Om ’n broer te ver­loor

Bin­ne vyf jaar moes sy van twee jon­ger broers met ter­mi­na­le kan­ker af­skeid neem. Dié joernalis ver­tel hoe hul­le tot aan die ein­de met oor­ga­we ge­leef het

Rooi Rose - - INHOUD - Deur CAR­LA VAN DER S­PUY

Die op­roep het in 2009 van my jon­ger broer, A­lex (54), ge­kom. “Ja,” kom die woor­de. Hy maak keel skoon. “Sluk­derm­kan­ker is by my ge­di­ag­no­seer. Die dok­ter sê dit is die groot­ste ge­was wat hy tot nog toe ge­sien het.”

Hy bly ’n ruk­kie stil. “Ek het drie maan­de oor. Hul­le kan niks vir my doen nie. Dis te laat vir che­mo of be­stra­ling.”

Ek is stom van skok. Dis moei­lik om woor­de te kry. Hoe is dit moont­lik? Dis my jong­ste broer. Ek ont­hou van die sluk­pro­ble­me wat hy ge­had het toe hy en sy le­wens­maat, Ka­rin, vir my op Hart­bees­poort kom kui­er het. Maar in daar­die sta­di­um kon die dok­ters geen kwaad­aar­dig­heid op­spoor nie.

Toe sy toe­stand ver­er­ger, oor­reed ek hom om Noor­de toe te vlieg en ’n spe­si­a­lis te kom spreek.

Brand­ma­er klim hy van die vlieg­tuig af. Net ’n oor­nag­sak­kie in sy han­de.

“S­joe, maar jy het ma­er ge­word,” glip die woor­de on­di­plo­ma­ties uit.

Hy kyk my kam­ma-ver­ont­waar­dig aan. “En jy het vet ge­word.” Die­self­de on­nut­si­ge en moeds­wil­li­ge lag­gie van klein­tyd toe hy aan my po­nie­stert ge­swaai het voor ek tjan­kend na ons ma toe ge­hard­loop het.

En nee, dis nie no­dig om sy tas te dra nie. Hy is daar­toe in staat, help hy my reg, maar ek kan nie die sin­ken­de ge­voel in my maag ig­no­reer nie.

Die vol­gen­de dag gaan spreek hy die spe­si­a­lis. En toe volg die op­roep. Ons het die­self­de dag ’n af­spraak met my seun op die kam­pus om sy ver­jaar­dag te vier. Maar ek kan nie eet, of dink, of

’n sin­vol­le ge­sprek voer nie.

A­lex gaan bly by sy seun in P­re­to­ria. Hy word die aand vir ’n klein o­pe­ra­sie in ’n hos­pi­taal op­ge­neem om ’n stent in sy sluk­derm te plaas so­dat hy mak­li­ker kan sluk. Ons is al­mal daar met lood­swaar har­te. Ter­wyl ons wag, sien ons kaal­kop­kin­ders, kan­ker­ly­ertjies, wat met hul pop­pe en kar­re­tjies speel. Uit­ge­la­te, as­of daar geen groot swaard oor hul kop­pe hang nie. In die hier en in die nou ...

A­lex word op ’n trol­lie uit die te­a­ter ge­stoot en waai en glim­lag vir ons.

“Nee wat,” sê my man, Ro­ma­no. “A­lex is g’n ter­mi­naal nie. Ie­mand wat so vro­lik is, is be­slis nie ster­wend nie. Hul­le het ’n fout ge­maak.”

Hy glo hom­self. Ont­ken­ning. Een van die ve­le fa­ses van rou waar­deur ’n mens gaan.

A­lex is skaars in die saal toe hy hom­self wil ont­slaan. Hy gaan nie in die hos­pi­taal oor­nag nie. Kom wat wil.

Die sus­ter spreek hom streng aan. Maar eie aan die aard van ’n jong­ste kind se op­stan­di­ge streep, klim hy een­vou­dig uit die bed en vat die pad. Die ar­me sus­ter pro­beer nog keer, maar A­lex is reeds in die voor­por­taal. “Wil jy dalk saam­kom?” tart hy haar uit. Sul­ke din­ge ge­beur, troos hy ons. Hy het hom lank­al daar­op voor­be­rei. Hy weet van ie­mand wie se 19-ja­ri­ge seun pas in ’n mo­tor­on­ge­luk oor­le­de is. Jou tyd is jou tyd.

