Swart op wit Va­li­ant Swart

Nu­we ge­slag­te jong vroue laat hul­le lank nie meer deur mans voor­skryf

Rooi Rose - - INHOUD - Deur VA­LI­ANT SWART

VIR DIE MEES­TE VAN VAN­DAG se kin­ders en jong vol­was­se­nes was die eer­ste gra­fie­se uit­beel­ding wat hul­le ge­sien het, se­ker ’n Te­le­tub­by of ’n der­ge­li­ke stro­kies­ka­rak­ter, klein­tyd op te­le­vi­sie, daar waar die mam­ma of op­pas­ser hul­le in ’n wieg­stoel­tjie ge­ïn­stal­leer het.

Vir men­se van my ge­ne­ra­sie is die eer­ste stuk­kie gra­fi­ka wat in jou ge­heu­e­bank vas­ge­lê is, bes moont­lik jou ou­ers se trou­fo­to.

Se­dert jou vroeg­ste ja­re op aar­de leer jy al daar­die por­tret op die ver­toon­kas ken: jou ma en pa op hul mooi­ste dag – hy in sy def­ti­ge pak, sy in haar wit rok, stra­lend in die voor­uit­sig van ’n ge­deel­de le­wens­pad. ’n Prent­jie van die lief­de.

Vir die ge­luk­ki­ges on­der ons staan daar­die ven­noot­skap nog sterk – in­dien al­bei jou ou­ers nog le­we, na­tuur­lik. Vir die min­der ge­luk­ki­ges was daar soms ook die trau­ma van die ou­ers se hu­we­lik wat, om wat­ter re­des ook al, nie uit­ge­werk het nie – met die ru­sies en e­mo­si­o­ne­le ont­wrig­ting wat so ’n si­tu­a­sie mee­bring.

Dis ’n toe­drag van sa­ke wat geen bruids­paar, vol dro­me en i­de­a­le, hul­le op hul trou­dag sou kon voor­stel nie.

Dat t­wee hu­we­liks­maats se le­wens­pad klip­pe­rig en vol kron­kels is, is nie al­te­mit nie. On­danks al die bes be­raam­de plan­ne en e­de­le in­ten­sies, word me­ni­ge paar­tjie on­der­weg van stryk ge­bring deur on­ver­wag­se wen­din­ge, ont­wrig­tin­ge en uit­koms­te. Dit verg vin­ding­ryk­heid, aan­pas­baar­heid, uit­hou­ver­moë en ge­duld, as­ook ’n goeie skeut ge­luk om deur al die storms te beur wat die le­we in ’n mens se rig­ting stuur.

En dit wat jy op dié pad die no­dig­ste het, is die lief­de: daar­die on­voor­waar­de­li­ke, al­les-oor­win­nen­de lief­de waar­van daar in jul draai voor die kan­sel meer as net mel­ding ge­maak word.

Met ge­noeg lief­de, van die reg­te-eg­te soort, kan jul­le e­ni­ge aan­slag die hoof bied en strui­kel­blok­ke oor­kom. “All you need is lo­ve,” het The Be­at­les ons mos meer as vyf­tig jaar ge­le­de ge­rus ge­stel.

Maar so een­vou­dig is dit nie. Ver­al nie met die in­gry­pen­de so­si­a­le om­wen­te­lin­ge wat die af­ge­lo­pe vyf de­ka­des ge­ken­merk het nie – dit was juis die ge­wil­de me­nings­vor­mers, soos die Be­at­les, wat ’n reu­se-aan­deel hier­in ge­had het. Die kul­tu­re­le re­vo­lu­sie van die ja­re ses­tig het basies be­hels dat die jeug be­gin wei­er het om te doen wat hul­le voor­ge­sê is om te doen. Ou waar­des en in­stel­lings moes plek maak vir nu­we nei­gings - dit was ’n on­stuit­ba­re golf wat deur die ja­re se­wen­tig en tag­tig en im­mer vo­ren­toe bly rol het tot waar ons van­dag staan.

