KERS­FEES-HAM­PAS­TEI

GE­NOEG VIR 8

Rooi Rose - - KOM EET SAAM -

Hier­die pas­tei prop­vol lek­ker­te sal som­mer ’n he­le klomp ma­gies vol maak!

DEEG

500 g (4¾ k) koek­meel 120 g (½ k) bot­ter 100 g room­kaas 45 ml (3 e) wa­ter

VULSEL

600 g gerookte vark­sken­kel (eis­bein) 8 ei­ers 20 g

(25 ml) bot­ter 3 preie, ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­skil en ge­kap hand vol tiemie, blaar­tjies van die tak­kies ge­stroop 200 g man­ge tout, ru­weg ge­kap 150 g (1 k) ert­jies hand vol gras­uie, ge­kap 150 ml suur­room 15 ml (1 e) Di­jon-mos­terd ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen

15 ml (1 e) room

EI­ER­WAS

1 ei­er lig­gies ge­klop met ’n kny­pie sout

1 Sit die eis­bein in ’n groot ka­strol. Be­dek met wa­ter en laat prut vir 2 uur tot die vleis van die been af­val. Gooi nog wa­ter by in­dien dit te droog kook. Lig met ’n gaat­jies­le­pel uit die ka­strol en trek die vleis van die been af. Hou een­kant.

2 Maak in­tus­sen die deeg: Gooi die meel en bot­ter saam in die bak van ’n voed­sel­ver­wer­ker en ver­werk tot dit net be­gin by­me­kaar­kom. Voeg die room­kaas en wa­ter by en ver­werk tot al­les goed by­me­kaar­kom en ’n werk­ba­re deeg vorm. Vorm die deeg in ’n sir­kel en draai in kleef­plas­tiek toe. Laat rus vir ’n uur in die ys­kas.

3 Kook ses ei­ers vir 6 min. in bor­re­len­de sout­wa­ter en sit dan da­de­lik in ys­wa­ter. Dop af en hou een­kant. (Die t­wee on­ge­kook­te ei­ers word la­ter ge­bruik.)

4 Ver­hit die bot­ter en ’n bie­tjie o­lie in ’n mid­del­slag­pan. Braai die preie, knoffel en tiemie vir so­wat 2-3 min. daar­in. Geur na smaak met sout en pe­per. Maak dit toe met ’n vel bak­pa­pier en ’n dek­sel so­dat die preie sag kan kook maar nie ver­bruin nie. Kook vir 20 min.

5 Voeg by die man­ge tout by en kook vir nog 5 min. Voeg by die ert­jies, gras­uie en ham by en roer goed deur. Trek van die hit­te af en laat af­koel.

6 Voor­ver­hit die oond tot 200 °C. Spuit ’n 20 cm-los­boom­koek­pan goed met kleef­we­ren­de kos­sproei.

7 Meng die suur­room, mos­terd, suur­le­moen­skil, room en die

t­wee on­ge­kook­te ei­ers saam in ’n maat­be­ker, geur met sout en pe­per.

8 Ver­deel die deeg in t­wee de­le. Rol so­wat 5 mm dik uit op ’n skoon werks­vlak wat lig­gies met meel be­stuif is. Voer die koek­pan daar­mee uit.

9 Skep die helf­te van die ham-en-ert­jie-meng­sel in die pan. Pak die 6 ge­kook­te ei­ers in ’n kring in die vulsel en druk dit ef­fens in. Gooi die helf­te van die room­meng­sel oor, ge­volg deur die oor­bly­wen­de ham­vul­sel. Gooi die res van die room­meng­sel oor die vleis.

10 Rol die res van die deeg uit tot 5 mm dik en sny ’n 25 cm­sir­kel daar­uit.

11 Be­dek die ham­vul­sel met die 25 cm-deeg­sir­kel. Knyp die t­wee lae deeg met jou vin­ger­pun­te aan me­kaar vas. Sny met ’n skerp mes­sie lig­te ke­pies in die deeg. Verf die deeg met die ei­er­was en bak vir 40-45 min. of tot goud­bruin.

12 Laat ef­fens af­koel en keer uit die pan. Laat heel­te­mal af­koel voor jy dit vir die piek­niek in­pak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.