Een­der­se andersheid

Die kre­a­tie­we paar­tjie An­dré en Ma­de­lai­ne Lot­ter ge­sels oor die waar­des en vreug­des wat hul be­dry­wi­ge leef­styl voed en hul hu­we­lik laat ge­dy

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CHRIS­TI­AAN J DE SWARDT. Fo­to’s deur AND­REA CALDWELL

Die kre­a­tie­we stem­pel van An­dré en Ma­de­lai­ne Lot­ter is oog­lo­pend wan­neer jy by hul mooi huis in ’n ge­rief­li­ke kom­pleks in Ro­bin­da­le, Rand­burg, in­stap. O­ral is fo­to’s van te­a­ter- en TV-pro­duk­sies en plak­ka­te van rol­pren­te. Dis huis­lik, met kus­sings op die ban­ke, he­rin­ne­rin­ge aan die ver­maak­be­dryf wat hul­le wê­reld­wyd ver­sa­mel het. Selfs die mooi blom­me­tjies op die son­stoep kom van ’n rol­prent­stel af.

Hy is op die voor­grond en sy skep ag­ter die skerms. Die twee se ta­len­te is be­kroon - hy vir to­neel­spel en sy vir kos­tuum­ont­werp. An­dré is ver­al be­kend vir sy rol as die psi­go­pa­tie­se skurk Li­am le Roux in die des­tyd­se kykNET-se­pie Vil­la Ro­sa. Hy is met die Roy­al­ty So­ap-toe­ken­ning be­kroon vir sy uit­mun­ten­de spel in dié ge­wil­de se­pie.

Dees­dae wys hy sy ta­lent in die se­pie 7de Laan op SA­BC2 as die aan­trek­li­ke Ri­kus Wel­man, die hard­kop­pi­ge sa­ke­man wat ’n pro­fes­si­o­ne­le ten­nis­spe­ler wil wees, maar nie sy pa se se­ën daar­op kan kry nie.

Ma­de­lai­ne se kuns­sin­nig­heid het al ver­skeie te­a­ter- en TV­pro­duk­sies en rol­pren­te in­ge­klee, en dit nog­al in ’n ver­skei­den- heid af­de­lings, van g­ri­me­ring en haar­sti­le­ring tot de­kor, re­kwi­sie­te en kos­tu­me­ring. Sy is in 2016 met ’n Bro­ad­way-toe­ken­ning be­kroon vir haar kos­tuum­ont­werp vir die pro­duk­sie Hei­di, die Mu­si­cal.

Hul­le ge­sels in­ne­mend, val me­kaar nooit in die re­de nie - vul eer­der me­kaar se me­nings aan, of be­aam dit. Hy hou van rus­tig­heid, kalm­te en in­ti­mi­teit. Sy ge­niet kui­er, ge­sels en gig­gel. Hul­le deel heel­wat, on­der meer ’n ge­boor­te­maand, Fe­bru­a­rie: hy die ses­de en sy die vyf­tien­de. Hul­le het al­bei aan die Oos-Rand groot­ge­word - hy in Ger­mis­ton en sy in Bed­ford­view. En hul­le deel ’n “vreem­de” hu­mor­sin!

“Ons het me­kaar way back leer ken voor ons by die ver­maak­be­dryf be­trok­ke ge­raak het. Ons het in die­self­de om­ge­wing en in die­self­de krin­ge be­weeg. Haar bes­te vrien­din het met my bes­te vriend uit­ge­gaan en so het ons maar al­mal saam­ge­kui­er. Ons was eers net vrien­de en ek moes ’n jaar wag voor­dat sy op my ver­lief ge­raak het,” sê An­dré met ’n knip­oog. “Ons het nog al­tyd goed ge­kom­mu­ni­keer. Kom­mu­ni­ka­sie bly die goue draad tot be­grip. Jy moet ’n ef­fort maak. Dis ’n be­lang­ri­ke deel van ’n ge­son­de en ge­luk­ki­ge ver­hou­ding.”

Ma­de­lai­ne, ’n spon­ta­ne vrou son­der tier­lan­tyn­tjies en fie­ter­ja­sies, ver­tel dat hul­le twaalf jaar lank uit­ge­gaan het voor­dat hy haar in 2014 die ja­woord ge­vra het. Hul­le is die vol­gen­de jaar op 31 Ok­to­ber ge­troud.

