S­tyl­ken­ner se staatmakers

Ons vra styl­ken­ners wat­ter i­tems hul­le nooit in die steek sal laat nie

Rooi Rose - - INHOUD - Deur SUSRA MAT­THEE sus­ram@ctp-mail.co.za

’n Linnehemp

Dis ’n i­tem wat in el­ke nu­we sei­soen ’n wen­ner sal bly. HENNEP-EN-LIN­NE-BLOES (R890; S-L) GRAYDAWN.

Rug­sak

’n Duur­sa­me leer­rug­sak is nie net styl­vol en groot ge­noeg vir jou daag­lik­se nood­saak­lik­he­de nie, maar dis ook er­go­no­mies om­dat jy die vol­le ge­wig daar­van op jou rug ver­deel en nie al­les op een skou­er laai nie. LEERRUGSAKKIE (R2 895) A­LEX & MARLA.

Be­lê in oorringe

Hier­die oorringe uit ons Ru­mi­reeks is per­fek vir heel­dag en al­dag se dra. Dit is vir my be­lang­rik (en prak­ties) om ju­we­le te be­sit waar­op jy op daar­die be­slui­te­lo­se dae kan staat­maak. MURMUR-OORRINGE VAN 9 KAR. GOUD (R2 400) DE­AR RAE.

Be­vog­ti­ger

Ek be­han­del my ge­sig sog­gens en saans om my vel vog­tig te hou. Ek ver­kies S­kin C­re­a­me­ry se gesig­o­lie om­dat my vel die o­lie vin­nig ab­sor­beer, dit my ge­sig heer­lik vars laat voel en dit ’n na­tuur­li­ke geur het. GESIG­O­LIE (R365) S­KIN C­RE­A­ME­RY.

Blou je­ans

Jy kan net nie ’n fout maak wan­neer daar ’n paar vars je­ans in ’n goeie kleur en snit in jou kas hang nie. Dit is die per­fek­te i­tem om ’n uit­rus­ting te neu­tra­li­seer en ’n min­der for­me­le voor­koms te skep. DENIM MET REGAF PYPE (R899; 24-34) LEVI’S.

Funk­si­o­ne­le hand­doek

’n Veel­sy­di­ge hand­doek wat jy vir swem én stort kan ge­bruik, spaar baie ruim­te wan­neer jy vir ’n weg­breek in­pak. Dié be­son­de­re hand­doe­ke van Mun­go is boon­op met die hand ge­weef en in tal­le kleur­ry­ke ska­ke­rings be­skik­baar. ITAWULI-HAND­DOEK (R250-R655) MUN­GO.

Lin­ne is klas­siek en styl­vol en word net al hoe sag­ter hoe meer jy dit dra

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.