EGGNOG-KER­S­KOEK

GE­NOEG VIR 4-6

Rooi Rose - - KOM EET SAAM -

KOEK

30 ml (2 e) bot­ter, ge­smelt 120 g (⅓ k) strooi­sui­ker

190 g (1½ k) koek­meel 7,5 ml (1½ t) bak­poei­er 2,5 ml (½ t) sout 2,5 ml (½ t) fyn ka­neel 100 g (½ k) bot­ter, by ka­mer­tem­pe­ra­tuur 125 g (½ k) wit­sui­ker 110 g (½ k) bruin­sui­ker 3 ei­ers 5 ml (1 t) va­niel­je­geur­sel 125 ml (½ k) kon­dens­melk 125 ml (½ k) room 30 ml (2 e) rum-geur­sel 30 ml (2 e) ver­sier­sui­ker 4-6 roos­ma­ryn­tak­kies

RUMSTROOP

125 ml (½ k) wa­ter 125 g (½ k) wit­sui­ker 30 ml (2 e) rum

KOEK

1 Voor­ver­hit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n 16,5 cm-bundt­koek­pan met ’n in­houds­maat van 1,25 li­ter met bot­ter en s­prin­kel lig­gies met strooi­sui­ker.

2 Meng die koek­meel, bak­poei­er, sout en ka­neel in ’n mid­del­slag-meng­bak. Hou een­kant.

3 K­lits die bot­ter en wit- en bruin­sui­ker met ’n e­lek­trie­se klit­ser tot ro­me­rig.

4 Ver­laag die spoed en voeg die ei­ers een vir een by. K­lits goed na el­ke by­voe­ging. Voeg die va­niel­je­geur­sel by en meng goed deur.

5 Meng die kon­dens­melk, room en rum­geur­sel in ’n meng­bak en hou een­kant.

6 Voeg die meel en kon­dens­melk­meng­sel om die beurt by die bot­ter­meng­sel, meng deur.

7 Gooi die meng­sel in die pan­ne­tjie en bak vir so­wat 45-50 min. of tot die toets­pen skoon uit­kom.

8 Laat staan die koek vir 10 min. op ’n af­koel­rak voor jy dit uit­keer.

RUMSTROOP

1 Gooi al die be­stand­de­le in ’n ka­strol en laat prut vir 5-10 min. oor ’n lae hit­te, of tot die sui­ker op­ge­los is.

2 Gooi die warm stroop oor die af­ge­koel­de koek.

3 Strooi ver­sier­sui­ker oor so­dat dit soos sneeu lyk en druk roos­ma­ryn­tak­kies on­der­ste­bo in op die koek om soos Kers­boom­pies te lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.