MOE­NIE SO OP JOU OU­DER­DOM FO­KUS NIE!

Rooi Rose - - ROOI ROSE MENSE -

Haidee se eer­ste stuk­kie raad aan an­der ou­er vroue wat daar­van droom om ma te word, is dat daar hoop is. “Ek is ’n be­wys daar­van. Won­der­wer­ke kan nog ge­beur, maar wees ge­dul­dig met jou­self en met die he­le pro­ses en ver­al met jou le­wens­maat. Hy is net so ge­span­ne oor al­les soos jy – moe­nie hom te erg druk nie, en pro­beer net om te ont­span oor al­les. Ek weet dit klink mak­li­ker ge­sê as ge­daan, maar ek glo as ’n mens te veel daar­op fo­kus, gaan jou lig­gaam dit aan­voel. Toe ek be­gin ont­span, het din­ge be­gin ge­beur.”

Sy is ook be­slis daar­oor dat ’n mens jou nie moet steur aan an­der men­se se me­nings nie. “So­lank jy en jou dok­ter ge­luk­kig is oor jou ge­sond­heid, het jy niks om aan nie­mand an­ders te ver­dui­de­lik nie. Men­se kan soms nog­al wreed wees. Ek moes by­voor­beeld hoor dat wan­neer ek ’n se­ke­re ou­der­dom is, sal my kind maar eers só oud wees. Ig­no­reer dit – al­les is re­la­tief. Men­se het al­tyd hul me­nings, maar moet jou nie aan ne­ga­tie­we kom­men­taar steur nie. Baie men­se word dees­dae eers la­ter in hul le­we ou­ers, en daar is baie voor­de­le daar­aan ver­bon­de. Ek is baie rus­ti­ger, en het baie min­der is­su­es oor die le­we as in my jong­dae. Fo­kus op jou­self, jou ge­sond­heid en jou maat. Dis nie net jou reis nie, maar ook sy­ne. Maak hom deel van al­les, en praat as din­ge pla, maar doen dit rus­tig. Just go for it!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.