“Ons máák tyd vir me­kaar. Ons tyd­ske­du­les ver­skil dik­wels dras­ties en ’n mens be­gin soms fi­siek ver­by me­kaar leef. Die een wat wak­ker is, sal ’n goei­e­mô­re-bood­skap stuur en die een wat die eer­ste moet gaan slaap, sal vir die an­der ’n lek­ker­slaap-bood­skap stuur. En wan­neer ons by­me­kaar is, ge­niet ons me­kaar. Ek sal

hom met sy guns­te­ling-sjo­ko­la­de be­derf – hy is lief vir duur don­ker­sjo­ko­la­de! - en hy sal my rug streel. Dit gaan oor daar­die tye van na­by­heid waar­in ons net eer­lik en al­leen saam in me­kaar se oë kan kyk. Om­dat ek on­ge­reel­de ure werk en hy ba­sies kan­toor­u­re werk, be­har­tig hy die huis­hou­ding. Ons maak beur­te om te kook, maar hy was die skot­tel­goed, was die was­goed en maak die bed op. Hy’s nog­al ’n knáp huis­man!” sê Ma­de­lai­ne lag­gend.

Hul­le vul me­kaar op ver­skeie vlak­ke aan, is bes­te vrien­de, gun me­kaar ruim­te en deel in me­kaar se voor­spoed. “As jy so lank saam is en jy ver­staan me­kaar van die be­gin af, groei jul­le saam. Dit ge­beur na­tuur­lik, hoe­wel men­se op ver­skil­len­de tye en op ver­skil­len­de ma­nie­re ont­wik­kel. Hoe­wel ons in die­self­de be­dryf is, is ons nie in die­self­de veld nie en geen be­drei­ging vir me­kaar nie. Daar is geen re­de tot ja­loe­sie nie,” sê An­dré.

In 7de Laan het An­dré se ka­rak­ter, Ri­kus, pas sy van ver­an­der om­dat hy nie meer met sy ge­sin ver­een­sel­wig wil word nie. Die Wel­mans – die moei­li­ke pa, Chris, die sno­bis­tie­se ma, Ma­ri­aan, en die dog­ters A­lexa en A­mo­rey – is een van daar­die klas­sie­ke be­lem­mer­de ge­sin­ne.

Ri­kus ken net voor­spoed. Hy het die on­der­steu­ning van sy ma en sus­ters ge­had en hy het nooit re­de ge­had om te suk­kel nie. An­dré, aan die an­der kant, kén die in­vloed van ’n af­we­si­ge pa. Hy moes ’n on­stui­mi­ge, on­sta­bie­le kin­der­le­we trot­seer en hy ken ’n seun se smag­ting na sy pa se se­ën en lof.

Tot op twaalf was An­dré in se­we ver­skil­len­de la­er­sko­le. Hy en sy broer, Ja­c­ques (’n lood­gie­ter, drie jaar jon­ger as hy), se tuis­te was kos­hui­se en hul sor­gou­ers was kos­huis­moe­ders en -va­ders en ou­pas en ou­mas. An­dré se ou­ers is kort voor sy boe­tie se ge­boor­te ge­skei. Hul­le het aan­vank­lik van p­lek tot p­lek rond­ge­swerf. Hul bi­o­lo­gie­se ma, Jen­ni­fer, stief­ma, Mar­tie, en pa, Wil­lem Hen­drik, ( hy is in­tus­sen oor­le­de) het al­mal hul eie kwes­sies ge­had en die kin­ders kon nie al­tyd by hul­le bly nie. Hul ma is weer ge­troud en hul­le het ’n half­broer, Ri­aan van Wyk (’n bak­ker).

“Ek en my boe­tie is kos­huis toe toe ek in stan­derd drie was. Ek was tien; hy se­we. Hy het sy aan­de om­ge­huil. Ek kon nie ver­lang nie. Ek moes sterk wees vir hom. In ’n om­ge­wing met kin­ders van ver­skil­len­de kan­te van die le­we moes jy om oor­le­wing veg. Dit was ’n keer­punt in my le­we en ek moes vin­nig vol­was­se en ver­ant­woor­de­lik word. Ek het ons sak­geld met al­ler­lei wer­kies, on­der meer hout­werk, aan­ge­vul.

“Ek was twaalf toe ons te­rug is na my pa en stief­ma toe. My pa

‘DIT GAAN OOR DAAR­DIE TYE VAN NA­BY­HEID WAAR­IN ONS NET EER­LIK EN AL­LEEN SAAM IN ME­KAAR SE OË KAN KYK

was net nie daar­toe in staat om sy lief­de vir ons te wys nie. Hy het boon­op aan spier­dis­tro­fie ge­ly en was ’n ge­rui­me tyd aan ’n rol­stoel ge­kluis­ter. Dit het hom ’n siel­kun­di­ge en e­mo­si­o­ne­le knou toe­ge­dien.

