o­neel oor­spoel. Dik­wels is die kin­ders baie meer sen­si­tief vir tal­le sen­so­rie­se sti­mu­li uit die om­ge­wing en dis vir hul­le moei­lik om die sti­mu­li te han­teer son­der dat dit hul­le ir­ri­teer of frustreer.

Ma­ri­ke ver­tel dat sy raad­op met haar dog­ter­tjie is: “Ek kan nie glo dat Colette, wat die een oom­blik soos ’n en­gel­tjie lyk, die vol­gen­de oom­blik in ’n mon­ster­tjie kan ver­an­der nie. Sy stamp haar voe­te in woe­de, val op die vloer neer, gooi goed, slaan deu­re en skree so hard dat selfs die bu­re kom vra of al­les ou­kei is. Dit voel of sy geen re­spek vir my het nie, en glad nie luis­ter nie. Sy gooi al­les op die vloer uit en wei­er om dit op te tel. Aan­trek is ’n fi­as­ko. Sy sal be­sluit wat sy aan­trek, ge­woon­lik die­self­de kle­re oor en oor, of an­ders is dit moord in die Bothas se huis. Skoe­ne dra sy glad nie – dit druk hier, krap daar. Al­les moet pre­sies op die­self­de p­lek en vol­gens haar wil wees. Eet is ’n an­der uit­da­ging. Sy wei­er om e­nig­iets nuuts te pro­beer, en eet am­per net wit­brood, vleis, aar­tap­pels en vis­vin­gers, en na­tuur­lik lek­kers en tjips. Op die ou end ver­loor ek dit ook. Sy gil, die an­der kin­ders skree, ek skree ... en dan wil ek iets oor­kom as my man sê ek moet net rus­tig bly, dis nie so erg nie. Kin­ders maak maar so.”

10 KEN­MER­KE VAN EI­E­SIN­NI­GE KIN­DERS MET ’N STERK WIL

Hul­le weet pre­sies wat hul­le wil hê en ver­dra nie teen­stand nie. • Lae to­le­ran­sie vir ’n ver­skei­den­heid din­ge, wat oor­spoel in woe­de-uit­bars­tings of in­ten­se hart­seer as din­ge nie vol­gens hul wil of plan ver­loop nie.

• Hul­le aan­vaar moei­lik “nee” en re­a­geer af­wy­send op ver­soe­ke, op­drag­te en waar­sku­wings wat hul­le nie pas nie.

• Hul­le soek re­des vir al­les en ar­gu­men­teer aan­hou­dend oor by­na el­ke ding.

• Hul­le is baas­spe­le­rig, baie dui­de­lik oor hul me­nings en wil hul maats en selfs hul ou­ers be­heer.

• As hul­le iets nie wil doen nie, wei­er hul­le ge­woon. Hul­le wil din­ge op hul eie ma­nier doen en leer.

• Hul­le maak en pas reëls en tyd aan so­dat dit hul­le pas.

• Hul den­ke is ri­gied in ter­me van wit of swart; reg of ver­keerd. Hul­le suk­kel om an­der se stand­pun­te of be­hoef­tes in te sien. • Hul­le suk­kel om aan­pas­sings te maak.

• Hul­le is on­ge­dul­dig en wil on­mid­del­lik hul sin hê.

Kin­ders se sterk wil, ei­e­sin­nig­heid of hard­kop­pig­heid kan met tal­le di­ag­no­seer­ba­re kwes­sies in ver­band ge­bring word, en is nié maar net stou­tig­heid nie. Die le­we van sul­ke kin­ders en hul ou­ers kan met die hulp van spe­si­fie­ke te­ra­pieë of me­di­ka­sie be­dui­dend ver­be­ter. Die pro­bleem kan ver­band hou met din­ge soos: •Aan­dag­te­kort sin­droom, met of son­der hi­per­ak­ti­wi­teit en im­pul­si­wi­teit( AD H D ).

