EK & JY

KERSBOOM, O KERSBOOM

Rooi Rose - - EK & JY - Mar­tie MAR­TIE PANSEGROUW re­dak­teur

DIS WEER TYD vir Kers­bo­me, “The Litt­le Drum­mer Boy” her­haal­de­lik in die oor­vol, ma­len­de win­kel­sen­trums, re­de­na­sies oor spys­kaar­te en die voor­en na­de­le van braai op Kers­dag. Dis min of meer die si­klie­se gang van die Kers­tyd soos ek dit deur die ja­re sien word het. Ons mo­der­ne men­se bly be­sig met die din­ge van Kers­fees, maar dit gaan min­der en min­der oor die wa­re be­te­ke­nis daar­van. Die wa­re gees van die Lief­des­fees kom eers tot sy reg as ons dit met an­der deel. En die heel diep­ste er­va­ring daar­van lees ’n mens in die oë van kin­ders. Kin­ders wat in ver­won­de­ring kyk na die lig­gies, die boom, die pak­kies daar­on­der. Van my kos­baar­ste kin­der­her­in­ne­rin­ge het juis te ma­ke met Kers­fees, die uit­sien daar­na en die be­le­we­nis daar­van. Net soos Ro­lan­da hier­die maand ook ver­tel oor dit wat sy die hel­der­ste ont­hou, as­ook háár uit­sien na hul klein blon­de­kop­pie se eer­ste werk­lik be­wus­te Kers­fees­vie­ring. Ons het as kin­ders nooit eint­lik Kers­bo­me ge­ken nie, dit het eers la­ter deel van ons Kers­ri­tu­eel ge­word. ’n Groot fo­kus op duur ge­sken­ke was daar ook nie, eer­der baie be­plan en meet en pas om iet­sie spe­si­aals vir elk­een te kan gee. Maar die ge­sin en die saam­wees was baie be­lang­rik, die wa­re sin van die gee van jou­self eer­der as van din­ge. Dees­dae se ryk­ver­sier­de en kleur­ge­ko­ör­di­neer­de Kers­bo­me is die uit­hang­bor­de van die ko­men­de Kers­tyd. Ge­luk­kig ge­bruik meer en meer men­se dees­dae tak­ke of plank­boom­pies of an­der kre­a­tie­we weer­ga­wes so­dat min­der van die tra­di­si­o­ne­le den­ne in die naam van Kers­fees moet sterf.

D.J. Op­per­man het juis so uit­druk­kings­vol ge­sê: “Boom kan net boom”, sy die­per be­te­ke­nis is wat ons aan hom gee. Walt W­hit­man skryf op sy eie ken­ne­li­ke ma­nier iets baie soort­ge­lyks wat my diep ge­tref het: Bo­me het ’n ver­moë om net te wees, teen­oor die mens se ma­nier om eer­der net te lyk of ons is.

Mag hier­die Kers­fees se die­per sin vir elk­een van jul­le van­jaar waar word, en mag dit ’n fees van saam­wees op fi­sie­ke en gees­te­li­ke vlak wees. Ons mis fa­mi­lie­le­de wat ver is, soos el­ke A­fri­kaan­se fa­mi­lie, maar ons kan op an­der ma­nie­re saam­ver­keer in die die­per be­te­ke­nis van die woord.

Ek groet jul­le tot vol­gen­de maand, en ook dan vol­gen­de jaar!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.