Ons KLEIN won­der­werk

Sy het al­tyd daar­van ge­droom om ma te wees, maar die tyd was nooit reg nie. En nou het ’n fraai klein dog­ter­tjie Haidee Mul­ler se le­we kom ver­an­der

Rooi Rose - - ROOI ROSE MENSE - Deur ILSE SALZWEDEL. Fo­to’s deur JOHETTE POPLE PHOTOGRAPHY

Haidee Mul­ler, ge­wil­de RSG-om­roe­per, glo el­ke mens het ’n sto­rie, en sy ge­niet dit om ge­wo­ne men­se se sto­ries op ra­dio te ver­tel. “Jy kry die bes­te en aan­gry­pend­ste sto­ries by Jan Al­le­man,” ver­tel die voor­ma­li­ge ver­maak­lik­heids­joer­na­lis. Maar as sy nou haar guns­te­ling­sto­rie moet kies, sal dit waar­skyn­lik han­del oor die op­win­den­de nu­we hoof­stuk in haar eie le­we: om op 45 vir die eer­ste keer ma te word.

Mad­dy, die fraaie hoof­ka­rak­ter in Haidee en haar le­wens­maat, Har­ry I­saacs, se sto­rie, is dees­dae die spil waar­om al­les in hul huis­hou­ding draai. Haar ou­boet Co­le, Har­ry se seun, is net so be­to­wer deur sy nu­we sus­sie.

“Na­tuur­lik wou ek al­tyd ’n mam­ma word, maar die tyd was net nooit reg nie. Ek het ook ge­voel dit sal ge­beur as dit moet, met die reg­te per­soon om die reg­te en bes­te re­des.”

Al­les in haar le­we het nog al­tyd laat ge­beur, ver­tel die bor­re­len­de Haidee - van die reg­te le­wens­maat ont­moet en haar droom­werk kry tot die eer­ste keer oor­see reis.

Haidee en Har­ry se paaie het in 2012 ge­kruis, maar hul­le het eers in 2013 be­gin uit­gaan. “Ons ou­ers ken me­kaar van Oudts­hoorn se wê­reld, want sy pa was in die ja­re tag­tig ’n skool­hoof daar en my ou­ers woon steeds daar. Ons het as kin­ders in die­self­de groe­pies ge­speel en be­weeg, maar nooit saam ge­speel nie. Ek en sy ou­er sus­ter was maat­jies, en ie­mand het nou die dag ’n fo­to uit­ge­gra­we waar ek en Har­ry klein­tyd langs me­kaar staan by ie­mand se ver­jaar­dag­par­ty­tjie.”

Har­ry is die yin vir haar y­ang. “Hy is rus­tig en stil – heel­te­mal die teen­oor­ge­stel­de van my. Hy hou nie van groot groe­pe men­se nie, maar as ek eer­lik moet wees, ek eint­lik ook nie.” Hul­le kui­er op hul­le lekkerste tuis, en Haidee ver­tel trots dat Har­ry ’n uit­ste­ken­de kok is. “Hy is ’n hart­s­kok – hy maak kos so uit sy bin­ne­ste uit. Ons sit mu­siek aan, gooi ’n lek­ker gla­sie wyn en kook so saam-saam. Ons wê­reld draai maar om tyd saam met ons fa­mi­lie, kos en mu­siek. Om­dat hy mu­siek en flieks vir ’n groot aan­lyn­han­de­laar aan­koop, het ons ook ’n reu­se mu­siek- en rol- prent­ver­sa­me­ling.”

Mad­dy se koms was ’n droom wat waar ge­word het. “Ek het ge­weet ek sal een­dag ’n ma word, maar die pro­bleem was dat an­der my al af­ge­skryf het toe ek veer­tig word. Ek moes ge­du­rig op­mer­kings hoor soos ‘ag sjym, jy sou da­rem ’n won­der­li­ke mam­ma ge­wees het, maar toe­maar, ten min­ste ge­niet jy jou werk’.”

I­ro­nies ge­noeg het Haidee op veer­tig vir die eer­ste keer ge­reed ge­voel om ma te word. “Ek het my loop­baan al­tyd eer­ste ge­stel. Maar toe het ek ge­voel ek kan my loop­baan nou ’n bie­tjie op die ag­ter­grond skuif.” Ver­le­de jaar het die paar­tjie be­sluit die tyd is reg om te pro­beer s­wan­ger raak. “Ek is gi­ne­ko­loog toe, want ek wou al­les weet van moont­li­ke ri­si­ko’s op 44,” ver­tel Haidee. Die dok­ter was baie po­si­tief, maar ook re­a­lis­ties, en het ge­waar­sku dat dit nie oor­nag sal ge­beur nie. “Selfs hy was ver­baas toe ek ná net vier maan­de s­wan­ger was.” Sy ont­hou dat sy so ge­skok was dat sy som­mer drie swan­ger­skaps­toet­se ge­doen het “net om mooi se­ker te maak”.

HAIDEE MUL­LER, EN HAAR LE­WENS­MAAT, HAR­RY I­SAACS, EN HUL KLEI­NE MAD­DY. BO LINKS: OU­BOET CO­LE, HAR­RY SE SEUN, IS NET SO OP­GE­WON­DE OOR DIE NU­WE SUS­SIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.