STERKRANS MET SALM EN KAP­PER­TJIE­SA­DE

GE­NOEG VIR 4-6

Rooi Rose - - KOM EET SAAM -

Ge­bruik die an­der helf­te van die brood­deeg om die sterkrans te maak.

VULSEL

100 g (1 k) par­me­saan­kaas, fyn ge­ras­per 1 x 300 g-bak­kie moz­za­rel­la­bal­le­tjies, on­ge­veer 6 bal­le­tjies 3 mid­del­slag­aar­tap­pels, in sky­we ge­sny 125 ml (½ k) kap­per­tjie­sa­de 1 rooi-ui, ge­skil en in dun sky­we ge­sny 1 sprietui, ge­kap 1 ei­er, ge­klits

OPDIENING

100 g (1 pak­kie) gerookte forel 2-3 spriet­uie, ge­kap 4-5 klein ra­dy­se, ge­sny hand vol kap­per­tjie­sa­de

1 Kook die aar­tap­pels tot sag in wa­ter wat met sout ge­geur is. Drei­neer en hou een­kant. 2 Knie die deeg af so­dra dit tot dub­bel die groot­te ge­rys het. Rol dit so­wat 5 mm dik uit op ’n skoon werks­vlak. Sny ’n sir­kel van 40 cm uit die deeg.

3 Ver­hit die oond tot 200 ˚C. Ge­bruik ’n pie­ring en sny ’n sir­kel in die mid­del van die deeg. Sny ’n kruis deur die mid­del van die mid­del­ste (klei­ner) sir­kel.

4 Maak nog 8 snye van 5 cm aan die bui­te­kant van die groot sir­kel. S­pa­si­eer die snye e­we­re­dig om die sir­kel, want dit gaan die pun­te van die ster word.

5 S­prin­kel die par­me­saan oor die piz­za. Skeur die moz­za­rel­la­bal­le­tjies in klei­ner stuk­kies en pak e­we­re­dig oor die piz­za uit, saam met die ge­sny­de aar­tap­pel, kap­per­tjies, rooi-uie en spriet­uie.

6 Vou die vier drie­hoe­ke in die bin­ne­ste sir­kel na bui­te bo-oor die vulsel om ’n gat in die mid­del van die sterkrans te vorm.

7 Vou nou die boon­ste hoe­kie aan weers­kan­te van die 8 snye (in die bui­ten­ste sir­kel) na bin­ne so­dat die t­wee sye me­kaar raak en dit ’n ster­punt vorm. Jy moet ui­t­ein­de­lik 8 ster­pun­te hê. Verf die piz­za met die ei­er­was en bak vir 20-25 min. of tot goud­bruin.

8 Haal uit en laat af­koel. Pak die fo­rel­lin­te, ge­kap­te spriet­uie, ra­dy­se en kap­per­tjies bo-op. Maak toe met foe­lie en pak in vir die piek­niek. Sit met skep­pies crème fraî­che voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.