Hy is die e­nig­ste een wat die di­ag­no­se ten vol­le aan­vaar.

Hy het da­rem ook iets om na uit te sien. Om weer by Ka­rin te wees. Ka­rin is die lief­de van sy le­we. Ná drie eg­skei­dings het hy be­sluit om nie weer te trou nie. Hul­le leef al ja­re lank ge­luk­kig en vreed­saam saam. Gees­ge­no­te. Ge­maak vir me­kaar. Aan­hou­er wen, het hy al­tyd ge­spot ná die ve­le draaie wat hy al voor die kan­sel ge­gooi het.

Niks kan sy hu­mor­sin blus nie. So bel hy vir broer Dirk en sê hy moet “sy a­lie in rat kry” met die be­loof­de geel­hout- CD-rak­kie wat hy vir Ka­rin moet maak. “Want,” sê hy met ’n lag­gie, “li­fe is short.” En as Dirk nie op­skud nie, gaan hy by hom kom spook. Ek bel hom el­ke dag. Hy hou die ge­sprek­ke lig. Hy sê dit moet veel er­ger vir ons as vir hom wees. Daar­om gaan hy nie in sak en as sit nie. Hy is be­voor­reg. Hy het ’n goeie me­die­se fonds en hy het vir Ka­rin ... Ons moet as­se­blief grap­pies op sy be­graf­nis maak, vra hy; hom ont­hou soos hy is.

En hy wil uit­ein­de­lik met Ka­rin trou.

Dis nie so mak­lik nie. Die land­dros­hof op Knys­na doen nie meer hu­we­liksb e­ves­ti­gings nie. En hy is te swak om Ge­or­ge toe te ry. ’n Gees­te­li­ke lei­er van ’n En­gel­se kerk kom be­soek hul­le, maar kan on­ge­luk­kig nie ge­skei­des trou nie. Van sy droom van ’n bo­stroue en wit­te­brood op ’n boot, of in die T­sitsi­kam­ma, kom niks van nie. Hy is te siek.

Ek vlieg af Knys­na toe om ’n troue te re­ël. Vas­be­slo­te om sy laas­te wens te help be­waar­heid. Maar hoe? Hul­le suk­kel al we­ke om ge­kerk te kom. Toe ge­beur ’n won­der­werk. Ek tel ’n bruids­tyd­skrif in ’n su­per­mark op en blaai daar­deur. ’n Advertensie wat lui: “Mar­ria­ge wit­hout dis­cri­mi­na­ti­on” trek da­de­lik my aan­dag.

My in­tu­ï­sie ver­tel my ek hoef nie ver­der te soek nie. Ek bel vir Hen­nie Pie­naar, ’n pro­po­nent. On­kon­ven­si­o­neel en o­pen­lik gay. Na­tuur­lik sal hy hul­le trou. En na­tuur­lik sal hy van Ge­or­ge af Knys­na toe ry om die se­re­mo­nie in A­lex se huis waar te neem.

Toe trou hy hul­le. Son­der voor­oor­deel en son­der om vrae te vra. Uit die lief­de van sy hart. Net daar in A­lex se sit­ka­mer met ’n paar van sy harts­men­se. Die brui­de­gom in­for­meel in je­ans. Son­der e­ni­ge ver­toon. Al­mal was in tra­ne, be­hal­we hy. Har­de­kwas tot op die ein­de.

Ek en Hen­nie het da­de­lik vrien­de ge­word. Se­wen­tien dae la­ter ry Hen­nie weer van Ge­or­ge af Knys­na toe om vir A­lex in Knys­na

Ja, hu­mor is in­der­daad die dap­per­ste vorm om pyn te han­teer, dink ’n mens mos

VO­RI­GE BLAD­SY: DIRK (8) EK (10) EN A­LEX (6) AS LAERSKOOLKINDERS IN ONS TUIN IN BELVILLE. BO VAN LINKS: • EK DES­TYDS 28 EN DIRK TOE 26, TOE EK VIR HOM INDIE SEWENTIGERJARE IN A­ME­RI­KA GAAN KUI­ER HET WAAR HY GE­WERK HET. • A­LEX IN 2007 TWEE JAAR VOOR SY DOOD BY SY HUIS OP KNYS­NA. • DIRK KORT VOOR SY DI­AG­NO­SE IN 2013 OP SY PLA­SIE IN DIE OVERBERGE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.