Sluit aan en WEN!

Dis Kers­fees­tyd! Hoe gaan jy van­jaar Kers­fees vier en die dag spe­si­aal maak?

Rooi Rose - - LESERSFORUM -

Le­o­nor B­rey­ten­bach (41), skry­wer, Kaap­stad

Ek is ge­se­ënd met vrien­de wat my aan­ge­neem het - in hul fa­mi­lie, as­ook in hul huis! So, Kers­fees is saam met my “siels­fa­mi­lie” met baie lag, son­skyn en heer­li­ke e­tes. Ek is mal daar­oor om ge­sken­ke vir men­se te maak, en selfs die toe­draai daar­van is deel van die pret. Dis ’n lief­des­daad. Geen Kers­fees is reg son­der om ’n Kers­diens by te woon nie. Dit is im­mers ’n Chris­tus­fees waar ons Sy ge­boor­te en ge­na­de vier.

Na­ta­sha Com­brink (22), stu­dent, U­ping­ton

Ek en my man kui­er dié Kers­fees by my ou­ers.

Ons gaan ’n dank­baar­heids­fees hou, p­leks van die ge­wo­ne Kers­fees­vie­rin­ge. My ma be­plan al­les, en hoe­wel ek min weet, weet ek dit gaan diep spo­re in ons elk­een se hart los.

Ma­rin­da van Wyk (56), tuis­te­skep­per, Brac­ken­fell My man het tien jaar en ek vyf jaar in die Mid­deOos­te ge­woon waar Kers­dag net ’n ge­wo­ne werks­dag was en ons moes die dag meest­al al­leen en ver van al­mal vier. Ons sien nou uit daar­na om Kers­fees weer be­hoor­lik te er­vaar; om die Ker­sjing­les in die win­kels ge­la­te oor ons te laat spoel; rond­ry en Kers­lig­gies kyk. Ons be­plan om Kers­dag baie spe­si­aal saam met fa­mi­lie te vier, ons guns­te­ling-ge­reg­te te maak, en boon­op, as al­les vol­gens plan ver­loop, dit ho­pe­lik in ons nu­we weg­kruip­hui­sie in die plat­te­land te vier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.