‘Ek het my loop­baan al­tyd eer­ste ge­stel. Toe het ek ge­voel ek kan my loop­baan nou ’n bie­tjie op die ag­ter­grond skuif ’

Rooi Rose - - ROOI ROSE MENSE -

“Maar Har­ry was nie juis ver­baas nie – hy sê hy het nooit ge­twy­fel dat dit sou ge­beur nie. Ek was ver­heug, maar ook bang – ou­er­skap is im­mers le­wens­ver­an­de­rend.”

Sy was re­a­lis­ties oor haar swan­ger­skap. “Ek het ge­weet dit sou nie ’n walk in the park wees nie. Ek was im­mers baie ou­er as die mees­te mam­mas. En ek hét ge­suk­kel, maar dis maar met ge­wo­ne din­ge wat die mees­te s­wan­ger vroue waar­skyn­lik er­vaar. Ek dink nie dit het nood­wen­dig met my ou­der­dom te doen ge­had nie. Din­ge soos ge­swel­de voe­te – my skoe­ne het la­ter nie meer ge­pas nie. En ek het vir al­les ge­huil – trou­ens, ek huil stééds vir al­les!– en het soos ’n eend ge­wag­gel na­ma­te ek gro­ter ge­word het. Dit was reg­tig on­ge­mak­lik, ver­al die laas­te deel van my swan­ger­skap.”

Maar moe­nie dink sy kla nie – daar­voor is sy maar te dank­baar vir haar Mad­dy­ge­skenk. “Wan­neer ek haar in my voel skop het, was al die on­ge­mak die moei­te werd.”

Haidee sê sy sal nooit die ge­voel ver­geet toe sy Mad­dy se ge­sig­gie daar­die eer­ste keer ge­sien het nie. “Dit was on­be­skryf­lik. Har­ry was by my, want ek was ver­skrik­lik se­nu­wee­ag­tig en emo- si­o­neel. Ek wou nie huil nie, maar ek het. Ek kon dit nie glo nie – ons ou ba­ba­tjie!” Eint­lik, ver­tel sy, kan sy dit steeds nie glo nie.

Het ma-word haar le­we en mens­wees ver­an­der? “Ek was bang, want wat weet ek nou van kin­ders?” Op haar ti­pie­se Hai­dee­ma­nier ver­tel sy dat die eer­ste dag te­rug by die huis maar “dod­gy” was. “Ek was clu­e­less, en het glad nie ’n i­dee ge­had wat om te ver­wag nie. Ge­luk­kig het Har­ry se ma kom help, en ná ’n week was ek ou­kei om al­les al­leen te pro­beer aan­pak. Ek het nie meer so dom ge­voel soos daar­die eer­ste dag nie. Men­se sê mos ’n mens se moe­ders­in­stink skop van­self in, en ek was reg­tig ver­baas dat dit wel so is.”

Haidee sê Mad­dy het haar ge­dul­di­ger ge­maak. “En ek is baie meer e­mo­si­o­neel. Ek raak by­voor­beeld erg hart­seer as ek hoor van jong kin­ders wat sterf, en ek kan nie meer ge­weld­da­di­ge flieks kyk nie – en dit was op ’n tyd my kos. Har­ry het vir my ge­sê ek gaan ver­an­der, maar ek het ge­lag toe hy dit sê. En toe is dit so ... Ek huil dan glads as ek haar kin­der­lied­jies vir haar speel! Uit dank­baar­heid dat sy my­ne is. S­joe, ek kan reg­tig nog nie glo dat ek ’n mam­ma is nie. Ons is so ge­se­ënd.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.