•Tal­le sen­so­rie­se pro­ble­me soos sen­so­rie­se in­te­gra­sie-pro­ble­me; sen­so­rie­se pro­ses­se­ring sen­si­ti­wi­teit( S PS) wat jy by hoogs sen­si­tie­we men­se kry; tas­de­fen­siw i­teit. •Ge­moed s ver­steu­rings of e­mo­si­o­ne­le pro­ble­me soos de­pres­sie, angs­tig­heid, ob­ses­si­wi­teit en kom­pul­si­wi­teit (OCD). •Me­die­se toe­stan­de soos Pan­das ou­to­ïm­muunv er­steu­ring. • Pro­ble­me op die ou­tis­tie­se spek­trum soos ou­tis­me, Asper­ger­sind room. •Tem­pe­ra­men­te n per­soon­lik­heids­ei­en­skap p eo f ver­steu­rings. •Op po­si­si­o­ne­le ge­drags­ver­steu­ring s; af­wis­se­len­de woe­de­vers teu­ring, ens. Dik­wels is die pro­ble­me ge­ne­ties oor­ge­ërf. Ei­e­sin­ni­ge kin­ders re­a­geer dik­wels net in­s­tink­tief op hul bi­o­lo­gie­se en e­mo­si­o­ne­le sa­me­stel­ling. Hul­le er­vaar oor­wel­di­gen­de frus­tra­sie wat hul­le nie kan kom­mu­ni­keer of ver­ba­li­seer so­dat vol­was­se­nes kan ver­staan wat hul­le er­vaar nie. Hul­le sien dan net nie kans om te doen wat an­der van hul­le ver­wag, of wat vir an­der kin­ders so ge­woon en mak­lik kom nie. Dan skop hul­le vas en wei­er net, ter­wyl hul ou­ers weet wat hul­le no­dig het en be­hoort te doen ... ’n i­de­a­le re­sep vir kon­flik.

HUL­LE IS BAAS­SPE­LE­RIG, BAIE DUI­DE­LIK OOR HUL ME­NINGS EN WIL HUL MAATS EN SELFS HUL OU­ERS BE­HEER Be­rei hul­le op ver­an­de­ring voor. Ver­tel hul­le voor­af wat gaan ge­beur

HOE HAN­TEER EK MY EI­E­SIN­NI­GE KIND?

Waar­deer en eer eers jou kind, vir sy of haar u­nie­ke en sterk ei­en­skap­pe: Ont­hou die vol­gen­de van ei­e­sin­ni­ge kin­ders:

• Hul­le kan werk­lik sterk staan vir dit waar­in hul­le glo. • Groeps­druk be­ïn­vloed hul­le nie som­mer nie.

• Hul­le word dik­wels en­tre­pre­neurs en is as vol­was­se­nes fi­nan­si­eel baie suk­ses­vol.

• Hul­le is pas­sie­vol oor dit waar­in hul­le glo.

• Hul­le is ge­dre­we en ge­mo­ti­veerd om ’n doel te be­reik.

• Hul­le hou van uit­da­gings; sal lei­ding neem en si­tu­a­sies en men­se ge­mak­lik uit­daag.

• Hul­le glo dik­wels in reg­ver­dig­heid en het in­te­gri­teit om din­ge te doen om­dat dit reg en reg­ver­dig is. ’n Tromp­op be­na­de­ring om kin­ders te dwing, werk nie.

Dit lei net tot ’n mag­stryd en kon­flik waar­in men­se seer­kry en daar wen­ners en ver­loor­ders is. En dis meest­al ’n si­tu­a­sie waar ’n ou­er wel ’n ge­veg kan wen, maar sy kind in die oor­log ver­loor. Ou­ers moet lie­wer op ’n kre­a­tie­we ma­nier die kind rus­tig pro­beer be­trek en in­trek tot sa­me­wer­king en so­doen­de ’n mag­stryd voor­kom.

