Pie­ter-Dirk Uys: Ter­mi­na­le op­ti­mis

Pie­ter-Dirk Uys, so­veel meer as net die s­kep­per van die baie ge­wil­de, uit­ge­spro­ke E­vi­ta Be­zui­den­hout, word van­dees­maand met die Hert­zog­prys ver­eer vir sy by­drae tot A­fri­kaan­se dra­ma. Ons het saam met hom gaan kof­fie drink

Rooi Rose - - INHOUD - Deur IL­SE SALZWEDEL

Ak­teur, ko­me­di­ant, skry­wer, ak­ti­vis - en die man ag­ter een van Suid-A­fri­ka se mees i­ko­nie­se (én mees uit­ge­spro­ke) o­pen­ba­re fi­gu­re, E­vi­ta Be­zui­den­hout. Dis Pie­ter-Dirk Uys.

Wat­ter ti­tel ver­kies hy, vra ek oor ’n Sa­ter­dag­mid­dag­kof­fie in Mel­vil­le. “Nie een nie. Ek dink die woord ‘ en­ter­tai­ner’ som die bes­te op wie en wat ek is.”

In­te­res­sant ge­noeg wou hy on­der­wy­ser eer­der as ak­teur word. “Ek het nie eens ge­dink dis ’n moont­lik­heid nie, maar ek het in my siel ge­weet ek gaan iets doen wat oor­spronk­lik is.”

Al p­lek waar hy ooit dra­ma­ties ge­raak het, was met sy gek­skeer­de­ry op huis­kon­ser­te.

Ná sy eer­ste jaar as B.A.-stu­dent met ge­skie­de­nis en En­gels as hoof­vak­ke, het sy ou­ers (al­bei pro­fes­si­o­ne­le mu­si­ci, nes sy pi­a­nis­sus­ter, Tes­sa) hom oor­see ge­stuur om die wê­reld ’n bie­tjie te gaan ont­dek. In Lon­den se Old Vic-te­a­ter het hy sir Lau­ren­ce O­li­vier in Ot­hel­lo in ak­sie ge­sien, en die ver­won­de­ring om Who’s af­raid of Vi­r­gi­nia Wolf daar in Lon­den te kon be­leef, bly hom tot van­dag toe by. “Kan jy glo?” vra hy, die ver­won­de­ring steeds in sy stem.

Die ver­hoog vir die res van sy le­we was ge­reed, maar die gor­dy­ne steeds toe­ge­trek. Maar ’n ge­sel­sie met ’n dra­ma­stu­dent in die ka­fe­te­ria ty­dens die re­gis­tra­sie­week vir sy twee­de jaar, het hom na die dra­ma­de­par­te­ment ge­lok waar hy sum­mier in­ge­skryf het.

Vyf en ’n bie­tjie de­ka­des la­ter is sy op­tre­de-dag­boek steeds vol. Tus­sen Sep­tem­ber en Nu­we­jaar wag nog 71 ver­to­nings, en die mees­te Son­dae is hy op sy pos by E­vi­ta se Per­ron op Darling vir ’n ver­to­ning daar. En dit on­danks die dra­ma­do­sen­te des­tyds se ver­doe­men­de uit­spraak dat hy geen ta­lent het nie.

“Prof. Ro­sa­lie van der Gucht, hoof van die dra­ma­de­par­te­ment, het reg­uit ge­sê: ‘ You’re very fee­ble; you ha­ve no ta­lent.’ Toe dog ek: Jou don­ner­se ou vrou!” Toe hy haar ja­re la­ter aan haar woor­de her­in­ner, het sy droog­weg ge­ant­woord: “Well, it wor­ked!” Van­dag is hy bly hy is des­tyds as ver­hoog­be­stuur­der eer­der as ak­teur op­ge­lei. “Dis die heel bes­te ag­ter­grond vir e­ni­ge te­a­ter­per­soon.”

Al het hy “in­s­tink­tief” op die ver­hoog be­land, ont­hou hy steeds die stuk waar­in hy in sy twee­de jaar op­ge­tree het. “Dit was só lek­ker, en die men­se het ge­lag. Ek het nog nooit te­rug­ge­kyk nie.” Hy glo te­a­ter kies jou – nie an­ders­om nie. “Dis li­fe im­pri­son­ment wit­hout pa­ro­le.”

