Fees­vreug­de

Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag

Rooi Rose - - INHOUD -

Chris en Da­niel­la het vroe­ër van­jaar ver­loof ge­raak en die trou­da­tum aan­ge­kon­dig: 10 No­vem­ber. Hul­le is al se­we jaar lank ’n paar­tjie en die t­wee ont­hou die dag van hul ont­moe­ting op 7 Sep­tem­ber 2011 in S­tel­len­bosch nog goed.

“Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag. Hoe die le­we ver­loop, is ’n groot vraag, maar ek er­vaar dit soos ’n boot­jie op die oop see: hoe sag kan die boot nie gly nie maar soms is daar storms wat die vaart on­stui­mig maak. Soms vaar ’n mens uit eie keu­se te vin­nig - en dan gaan dit ook maar stamp-stamp,” sê Chris.

Da­niel­la merk op: “My le­we was piek­fyn tot ek hom ont­moet het en daar­na weg­ge­stap het. Ek het ge­voel as­of ek pas op ’n land­myn ge­trap het - daar­na het niks meer sin ge­maak nie. Ons het al pro­beer om min­der van me­kaar te hou maar daar­in het ons lie­der­lik ge­faal. Ons kom goed oor die weg ... Té goed, soms.”

Daar is ’n ou­der­doms­ver­skil van 19 jaar tus­sen hul­le. “Chris het in ’n an­der tyd en in ’n an­der land groot­ge­word maar tog het ons op die­self­de ou­der­dom in ons le­we min of meer deur die­self­de goed ge­gaan,” sê Da­niel­la. “Ons vul me­kaar mooi aan. As daar hier te­kort ge­skiet word, vul ek daar aan, sê sy skert­send.”

Chris meen ver­skil­le is ’n goeie ding. “Ons ver­skil ge­noeg om die an­der een se swak pun­te te kan neu­tra­li­seer. Die groot­ste ver­skil is dat sy ’n vrou is en ek ’n man. As ons in ons baai­kos­tuums staan, is die ver­skil­le nog­al oog­lo­pend! Ons s­try soms oor wie die ou­lik­ste is. Ek hou vol sy is, maar sy s­try dat dit ek is.”

Da­niel­la ver­tel Chris be­sef nie al­tyd dat ont­haal har­de werk is nie, ver­al nie as jy moet kook, skoon­maak en boon­op soos die spran­ke­len­de gas­vrou uit die ja­re vyf­tig moet lyk nie. “Hy hou ook vol dat ’n mens jou bord net so op die ta­fel mág los as jy klaar ge­ëet het, ter­wyl ek met ’n skoon kom­buis wil gaan slaap. Daar­om het ons be­sluit ek laat die jag­werk aan hom oor en ek be­har­tig die huis­hou­ding.”

Hul­le meen el­ke ver­hou­ding verg toe­ge­wings. Chris laat haar die kleur van die muur kies. “Sy is be­ter met es­te­tie­se aan­ge­leent­he­de - ek is be­ter met die prak­tie­se. Ge­luk­kig hou ek my neus uit ’n kom­buis en sy kom wys nie vin­ger waar ek met my han­de­werk be­sig is nie - hoe­wel haar kook­ver­nuf veel be­ter as my hand­vaar­dig­heid ont­wik­kel is, by­ge­sê.”

En Da­niel­la moes maar v­re­de maak met die on­ver­wag­se re­sul­taat wan­neer sy hom win­kel toe stuur om melk te gaan koop en hy kom met ’n ver­skei­den­heid koe­kies te­rug. Oor een ding stem hul­le wel heel­har­tig saam: “Dat ’n mens el­ke og­gend ’n koe­kie of be­skuit­jie saam met jou kof­fie moet kry – én dat ons nie in e­ni­ge an­der span­ne­tjie wil saam­speel as met me­kaar, of net ons t­wee saam nie!”

Chris en Da­niel­la, wat saam as die duo Kat & Wolf op­tree, se leef­styl laat nie Kers­fees­be­plan­ning toe nie. “In ons be­dryf is dit ge­woon­lik ’n druk werk­tyd. Ons sal eers ’n dag of wat voor die tyd wak­ker skrik en dan die be­si­ge, reeds leeg ge­koop­te win­kels in­vaar en gou be­sef dis nie die moei­te werd nie. Dan koop ons maar weer sjam­pan­je en kyk wat­ter law­wig­heid ver­ge­stal­ting vind. Ons

woon ge­woon­lik op Kers­dag die saai, maar op­reg­te kerk­diens op die dor­pie by,” ver­tel Chris.

Hy her­roep hul feespret van ’n paar jaar ge­le­de. “Ons het by ons strand­pon­dok baie sjam­pan­je ge­drink en ek ont­hou vaag­weg dat ek ’n he­le rol kom­buis­pa­pier om my lyf ge­draai en ’n ver­spot­te dans uit­ge­voer het. Ons het baie goed­koop ge­sken­kies vir me­kaar ge­maak en dit op vreem­de ma­nie­re ver­pak, weg­ge­steek en da­rem weer ge­kry! Ons het tot Nu­we­jaar toe nog maag­pyn ge­had van al die lag.”

Da­niel­la er­ken dat die vie­ring van Kers­fees dik­wels bloot ’n na­ge­dag­te is, “maar ons ver­geet nooit die be­te­ke­nis daar­van nie”. Sy sê as sy dit kon be­kos­tig, sou sy vir Chris ’n ruim­te­reis wou be­spreek, maar sy wens hom eer­der ’n lang le­we vol ge­luk en goeie ge­sond­heid aan haar sy toe. En, voeg sy by, “hy kry van­jaar ge­wis weer ’n bord vol pap­aan­brand­sels met gou­e­stroop en bot­ter. Jy het geen i­dee hóé ge­luk­kig dit hom sal maak nie. Maar daar is wel nóg ’n ge­heim … ”

Chris wil ook nie veel verklap nie, be­hal­we dat hul­le see toe gaan. “Ek sou haar eer­der wou be­derf met ’n boot­reis na die Au­ro­ra Bo­re­a­lis, soos dit van Groen­land af ge­sien kan word, maar my lief­de sal in dié sta­di­um ge­noeg moet wees. Daar is wel nog iets waar­na sy kan uit­sien, maar sy gaan dié ar­ti­kel lees. Dus hou ek my bek … ”

Ter­wyl die mees­te men­se in die Kers­tyd ont­span en fees­vier, ver­maak dié mu­siekster­re hul be­won­de­raars. En soms is die Kers­fee­s­e­te ’n bord vol pap­aan­brand­sels met gou­e­stroop en bot­ter … Deur CHRIS­TI­AAN J DE SWARDT

DAAR IS ’N VOËLTJIE WAT FLUIT OOR TROUKOORS WAT NOU NOG OOR DIE PLAAS VERKYKERSKOP IN DIE OOS-VRY­STAAT HANG. EN DALK, DALK NET, VIER T­WEE BE­KEN­DE MU­SIEKSTER­RE HUL SE­WEN­DE KERS­FEES SAAM AS DIE EG­PAAR MUL­DER …

’n Fees van Lief­de

LINKS: WYN­AND EN CHEREÉ: FA­MI­LIE-SAMESYN IS DIE BE­LANG­RIK­STE GE­SKENK. BO REGS: ESTÉ EN LOU­RENS RABÉ, BE­KEND AS DIE FOLK-POP-DUO BOTTOMLESS COF­FEE BAND. Fa­mi­lie is al­les

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.