’N PAAR­TJIE SE ER­VA­RING

Rooi Rose - - TUSSEN ONS -

Ja­mes* en Zoey* is 15 jaar ge­le­de ge­troud en werk in die fi­nan­si­ë­le sek­tor. Hul­le het t­wee seuns.

“Ons het nooit ge­weet Ja­mes (37) is aan­dag­af­lei­baar nie,” ver­tel Zoey. “In ’n sta­di­um is bi­po­lê­re siek­te by hom ge­di­ag­no­seer, wat ons met­ter­tyd as ’n fou­tie­we di­ag­no­se be­skou het. Die me­di­ka­sie het hom ui­ters sleg be­ïn­vloed; hy wou net slaap en het van self­moord bly praat. Hy het die me­di­ka­sie ge­staak en maar voort­ge­suk­kel. Hy was on­der die in­druk hy is soms ‘lui’, en het nie be­sef daar is ’n me­die­se re­de vir sy kon­sen­tra­sie­pro­ble­me nie.”

Die paar­tjie se jong­ste is “vrees­lik be­sig”, en t­wee jaar ge­le­de is hul­le na ’n praat­jie van dr. S­hir­ley Jour­dan, ’n al­ge­me­ne prak­ti­syn wat op AA/HA fo­kus. “Toe sy die toe­stand ver­dui­de­lik, het ek be­sef dís my pro­bleem,” sê Ja­mes. “Die feit dat dit nooit be­han­del is nie het tot my de­pres­sie ge­lei. Skie­lik het ek ver­staan hoe­kom ek van kleins af vir my on­der­wy­ser-ou­ers ’n te­leur­stel­ling was. Ek het selfs ’n ruk lank dwelms mis­bruik, maar toe ’n af­keer daar­van ont­wik­kel. Die me­di­ci het ons laat ver­staan self-me­di­ka­sie is ’n al­ge­me­ne ver­skyn­sel on­der on­be­han­del­de AA/HA­ly­ers. Ge­luk­kig was dit net vir ’n kort ruk­kie en het ek nooit ver­slaaf ge­raak nie - al­mal is nie so ge­luk­kig nie. “Wat­ter ver­lig­ting om ná die di­ag­no­se te begyp hoe my brein werk! Ek is ’n per­fek­si­o­nis, en ver­foei my­self le­wens­lank om­dat dit voel ek doen nooit iets reg nie. Daar is so­veel din­ge waar­voor ek my­self moes ver­ge­we. Zoey is on­ge­loof­lik; sy staan my nog al­tyd by, al is dit hoe moei­lik. Sy is prak­ties en het ’n koel kop. Sy is ook die een wat die toe­stand na­vors.”

“Ek maak al ja­re lank vir Ja­mes se ge­drag ver­sko­ning,” sê Zoey. “Soms het dit ge­voel of ek wou weg­hard­loop. My fa­mi­lie be­skou gees­te­siek­tes as ’n swak­heid en ons kan nie met hul­le hier­oor praat nie.” Dit be­te­ken Zoey dra hier­die las al­leen, voeg Ja­mes by.

Help die me­di­ka­sie wat Ja­mes neem?

“Ja, maar ek voel steeds soms soos ’n vis in ’n vis­bak met ’n mil­joen din­ge wat ver­by­stroom en om my aan­dag mee­ding. Die me­di­ka­sie moet ge­steun word deur ’n ge­son­de leef­styl, en ek kry siel­kun­di­ge te­ra­pie by dr. Ka­ren van Nie­kerk. Die me­di­sy­ne het wel my e­mo­sies laat af­plat. In die ver­le­de het ek blits­vin­nig woe­dend ge­raak en vyf mi­nu­te la­ter daar­van ver­geet, ter­wyl Zoey dit nog pro­beer ver­werk het. Tog voel dit as­of die me­di­ka­sie my per­soon­lik­heid on­der­druk. Ek mis die highs van vroe­ër, maar die lows wil ek nie te­rug­hê nie.”

“Hoe­wel Ja­mes sê hy het nou min­der dryf­krag, kry hy meer ge­doen,” sê Zoey. “Vroe­ër het hy af en toe ’n 150% dag ge­had; nou het hy meer dik­wels 80% dae. Hy ver­ras my deur ta­ke te vol­tooi wat ek ver­wag het hy sou uit­stel, en fi­nan­si­eel is hy ver­ant­woor­de­li­ker.

“Hy het die af­ge­lo­pe jaar ’n nu­we stok­perd­jie, iets waar­op hy vroe­ër nie lank ge­noeg sou kon fo­kus nie. Dit voeg waar­de tot sy le­we toe.

“Hy is min­der kwaai en meer ver­draag­saam teen­oor die kin­ders. Ons kon ook ui­t­ein­de­lik ’n kerk vind waar ons al­bei in­pas. Ja­mes kan nou op die pre­ke kon­sen­treer, en sy ge­loof het ge­groei.

“Toe ons jon­ger was, het ek hard pro­beer om Ja­mes be­ter te laat voel – dik­wels met be­derf­kos. Ek moes leer sy ge­luk is nie my ver­ant­woor­de­lik­heid nie.”

“Ek moet my­self be­stuur,” stem Ja­mes saam. “En ek ‘hoor’ da­rem ’n bie­tjie be­ter wan­neer ek en Zoey kom­mu­ni­keer!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.