“My stief­ma kon nie kin­ders hê nie. Sy het ons goed groot­ge­maak en ek is haar baie dank ver­skul­dig. Maar daar was al­tyd ’n ge­mis aan on­der­steu­ning en goed­keu­ring. Ek het ge­re­bel­leer en al­les be­vraag­te­ken om­dat ek so vroeg in my kin­der­le­we al ge­dwing is om my eie be­slui­te te neem.”

An­dré ver­tel sy ver­haal met trots en self­ver­troue maar hy sluk tog af en toe on­ge­mak­lik aan die knop in sy keel. Sy blou oë bly nat. Tog het hy on­danks sy si­tu­a­sie daar­in ge­slaag om a­ka­de­mies, in s­port (ver­al rug­by) en op kul­tuur­vlak te pres­teer. Hy was hoof­seun op la­er­skool, on­der­hoof­seun van s­port aan die Ho­ër­skool Goudrif en hy het ’n graad in dra­ma aan die Tshwa­ne-U­ni­ver­si­teit van Teg­no­lo­gie ver­werf.

Se­dert 2009 was hy nog nie een dag werk­loos nie. Hy is veel­sy­dig en het al uit­ge­blink as san­ger, ki­taar­spe­ler, dan­ser, cho­re­o­graaf, com­pè­re en mo­del. Hy was die af­ge­lo­pe twaalf jaar by meer as 25 te­a­ter­pro­duk­sies be­trok­ke en het ook al in el­ke te­a­ter en by el­ke kuns­te­fees in die land op­ge­tree. Op sy kerf­stok is tal­le TV-reek­se, Sil­wer­skerm­fees-kort­flieks, die hoof­rol in die rol­prent Eint­lik nog­al baie, as­ook ’n rits ad­ver­ten­sies en heel­wat kor­po­ra­tie­we ska­kel­werk. Dees­dae is sy vi­sier op re­gie in­ge­stel.

An­dré ver­tel pein­send dat hy nooit wou weg­breek van sy men­se nie. “Daar is se­ker­lik waar­heid in die spreuk ‘ bloed is dik­ker as wa­ter’, maar soms dryf ’n mens spon­taan weg, want jy moet jou­self be­skerm. Dit word tyd om jou eie men­se kies. My fa­mi­lie se is­su­es en de­mons het my en my boe­tie reg­tig be­na­deel. Ons is diep ge­raak daar­deur. Ek het op 18 ver­al erg daar­mee ge­wor­stel - ek kon dit glad nie be­gryp nie. Ek het eers in my twin­ti­ger­ja­re be­grip daar­voor be­gin ont­wik­kel, deels dank­sy my te­a­ter­ag­ter­grond.

“Ek het op var­si­ty ge­leer hoe om met e­mo­sie te werk en het be­gin be­sef waar­om men­se ge­dryf word om te doen wat hul­le doen. Ek het be­sef jy het s­legs be­heer oor wat jy doen en hoe jy voel. Ons al­mal het is­su­es, de­mons en ’n his­to­ry. Ek moes my­ne ver­werk. Ek was nie be­reid om ’n slag­of­fer te wees of om ’n pad van self­ver­nie­ti­ging te volg nie.

“By na­be­trag­ting en dank­sy baie in­tro­spek­sie is ek bly my le­we het nie glad ver­loop nie. Die ge­mis aan on­der­steu­ning en my ou­ers se ge­brek aan goed­keu­ring was my dryf­veer om te pres­teer. Dit het my ge­leer om self­stan­dig te wees. Ek het daar­uit dryf­krag en am­bi­sie ge­tap - waar­voor ek baie dank­baar is. Ek is te­vre­de en be­rus by al­les wat ge­beur het, selfs in die te­kort­ko­min­ge wat ek saam­kar­wei.

“Ek is soms té self­sug­tig. Dalk is dit ’n ver­de­di­ging­me­ga­nis­me. Ek wens ek was e­mo­si­o­neel ster­ker, maar dan sou dit my dalk af­ge­stomp het. Tog, ek ver­wyt nie­mand nie en ek het geen be­rou nie!”