Met ’n dra­ma­graad in die sak is hy sak en pak En­ge­land toe. Met die ver­hoog­naam Pe­ter Ace, want die B­rit­te sou nooit hul ton­ge kon draai om Pie­ter-Dirk Uys nie. Ná twee jaar as stu­dent by die Lon­den­se Film­skool is hy op die per­so­neel aan­ge­stel, en sy toe­koms was roos­kleu­rig.

“Ek het ’n u­ni­on tic­ket ge­had en my eer­ste dra­ma ge­skryf. Toe stuur ’n pêl uit Kaap­stad vir my as ’n grap ’n kas­set met Mi­mi Coert­se wat volks­lied­jies sing.” Maar hy het nie ge­lag nie. In­teen­deel. “Toe sy ‘O, Boe­re­plaas’ sing, het ek drie dae lank ge­huil en op ’n boot ge­klim, te­rug huis toe. In Ja­nu­a­rie 1973 was ek weer in die Kaap. Waar ek be­hoort.”

Ons ge­sels ’n week of twee voor­dat die SA A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns die Hert­zog­prys amp­te­lik aan hom oor­han­dig. Sy aan­vaar­dings­toe­spraak is ge­skryf, maar hy bieg dat hy steeds ef­fens oor­bluf is oor die eer. “Ek het nooit ge­dink dit sou ge­beur nie, want des­tyds was al die A­fri­kaan­se kul­tuur­in­stel­lings in die vy­and se kamp. Die Hert­zog­prys was ’n Broe­der­bond-ge­skenk. Ek en die A­ka­de­mie het nooit om die­self­de woor­de­boek ge­sit nie. Maar nou is al my ou vy­an­de dood en die jon­ger le­de van die A­ka­de­mie noem my oom en gee my ’n prys. Wie sou dit ge­dink het ...”

Hy het in­der­daad des­tyds die Broe­ders se ha­re be­hoor­lik laat reg­op­staan. Nie net met sy po­li­tie­ke sa­ti­re en tan­nie E­vi­ta nie, maar ver­al ook met die dra­mas wat hy des­tyds ge­skryf het.

“Dis nog­al i­ro­nies dat ek juis nou ver­eer word vir vyf dra­mas wat des­tyds as ‘on­wel­voeg­lik, on­be­taam­lik, on-A­fri­kaans en vies­lik’ be­skryf is en ver­bied is.”

Hy het nie be­plan om dra­ma as po­li­tie­ke wa­pen in te span nie. “Eint­lik wou ek net my pa die hel in maak,” er­ken hy. En die do­mi­nee, en die ooms en die tan­nies, na­tuur­lik. Dit kon hy mak­lik reg­kry deur ge­noeg skur­we woor­de op die ver­hoog te ge­bruik.

“Die po­li­tiek het maar der­de ge­kom in die ry van vloek­woor­de. Maar toe ek eers dra­ma aan­vaar het as suur­stof … Dit wat ek uit al die to­neel­stuk­ke van die ver­skil­len­de eeue ge­leer het, die sto­ries van man’s in­hu­ma­ni­ty to man, het my laat be­sef die pa­ra­dys van af­son­der­li­ke ont­wik­ke­ling was nie nor­maal nie. Ek het ook toe ont­dek wat­ter won­der­li­ke wa­pen hu­mor was teen ar­ro­gan­sie en dom­a­strant­heid. Toe was ‘a­part­heid’ die e­nig­ste vloek­woord wat ek op die ver­hoog ge­bruik het.”

In 1974 is sy eer­ste dra­ma ver­bied by die Ruim­te-te­a­ter, en daar­na is al sy A­fri­kaan­se werk deur die re­ge­ring ge­stop. Toe skep hy Tan­nie E­vi­ta. “Die Na­si­o­na­le Par­ty was haar le­we en pas­sie

‘Haar hu­mor het on­der men­se se na­els in­ge­kruip, want sy het son­der ve­nyn ge­oor­deel oor al­les wat ver­keerd was’

en dit was juis daar­die blind­heid wat hu­mor ver­wek het.

“Dit was 1978, en al werk wat ek ge­had het, was ’n week­lik­se ru­briek in die Sun­day Ex­press,” ont­hou hy. “Vir die ru­briek het ek ’n A­fri­kaan­se tan­nie ge­skep wat een­keer ’n maand op ’n par­ty­tjie in P­re­to­ria al die dra­ma om die In­lig­ting skan­daal kon uit­lap met’ n‘ S­kat­tie, het jy ge­hoor ?’ Die re­dak­teur van die koe­rant het haar die E­vi­ta van P­re­to­ria ge­noem.”