• Jul ver­hou­ding is al­les. Maak eers ’n kon­nek­sie voor­dat jy iets ver­wag. Gaan sit by jou kind, ge­sels, stel be­lang, vra wat hy doen en wat hy be­plan voor­dat jy op­drag­te gee of ei­se stel. • Luis­ter met re­spek, son­der om te ar­gu­men­teer. Luis­ter en kom­mu­ni­ka­sie werk net as dit ’n we­der­syd­se twee­rig­ting pro­ses is. Hoe meer ou­ers be­reid is om te luis­ter en te ver­staan, hoe gro­ter is die kans dat die kind voel hy word ver­staan en ook be­reid is om te pro­beer ver­staan. • Volg ’n JA-be­na­de­ring: Ver­vang “Nee, jy moet eers ... ” deur “Ja, graag, so­dra jy jou speel­goed op­ge­tel het.” Vra ook ge­reeld vir die kind vrae waar­op hy “ja” kan ant­woord: Dis lek­ker om met jou Le­go te speel? Of hoe? Sal dit vir jou lek­ker wees as ons nog lan­ger hier­mee kan speel? Vir ou­ma kan gaan kui­er? Hier­mee skep jy ’n ja-at­mos­feer so­dat die kind er­vaar sy kry wat sy wil hê, word ver­staan en waar­deer. Hul­le raak ge­woond daar­aan om “ja” te hoor en saam te stem, en sê dan ook mak­li­ker “ja” vir dit wat an­der vra.

• On­der­han­del en ont­wik­kel buig­saam­heid by jou kind deur buig­saam te wees. ’n Mens leer nie buig­saam­heid met ’n sterk, on­buig­sa­me be­na­de­ring nie. ’n On­buig­sa­me be­na­de­ring by die kind en ou­er waar­borg ’n ont­plof­fing en kon­flik.

• Gee keu­ses en be­heer en moe­nie net ei­se stel nie. Nie: “Jy gaan nou eet en jy sal eet wat vir jou in­ge­skep word” nie. Stuur lie­wer rus­tig die si­tu­a­sie in die rig­ting van wat moet ge­beur. “Wat sal jy kies as ons nou gaan eet? ’n Roos­ter­brood­jie met stroop of grond­boon­tjie­bot­ter, of sal jy van­og­gend meer van graan­kos hou?” • Ver­staan jou kind se ont­wik­ke­lings­vlak: Wat kan ou­ers re­a­lis­ties van ’n twee-, vyf-, agt- of vyf­tien­ja­ri­ge ver­wag?

• Maak ’n spe­le­tjie of kom­pe­ti­sie van din­ge wat moet ge­beur. Kyk met be­hulp van ’n stop­hor­lo­sie hoe­veel speel­goed hy in twee mi­nu­te kan weg­pak. Maak ’n kaart met tye van hoe lank dit neem om se­ke­re din­ge te doen. Gee po­si­tie­we te­rug­voer oor hoe goed

sy dit kan doen.

• Ver­wag en on­der­steun te­leur­stel­lings, ver­skil­le en e­mo­si­o­ne­le storms.

• Skep roe­ti­ne en voor­spe l­baar­heid waar­in kin­ders vei­lig en ge­bor­ge kan voel. Be­rei hul­le op ver­an­de­ring voor. Ver­tel hul­le voor­af wat gaan ge­beur.

• Vereen­vou­dig hul le­we, maak ak­ti­wi­tei­te, kle­re en goed min­der. Dit maak die ei­se vir hul­le min­der en mak­li­ker om hul le­we, pro­gram en be­sit­tings te be­stuur en te or­den.

• Help jou kind met per­spek­tief - om die fyn lyn tus­sen self­gel­dend­heid en baas­spe­ler ig­heid te ver­staan; of tus­sen ’n ei­e­sin­ni­ge hard­kop­pig­heid en ge­fo­kus­de vas­be­slo­ten­heid met on­ver­skrok­ke waag­moed so­dat kin­ders hul­self po­si­tief sien en hul ei­en­skap­pe so ge­bruik dat dit vir hul­le en nie teen hul­le werk nie.

• Gee baie er­ken­ning en po­si­tie­we te­rug­voer.

Kin­ders wil ge­woon­lik graag die be­lang­ri­ke men­se in hul le­we te­vre­de stel. Maar wan­neer hul­le hul ou­ers se af­keu­ring en ge­griefd­heid be­leef, kom hul­le tot die ge­volg­trek­king dat hul ou­ers on­te­vre­de en te­leur­ge­steld in hul­le is. As hul­le dan moe­de­loos word om te pro­beer om hul ou­ers te­vre­de te stel, word al­les ’n ge­veg.