Een van die in­stel­lings wat ’n paar kwaai knoue toe­ge­dien is, is die hu­we­lik. Trou­ens, e­ni­ge op­set wat ’n in­per­king van ’n mens se per­soon­li­ke vry­he­de be­hels, word om­ge­dop en be­vraag­te­ken. Nu­we ge­slag­te jong vroue laat hul­le lank nie meer deur mans voor­skryf wat­ter voor­koms, ge­drag, op­vat­tings en loop­ba­ne glo vir hul­le ge­skik sou wees nie. Of op wat­ter ou­der­dom hul­le be­hoort te trou of ba­bas te baar nie.

Met die wê­reld­wye om­wen­te­ling van nor­me het vroue te­reg daar­die be­slui­te vir hul­self be­gin neem. Dat daar haak­plek­ke sou wees, ver­al wat mans be­tref, was on­af­wend­baar. Maar met die ver­sag­ting in so­si­a­le sank­sies op voor­heen on­wens­li­ke din­ge, soos eg­skei­dings, kon vroue – en mans – mak­li­ker uit ’n on­ge­luk­ki­ge, lief­de­lo­se hu­we­lik pad­gee. Dis dees­dae nie on­ge­woon om ge­skei­de paar­tjies te ken wie se eg­skei­dings suk­ses­vol­ler – selfs meer lief­de­vol – is as wat hul mis­li­ke, poe­gaai ou hu­we­li­ke was nie.

Hu­we­li­ke sneu­wel om ver­skeie re­des, waar­van e­mo­si­o­ne­le on­vol­was­sen­heid as een van die groot fak­to­re aan­ge­dui word.

Ek en La­nel­le – ons was die af­ge­lo­pe win­ter 26 jaar ge­troud – sit nou die aand lek­ker en lag vir ons­self toe sy vir my ’n uit­een­set­ting van die vier e­mo­si­o­ne­le sta­dia van ’n hu­we­lik uit ’n hand­boek voor­lees.

In die wit­te­broods­fa­se (0 – 2 jaar) ves­tig jy jou com­mit­ment aan die hu­we­lik. In die vroeë fa­se (2 – 10 jaar) wy jy jou toe aan die ma­tu­ring van die ver­hou­ding. Daar­na kom die mid­del-tyd­perk (10 – 25 jaar) waar­in jy jou be­moei met post-ca­reer plan­ning en in die lang­ter­myn­fa­se (25-plus jaar) – dis waar ons on­langs op­ge­daag het – is dit glo tyd vir re­view and fa­re­wells.

O, wee. Be­te­ken dit ons gaan eers­daags be­gin my­mer oor ver­gan­ge se dae, daar op Huis S­pat­aar se stoep ter­wyl my kop sta­dig knik en ’n denk­beel­di­ge si­ga­ret­jie so tip-tip in die ewe on­sig­ba­re as­bak­kie langs my? Stel­lig nie.

Mis­kien be­te­ken dit net dat ’n mens in jou vroeë mid­del­ja­re ’n be­hoef­te aan ’n soort be­stek­op­na­me be­gin voel - ’n pro­ses van af­skeid neem van din­ge, tas­baar en on­tas­baar, wat jy nie meer no­dig het om saam te dra nie. En waar jy jou op­nuut toe­wy aan die koes­te­ring van die din­ge wat werk­lik saak maak, soos jou kin­ders en jou be­jaar­de ou­ers, maar ook goeie vriend­skap­pe, ro­buus­te ge­sond­heid, fi­nan­si­ë­le en fi­sie­ke on­af­hank­lik­heid, en ’n von­kel in die oog, soos op jou trou­fo­to.

Want eint­lik was die Be­at­les in die kol.

’n Ge­se­ën­de, lief­de­vol­le Kers­fees aan al­mal van jul­le!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.