Die vol­gen­de lo­gie­se stap was om E­vi­ta ver­hoog toe te neem, en in sy eer­ste een­mans­ver­to­ning A­dapt or Dye het hy die rol van die tan­nie op die ver­hoog ge­speel. “Hul­le het nie ge­weet wie om op te sluit nie,” lag hy. Pie­ter-Dirk het nie net die o­mies van die re­ge­ring ont­stig met wat E­vi­ta kwyt­ge­raak het nie, maar ook deur die blo­te feit dat hy in vrou­e­kle­re op­ge­tree het. “Dit was mos des­tyds teen die wet, weet jy? Toe dog ek wel­a­ke­pe­la … ” gig­gel hy.

Hy ver­tel van die on­ge­skik­te A­fri­kaan­se ver­slag­ge­wer wat hom een­dag ge­kon­fron­teer het met die stel­ling “maar jy is mos ’n mof­fie”. Toe sê die vrees­lo­se Pie­ter-Dirk vir hom ja, maar net Dins­dae en Don­der­dae, en rits ’n lys goed af van wie en wat hy op an­der dae van die week is. “Toe bars die ou so half ge­skok uit van die lag en die ys is ge­breek. Maar my punt was dui­de­lik: ek kies wat ek wil wees.”

Hy het vroeg al ge­leer om sy vy­an­de nie met woor­de nie, maar met hu­mor te kon­fron­teer. “Ons Suid-A­fri­ka­ners kan da­rem baie snaaks wees.”

Nie dat sy le­we een grap na die an­der was nie. Die NP-re­ge­ring het hom wel pro­beer in­ti­mi­deer en op ver­skil­len­de ma­nie­re ge­dreig. “Maar dan sê ek dit van die ver­hoog af en die ge­hoor lag, want hul­le dink ek spot. En dan lag ek maar saam. Dit het my ge­leer om vir my vre­se te lag.”

Hy het baie re­spek vir tan­nie E­vi­ta, en van die be­gin af was sy plan om van haar ’n drie­di­men­si­o­ne­le werk­lik­heid te maak.

“Ek het al­tyd ge­sê wo­men must re­cog­ni­se the wo­man, en men must not see the man. E­vi­ta het nie net uit­ge­vaar nie, maar het ook hoop ge­bring.” En sy het tred ge­hou met die ver­an­de­ren­de tye. “Dees­dae is sy ’n lid van die ANC, maar dit keer haar nie om te praat oor al­les wat ver­keerd is in die ANC nie.” (E­vi­ta kon nie saam­kom na ons on­der­houd nie, want sy was juis in Lut­hu­li-huis se kom­buis, be­sig om vir Cy­ril Ra­map­ho­sa ’n heer­li­ke ete te kook so­dat hul­le ’n bie­tjie oor ver­soe­ning en sy New Da­wn kan praat.)

Hoe­kom is E­vi­ta nog al­tyd toe­ge­laat om te sê wat nie­mand an­ders kon waag om van ’n ver­hoog af te sê nie? “Jy moet ont­hou, tan­nie E­vi­ta was glad nie ’n Pie­ter-Dirk Uys- fan nie. Sy was ’n lid van die NP, en die eer­ste een wat des­tyds vir die NP-re­ge­ring ge­sê het: sluit hom op, ver­ban sy werk. Sy was se­ker maar my get out of jail free- kaart. Haar hu­mor het on­der men­se se na­els in­ge­kruip, want sy het son­der ve­nyn ge­oor­deel oor al­les wat ver­keerd was. Wy­le Piet Koorn­hof was ’n E­vi­ta- fan, kan jy glo? En Pik Bo­tha het

‘ Vroe­ër in my le­we het my jaar al­tyd uit 365 dae be­staan. Dees­dae be­staan dit net uit van­dag en mô­re. As ek van­dag reg doen, is mô­re net lek­ker’

be­gin glo hy is ver­lief op E­vi­ta – hy het selfs vir haar sul­ke lang, stro­pe­ri­ge fak­se ge­stuur. Die ge­mom­pel van ’n ‘mof­fie in ’n rok’ wat soms op­ge­gaan het, was al­les maar self­be­sker­ming.”