Hy ver­tel dat hy op u­ni­ver­si­teit ’n soe­ker was en met i­den­ti­teit, re­de, doel en waar­de ge­wor­stel het. “Ek is steeds ’n soe­ker – dees­dae net met meer self­ver­troue en on­der­vin­ding. Ek is ge­an­ker in wie en wat ek is. Ek ken my waar­de. Ek doen waar­van ek hou - goed wat my siel voed en my ver­ryk.”

Hy is ’n a­dre­na­lien­slaaf en kra­ni­ge cross-fit- sport­man. Hy oe­fen ge­reeld in die gim­na­si­um en ver­tel dat hy die na­tuur, die bos­veld, die ber­ge, die see en die strand waar­deer en ge­niet. In kon­tras met An­dré se he­rin­ne­rin­ge aan sy kin­der­le­we ont­hou Ma­de­lai­ne die ge­sin­sa­me­syn en die aan­moe­di­ging en on­der­steu­ning van pa A­bra­ham Vil­joen, ’n sa­ke­man en ho­tel­ei­e­naar, ma An­na, ’n af­ge­tre­de on­der­wy­se­res, en haar broers, Chris, ’n dok­ter, en C­har­les, ’n sjef en ho­tel­be­stuur­der. Hy is ge­troud en het twee seun­tjies.

Ma­de­lai­ne het in 2013 ’n di­plo­ma in pro­duk­sie-ont­werp en ’n ser­ti­fi­kaat in gri­meer­ont­werp aan die Ci­ty Var­si­ty in Kaap­stad ver­werf. Van­jaar was sy die gar­de­ro­be-hoof van 13 kykNET-rol­pren­te. Sy ge­sels bor­re­lend en sê sy het haar kre­a­ti­wi­teit by haar ou­ers ge­ërf.

“My ma het nog al­tyd ge­skil­der. As ons op pad na ons va­kan­sie­be­stem­ming was, moes my pa al­tyd stil­hou so­dat sy fo­to’s kon neem van die blom­me langs die pad wat sy la­ter wou skil­der. Sy het my al­tyd toe­ge­laat om met die verf te speel en te te­ken. My ma het die mooiste ver­jaar-dag­koe­ke ge­bak en vir ons al­mal kle­re ge­maak. My pa was al­tyd die een wat my mooi aan­ge­trek het, mooi rok­kies ge­koop het en my ge- s­ty­le het! By hom het ek wer­ke­tiek ge­leer. My ou­ers se waar­des het my ge­slyp om die mens te word wat ek van­dag is: ’n self­stan­di­ge vrou wat werk vir wat sy in die le­we wil hê en nie sal op­hou tot­dat sy dit ge­kry het nie!”

An­dré en Ma­de­lai­ne is die peet­ou­ers van C­har­les en sy vrou, Ala­nie, se kroos. “Ons sal die aar­de vir daar­die kin­ders ver­skuif. Saam is ons is ’n heg­te fa­mi­lie en hul­le is mal oor An­dré. Ala­nie is soos ’n reg­te sus vir ons. Ons al­mal lag en gig­gel al­tyd en kom el­ke Son­dag by­me­kaar - al is dit net vin­nig. Son­dae is fa­mi­lie­dag. Dan eet ons by my ou­er­huis,” sê Ma­de­lai­ne.

En ja, hul­le be­plan ’n ge­sin ie­wers in die toe­koms, maar eers wan­neer hul­le ’n huis kan be­kos­tig. Hul­le is al­bei lief vir die­re, maar aan­ge­sien hul hui­di­ge woon­plek nie die­re­vrien­de­lik is nie, bly hul hon­de en kat by Ma­de­lai­ne se ou­ers.

Al­bei is erg ge­kant teen die­re­mis­han­de­ling, die ver­waar­lo­sing van weer­lo­ses en die wreed­heid en on­reg van die wê­reld.

An­dré vol­tooi die ge­sprek: “Die e­ner­gie van die wê­reld laat my soms hul­pe­loos en moe­de­loos voel. Maar ek het ge­leer wan­neer jy met deer­nis, be­grip en re­spek le­we, sal daar nie haat, ja­loe­sie, sne­dig­heid en rug­ste­ke­ry wees nie. Dan sal ons al­mal kalm­te, rus­tig­heid en vre­de er­vaar.”

‘Ek wens ek was e­mo­si­o­neel ster­ker, maar dan sou dit my dalk af­ge­stomp het’

EEN­DER­SE ÁN­DERS­HEID VOED MADELEIN EN AN­DRÉ LOT­TER SE HU­WE­LIK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.