HAN­TEER JOU KIND SE FRUS­TRA­SIE, WOE­DE OF E­MO­SI­O­NE­LE UIT­BARS­TING SO

Ei­e­sin­ni­ge kin­ders is dik­wels heel­te­mal oor­ge­sti­mu­leer en ge­frus­treerd en kan net nie vol­doen aan die ei­se wat aan hul­le ge­stel word nie, en dan volg ’n e­mo­si­o­ne­le storm.

1. Bly kalm. Haal eers diep a­sem en dink voor­dat jy re­a­geer.

2. Gee die kind e­mo­si­o­neel wat sy no­dig het. Dit is:

• Er­ken­ning: “S­joe, ek sien jy het ’n row­we dag.” • Aan­vaar­ding van haar e­mo­sies (al stem die ou­er nie daar­mee saam nie). • Be­grip en em­pa­tie: “Ai, lyk my dis vir jou erg, ont­stel­lend ...” (son­der ver­dui­de­li­kings). • Re­spek. • Die we­te en be­le­we­nis: Ek is nie al­leen nie, ma of pa is by my, daar vir my. Maar geen oor­deel oor of dit ge­reg­ver­dig, no­dig, reg of ver­keerd is om so te voel, te dink of te re­de­neer nie.

3. Ig­no­reer tan­trums, want dit mag hul­le nie hul sin gee nie. Re­a­geer as­of jy dit nie hoor of sien nie. As jy in­gee vir ’n ge­skree, gaan hul­le dit weer doen, want dit werk.

4. Stel gren­se vir ge­drag: Ver­wy­der die kind uit ’n po­ten­si­ë­le ge­vaar­li­ke si­tu­a­sie. “Ek luis­ter graag na jou as jy praat en nie skree nie”; “Ek gee graag vir jou as jy as­se­blief sê.” En hou daar­by, al neem dit lank.

5. Ver­my die vol­gen­de, want dit ver­er­ger die ont­plof­fing en ne­ga­tie­we ge­drag: • Oor­deel, kri­tiek: “Dis nou ’n sim­pel re­de­na­sie, kin­der­ag­tig ...” • Be­le­di­gings en ne­ga­tie­we e­ti­ket­te: “Jy is lui, self­sug­tig, on­ge­skik ..”. • Woe­de, ag­gres­sie of ’n aan­val. • P­re­ke, se­de­les­sies en ver­wy­te wat hul­le skul­dig laat voel: “Jy is nie die e­nig­ste mens hier wat reg­te het nie.” • Kruis­ver­hoor, soe­ke na ver­dui­de­li­kings. • Leë ge­rus­stel­lings: “Dis nie so erg nie. Al­les sal nou-nou be­ter wees.” 6. Laat die e­mo­si­o­ne­le storm oor­waai, son­der om te preek, raas, dis­si­pli­neer. Wan­neer al­mal kalm is, praat oor wat ge­beur het; hoe dit al­mal laat voel; hoe dit in die toe­koms voor­kom kan word. Be­paal kon­se­kwen­sies vir on­aan­vaar­ba­re op­tre­de in die toe­koms en hou daar­by.

Dis be­lang­rik dat ou­ers kin­ders moet leer en help om in die wê­reld te kan funk­si­o­neer en by die wê­reld te kan aan­pas, en nie hul leef­wê­reld by hul kind se pro­bleem en per­soon­lik­heid aan­pas nie. Dit is nie moont­lik om kin­ders heel­tyd ge­luk­kig en te­vre­de te hou nie. Tog is dit no­dig dat ou­ers se­ker moet maak dat hul op­tre­de tot voor­deel van die kind se al­ge­he­le ont­wik­ke­ling is en ook hul ver­hou­ding be­skerm. Hoe be­ter jul ver­hou­ding, hoe gro­ter die kans om jou kind te be­ïn­vloed, sa­me­wer­king en ’n gees van we­der­syd­se gee en to­le­ran­sie te kry.

HUL­LE IS GE­DRE­WE EN GE­MO­TI­VEERD OM ’N DOEL TE BE­REIK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.