In die rooi stoel: El­mien du P­les­sis

Rooi Rose - - INHOUD -

Die vu­ri­ge de­bat oor grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding en ’n moont­li­ke ver­an­de­ring aan ons grond­wet is hoof­nuus, maar is dit al­les net ver­kie­sings­praat­jies? Ons het met prof. El­mien du P­les­sis, ’n ken­ner oor die kwes­sie, ge­sels. Deur IL­SE SALZWEDEL

Toe prof. El­mien du P­les­sis in 2008 haar dok­to­ra­le s­tu­die in die reg­te vol­tooi het oor die on­der­werp van grond­ont­ei­e­ning mét ver­goe­ding, was sy angs­tig dat die on­der-werp kort daar­na nie meer re­le­vant sou wees nie.

“Daar was tóé reeds ge­sprek­ke dat din­ge gaan ver­an­der, en die eer­ste van drie ont­ei­e­nings­wet­te was tóé reeds in die par­le­ment.” Vol­gens haar het die tien jaar wat se­dert­dien ver­loop het, as­ook die Zu­ma­re­ge­ring se pro­ble­me ’n be­paal­de om­ge­wing ge­skep waar die kwes­sie van grond nou as ’t wa­re ’n sim­bool ge­word het van al die pro­ble­me in ons land. “Die grond­ge­sprek­ke wat nou plaas­vind, gaan oor die he­le grond­wet­li­ke on­der­bou, die aard van die po­li­tie­ke oor­een­koms in die 1990’s en die ti­pe ge­reg­tig­heid waar­op ons grond­wet ge­bou is. Po­li­tie­ke par­tye buit dit na­tuur­lik nou vir ver­kie­sings­doel­ein­des uit.”

Wat is die werk­li­ke pro­ble­me wat grond­her­vor­ming tot dus­ver on­der­myn het?

Die High Le­vel Pa­nel Re­port wat breed­voe­rig on­der­soek in­ge­stel het oor on­der meer grond­her­vor­ming, het ver­skeie pro­ble­me uit­ge­wys. Dit sluit in kor­rup­sie deur ver­al amp­te­na­re. Hul­le, eer­der as die ge­meen­skap­pe en be­guns­tig­des, trek dan voor­deel uit die pro­ses. Nog ’n pro­bleem is dat die staat te min be­groot vir grond­her­vor­ming. Dit al­les dui op ’n ge­brek aan ’n po­li­tie­ke wil om grond­her­vor­ming te laat ge­beur soos dit moet. Die een ding wat dié ver­slag wel sê, is dat die grond­wet nié in die pad staan van die soort her­vor­ming wat no­dig is nie.

Ver­tel ’n bie­tjie meer van die regs­pro­ses rond­om iets soos ’n ver­an­de­ring aan die Grond­wet. Hoe mak­lik/moei­lik is dit? Sal die hui­di­ge po­ging slaag?

Dit is moont­lik om ’n grond­wet te ver­an­der, selfs die Grond­wet maak in artikel 74 voor­sie­ning daar­voor. Dit ver­eis ’n twee der­de meer­der­heid van die na­si­o­na­le ver­ga­de­ring, en ses van die ne­ge pro­vin­sies in die na­si­o­na­le raad van pro­vin­sies. Die ANC het op die oom­blik nie ’n twee der­de meer­der­heid nie. Die ANC het dit on­langs dui­de­lik ge­maak dat hul­le nie na­si­o­na­li­se­ring voor­staan nie, so daar­om is dit nie dui­de­lik of die EFF hul­le sal steun nie, want die EFF vra vir na­si­o­na­li­se­ring (van my­ne, die re­ser­we­bank, ens.). Die IVP sal s­legs saam met die ANC stem as grond on­der tra­di­si­o­ne­le lei­ers nie ge­raak word nie. So dit is moont­lik om ’n grond­wet te ver­an­der, maar of die ANC die no­di­ge steun sal kry, is ’n an­der vraag.

Wat is die groot­ste ge­vaar van die hui­di­ge pro­ses?

Dat die ge­ma­tig­de mid­del­grond lam­ge­lê gaan word en die ge­sprek dan al meer oor­heers word deur die ra­di­ka­le op die kant­ly­ne. ’n Mens sien dit sta­dig­aan ge­beur, en dit lei dan tot ’n ge­val waar men­se dink daar is net twee op­sies, ter­wyl daar hon­der­de an­der op­sies in die mid­del is. Dit maak dit ook moei­lik vir die ge­ma­tig­de mid­del­grond om te praat, want daar word mak­lik e­ti­ket­te om men­se se nek­ke ge­hang in ’n po­ging om hul­le te on­der­myn. Die ge­ma­tig­de mid­del moet hul stem kry, op­staan, en saam mo­bi­li­seer in ’n sterk bur­ger­li­ke sa­me­le­wing.

Wat gee jou hoop in hier­die he­le de­bat? Dat daar baie stem­me in die mid­del is wat be­sig is om op te gaan; dat daar in die ge­sprek­ke wat ek met men­se oor ’n wye spek­trum het, baie meer ge­me­ne grond is as din­ge was ons ver­deel – ons moet net be­gin om met me­kaar te praat. Ook dat ons nou op ’n punt staan waar ons kan dink oor ’n an­der toe­koms, en kan i­dees uit­ruil oor hoe ons daar gaan kom.

En wat maak jou moe­de­loos daar­van?

Doem­pro­fe­te en men­se wat op moed­ver­loor se vlak­te boer.

Men­se wat die goed­heid van an­der men­se uit­buit vir po­li­tie­ke of an­der ge­win. En men­se wat net wil­de uit­spra­ke maak son­der om ge­nu­an­seerd te dink, of p­lek te laat vir die moont­lik­heid dat an­der men­se an­ders oor die saak kan voel of dink. Dis on­no­dig en uit­put­tend.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.