Maar hoe het hy wat Pie­ter-Dirk is, die ver­ban­ning van sy werk han­teer? “Ek het die des­tyd­se Pu­bli­ka­sie­raad in my eie PR­de­par­te­ment om­skep. Hul­le pu­bli­si­teit het my baie ge­help. Ek het hul­le aan­val­le in ko­me­die om­skep en dan het al­mal vir hul­le ge­lag. Daar was soms selfs po­li­ti­ci in die ge­hoor. Ek was ge­luk­kig – ek was wit en kon dit doen. As ek swart was, sou ek mak­lik ge­stop kon word. Die groot­ste ge­vaar vir my des­tyds – en weer van­dag – is self-sen­suur. Ek moes my vrees met die wa­pen van hu­mor be­veg.”

En hoe voel hy oor die nu­we Suid-A­fri­ka waar­oor tan­nie E­vi­ta so uit­ge­spro­ke is dat par­ty ANC-hoog­ge­plaas­tes al ’n bie­tjie ge­brom het? “Ons moet een­vou­dig bly glo dat al­les sal uit­werk. Ons al­mal – wit, swart, bruin, In­di­ër – se vin­ger­af­druk­ke is op daar­die sil­wer be­ker van de­mo­kra­sie. En ná 24 jaar het ons steeds ’n suk­ses­vol­le de­mo­kra­sie, al voel dit nie al­dag so nie. Ons het steeds vry­heid van spraak, en daar is ’n oop­heid, ’n vry­heid. Ons het e­nor­me pro­ble­me, maar ook tal­le goeie men­se in al die po­li­tie­ke par­tye en ge­noeg ant­woor­de vir al die pro­ble­me.”

As hy wel on­der­wy­ser ge­word het des­tyds, sou hy nou op 73 al af­ge­tree ge­wees het. Maar hy werk on­ver­poosd. Sal hy ooit af­tree? “Jy moet ont­hou, ek is al se­dert 1975 amp­te­lik werk­loos. Daar is geen fa­briek of be­sig­heid of en­toura­ge ag­ter my nie. As ek niks doen nie, ge­beur niks. Maar as ek iets doen, is e­nig­iets moont­lik. Dus is my werk nie reg­tig werk nie – dis le­we.”

Wat het die le­we die man ge­leer wat hom­self as ’n “ter­mi­na­le op­ti­mis” be­skryf ? “Werk, werk, werk, werk. Be­plan. Dis­si­pli­ne. Luis­ter. Bly op­ti­mis­ties. Don’t suf­fer fools glad­ly. Ver­werk jou woe­de oor die po­li­tiek in ver­maak so­dat men­se vir hul vrees lag. Dan maak jy daar­die vrees min­der vrees­lik. Gee jou vrees ’n naam. Moe­nie weg­kyk nie. Ná 24 jaar van de­mo­kra­sie kan ek net daag­liks dan­kie sê vir die ge­n­ero­si­ty of a black ma­jo­ri­ty who could ha­ve been very an­gry. Soos aarts­bis­kop Tu­tu al­tyd sê: ‘ Lo­ve your e­ne­my; it will ruin his re­pu­ta­ti­on.’”

By die huis op Darling, waar hy al 23 jaar woon, is hy net Pie­ter-Dirk. Daar tus­sen sy kat­te en hon­de wat hom so­veel vreug­de gee, en saam met sy le­wens­maat van die af­ge­lo­pe twaalf jaar. Daar maak die son wat el­ke dag op­kom, hom bly. En die sleg­te nuus wat nog te veel ke­re op­duik, maak hom kwaad. “Maar ’n kat op my s­koot maak al­les be­ter.”

Wat wil hy nog al­les aan­pak? “Mô­re. Ek wil mô­re aan­pak. Vroe­ër in my le­we het my jaar al­tyd uit 365 dae be­staan. Dees­dae be­staan dit net uit twee dae: van­dag en mô­re. As ek van­dag reg doen, is mô­re net lek­ker.”

• Lees ook ons on­der­houd met Tan­nie E­vi­ta by rooi­ro­se.co.za

HERTZOGPRYSWENNER PIE­TER-DIRK UYS VER­MAAK MEN­SE AL MEER AS VYF DE­KA­DES. MAAR SY LE­WE WAS NIE AL­DAG GRAP NA GRAP NIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.